Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 6
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 194

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249.

Die Heer karakteriseer die dertig Romeine

194 (Die Heer) 'Ons Romeine is egter ook al weer op die been en sal dadelik hier by ons wees; bemoei julle egter nie te veel met hulle nie! Ek sal wel die nodige met hulle afhandel. Vir heidene is hulle eintlik goeie mense; maar tog is hulle slegs heidene en hulle slaap nog diep. Julle kan julle dadelik self daarvan oortuig hoe min hulle vandag as nugter mense rekening sal hou met wat hulle gister alles gehoor en gesien het. Hulle herinner hulle goed van alles, maar dit kom vir hulle voor asof hulle dit maar net baie lewendig gedroom het. Daarom sê Ek vir julle, dat julle hulle nie moet aanspreek om hulle daaraan te herinner nie.

[2] Die jong meisie het vanmôre vroeg al weggegaan, nadat sy eers die herbergier, wat al op was, van liefde `n brandende groet vir My gegee het, met daarby die uitdruklike versekering dat sy in die vervolg nooit meer sal sondig nie. En Ek sê vir julle dat sy haar gegewe woord ook sal hou. Dus hou julle by wat Ek julle nou met betrekking tot die Romeine vir die oomblik gesê het, en doen dit so goed as wat julle kan, want julle sal julleself weldra daarvan oortuig dat slegs Ek altyd en ewiglik gelyk het!'

[3] Die leerlinge verwonder hulle daaroor dat hierdie dertig Romeine, wat gisteraand so buitengewoon vir My in vuur en vlam gestaan het, dit vandag almal slegs as `n lewendige droom sou beskou.

[4] Ek sê: 'Verbaas julle nie te veel daaroor nie, want hierdie mense het gister benede in die stad al ietwat teveel van die goeie geniet en daarna hier ook nog wel sewe maal meer as ons almal. Daarom het hulle ook meer gedroom as wat hulle wakker was, want iemand wat dronk is, droom met oop oë. Daarom kom alles wat hulle gisternag beleef het, vir hulle soveel te meer as `n helder droom voor. Maar die mooiste van die saak is dat hulle elkeen nou hulle droom vertel, en elkeen presies dieselfde droom vertel. Dit verstaan hulle nie en hulle gee die wyn die skuld, wat miskien deur `n towenaar getoor was. Die jong vrou mis hulle nog nie eers nie.

[5] Daarom het Ek ook juis tydens hulle roes so `n buitengewone teken vir hulle gedoen. Want as hulle volledig nugter sou gewees het, sou hulle My beslis as een van hulle gode aangesien het en as sodanig aangeroep het; maar so is dit goed, en dit is vir die vryheid van `n menslike hart altyd beter dat hulle `n onthullende teken in die droom gekry het, as in `n volledig nugtere, wakende toestand. En dit was dan ook gister by hierdie Romeine die geval. Julle sal dadelik sien wat daar uit hierdie saak sal voortkom.'

[6] Nadat Ek dit met die leerlinge gespreek het, kom Lasarus en die herbergier buite na ons toe, en die herbergier bring My eers die liewe groete van die jong meisie oor.

[7] En Lasarus sê vir My: 'Maar Heer, daar is egter tog iets vreemds met die Romeine, en by name met Agricola, wat gisternag so spraaksaam was! Vandag is die spraaksaamste so stil soos `n muis en almal beskou die buitengewone teken wat gister deur U gedoen is, as `n droom; en die mooiste is dat hulle natuurlik almal presies dieselfde droom tot in detail aan mekaar vertel! `n Deel soek die oorsaak by die werking van die wyn, wat beslis getoor moes gewees het; Agricola sê egter dat die droom ontstaan het deurdat hulle fantasie hulleself teveel besig gehou het met die beroemde Judeër, en hulle daardeur onder mekaar tegelyk, sonder dat hulle daarvan bewus was, die beeld geskape het wat hulle almal gedurende hierdie nag besig gehou het. Maar die allermooiste is, dat hulle eintlik gladnie weet hoe hulle in hierdie bergherberg gekom het nie! Ek het vir Agricola gesê dat hy al baie laat in die aand deur `n jong meisie na bo gebring was; maar nou kon hy dit ook nie meer onthou nie! Ja, laat iemand maar probeer om hierdie mense te verstaan, - ek weet daar geen weg meer nie!'

[8] Ek sê: 'Bekommer jou maar nie daaroor nie! So is dit goed in orde; want as hierdie mense gister heeltemal nugter was, sou Ek My nie so aan hulle kon openbaar nie. Maar omdat hulle in hulle dronkenskap meer gedroom het as wanneer hulle wakker was, het dit tog baie goed geslaag. Pasop daarvoor dat julle My nie verraai nie! As hulle weer vir een van julle na die beroemde Judeër sal vra, sê dan vir hulle dat hy vanoggend in die tempel sal praat! Dan sal hulle gou na die tempel gaan om My te wil sien en hoor. Daarna sal hulle eers ryper wees om iets meer oor hulle sogenaamde droomgesig te ervaar.

[9] Lasarus sê: 'Pragtig! Maar Heer, die oggendete is nou ookal klaar! Wil U dit nie eers met U leerlinge gebruik en dan daarna na die tempel gaan nie?'

[10] Ek sê: 'O, sekerlik; maar sit dit in `n ander vertrek, sodat ons nie in die sig van die Romeine sal sit nie! Daar sal gou `n aantal na buite kom en oor alles vra. My leerlinge het al bevele wat hulle moet doen; Ek sal geen moeite met hulle hê nie. Sit jy intussen ons oggendete in `n ander vertrek, dan sal ons dadelik kom om te eet, waarna ons na die tempel sal afgaan!'


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205