Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 6
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 31

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249.

Die Goddelike en die menslike wese van die Heer 

31 Philipold sê: “Die voorbeeld met die lig het my in hierdie saak baie duidelikheid verskaf; maar op die agtergrond bly heelwat nogtans verhul, en tot die verhulde behoort veral U huidige volmaakte Goddelike teenwoordigheid, waaroor ek nou duidelik niks anders kan sê nie as: As U vóór U menswording êrens baie ver weg in die hoogste hemel, buite tyd en ruimte, met U rein engele as JaHWeH gewoon het, dan moet in `n sekere sin U menslike-persoonlike aanwesigheid nou afwesig wees in die hemel, omdat U nou heeltemal in tyd en ruimte by ons woon! Hoe kan U nou binne tyd en ruimte, maar as God ook terselfdertyd buite tyd en ruimte bestaan? Heer, dit skep vir my verstand nog `n enorme kloof wat ek self nie kan oorbrug nie; daarom vra ek U om ook daaroor U lig te laat skyn!”

[2] EK sê: “Omdat jy `n egte wysgeer is, wat dink volgens Plato, Sokrates en Aristoteles, moet Ek ook gedeeltelik op hulle manier met jou praat, sodat jy My makliker kan verstaan.

[3] Sien, tussen ‘van ewigheid’, ‘vroeër’ en ‘nou’ is eintlik in My bestaan, net soos in My ‘wees’, en in My ‘aanwesig wees’, heeltemal geen verskil wat My suiwer Goddelike Ek betref nie! En as dit nie so sou gewees het nie, waarlik, dan sou Ek in hierdie menseliggaam geen mag en heerskappy oor die hele materiële skepping van die natuur gehad het nie; want alle skepsele met hul tyd en ruimte bestaan in verhouding subjektief tot My, hul Doel; omdat alles uit My is en nie Ek uit alles nie.

[4] Daarom is Ek altyd die enigste voorafgaande en voorliggende Wese, dus die ewige Doel, en kan Ek My ten opsigte van die skepsele nooit as te nimmer as `n onderwerp in verhouding stel nie.

[5] Omdat alles egter nou eenmaal uit My is en Ek deur My wil in alles die kern is as die alles behoudende, leidende, besturende, geordende en léwegewende beginsel, is Ek volgens die mag van My wil en My Wysheid ook `n onderwerp en sodoende is Ek die Alfa en die Omega of die Begin en die Einde, asook die Eerste en die Laaste in alle skepsele en ten gevolge van hierdie eienskap van My, dat Ek sowel objektief en in alles ook subjektief is, kan Ek hier nou by julle baie goed as mens volgens die mag van My wil en Wysheid bestaan, en nogtans daarbenewens die ewige, alleen lewende en skeppende Doel ten opsigte van alle skepsele wees.

[6] As huidige Onderwerp, in die gestalte van liggaamlike mens, is Ek egter self geringer as en ondergeskik aan die eie ewige Doel in My, hoewel Ek juis deur My strenge onderworpenheid eintlik volledig één is met die ewige Doel; want sonder sulke strenge subjektiwiteit van My huidige uiterlike persoonlikheid, sou so `n innige vereniging nooit moontlik gewees het nie.

[7] En dit doen My onmeetlike Liefde tot die Doel en Sy net so onmeetlike liefde tot My, en so is Ek met die Vader een Liefde, een Wysheid, een Wil, een Lewe en een Mag, waarbuite daar in die hele ewige oneindigheid geen ander bestaan is en kan wees nie.

[8] Daarom is Ek hier net so in tyd en ruimte aanwesig soos ook buite tyd en ruimte.

[9] Dat Ek nou by julle in tyd en ruimte bestaan, dit sien julle; dat Ek egter terselfdertyd volgens My innerlike Wese ook buite tyd en ruimte bestaan, dit leer julle uit My werke, wat Ek nie sou kon doen as Ek My nou ook met My Goddelike Wese in tyd en ruimte sou bevind nie. Want die tydelike en die ruimtelike is en bly ewig en altyd begrens, is derhalwe nie volkome en volmaak nie; net die buitetydse en buiteruimtelike is in alles onbegrens en dus volkome en volmaak. Om te laat sien dat dit egter so is en onmoontlik nie anders kan wees nie, sal Ek dit alles nog nader vir jou verklaar deur `n aantal voorbeelde; let dus goed op!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205