Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 6
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 164

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249.

Lasarus se houding ten voorskrifte van die tempel. Ergernis en die skadelike gevolge daarvan

164 Ek gaan met Lasarus en beide sy susters na buite. Toe ons op die groot binneplein kom, merk die groot honde dat onbekendes die plek Bethanië nader, en hulle hardloop hardop blaffende na die poort van die groot binneplein, en Lasarus vra My wat dit kan beteken.

[2] Ek sê vir hom: 'Enkele Judeërs en `n paar ou Fariseërs, wat vandag niks te doen het nie, wil jou besoek en jou tewens teen My waarsku; maar hulle doen dit maar net om van jou te wete te kom of ek My dalk by jou bevind, of waarheen Ek uiteindelik van jou af gegaan het. En kyk, die honde merk presies dit wat geen vriende van jou en My is nie, en hardloop daarom na die poorte om te sorg dat die Judeërs en Fariseërs gou terug gaan! Want sodra iemand wat kom, ook maar van ver af hierdie diere in sig sal kry, sal hulle oombliklik omkeer en so vinnig as wat hulle voete hulle kan dra, daarvandaan weggaan. Daarna sal die honde ook weer heel rustig terugkom.

[3] Ons gaan toe in dieselfde rigting as die honde. Nog maar nouliks het ons die poort bereik, of ons sien ook al `n swart groep mense. Die honde verlaat die poort onder geweldige geblaf en hardloop die komendes in woeste vaart tegemoet. Maar toe hulle die honde onder oë kry, keer hulle pylsnel om en gaan soos skreeuendes daarvandaan weg.

[4] Toe hulle sien dat hulle nie meer deur die honde agtervolg word nie, begin hulle stadiger te loop en was baie kwaad vir Lasarus, wat hom nou al deur verskeurende diere laat bewaak om homself en sy huis te beskerm teen die besoek van die manne van die tempel; maar hy moes die geduld van die tempel nie op die spits dryf nie, anders sou dit met hom nog baie sleg kan gaan. Waar sou hy nou tog dié diere vandaan gekry het? En so mopper hulle totdat hulle in Jerusalem kom; maar tuis sê hulle niks nie, omdat hulle skaam was dat hulle vir honde op die vlug moes slaan.

[5] Toe Ek dit aan Lasarus meedeel, vra hy My wat hy in die uiterste geval van die tempeldienaars te vrees het.

[6] Ek sê vir hom: 'Heeltemal niks nie; want as hulle jou iets sou wil aandoen, staan jy immers onder die Romeinse reg, en daarmee het jy genoeg wêreldregtelike beskerming, omdat hierdie einste plek al vir meer as vyftig jaar geheel en al onder die uitsluitlike gesag van die Romeine staan. Ja, as dit nie so was nie, sou die tempeldienaars jou wel baie anders aangepak het; maar so het hulle geen reg nie. Hulle probeer slegs vir jou, as Judeër, op hierdie manier vir hulle voordeel uit te buit, en uiter maar net los dreigemente teenoor jou; maar in werklikheid kan hulle niks aan jou doen nie. Jou verpligtinge kom jy altyd gewetensvol na en dus kan hulle regtig niks teen jou inbring nie. Dit is dan ook die vernaamste rede waarom hulle so kwaad is vir jou.

[7] Hulle weet maar al te goed dat jy die rykste man in die hele Judea is, omdat jou besittings as sodanig reeds `n klein land vorm, en wat heeltemal onder die Romeinse jurisdiksie staan. Hulle het dus geen reg om jou belasting op te lê nie en dit is vir hulle `n gruwel. Hulle sou dit graag so wou bewerk dat jy jou losmaak van die Romeine en jouself dan tot suiwer onderdaan van die tempel verklaar. Omdat jy dit egter, ondanks al hulle opdringerigheid, nie wil doen nie, val hulle jou orals op jy eiendom lastig, rui jou bediendes op, en steek nou weer dit, dan weer dat aan. Maar van nou af aan is jy beveilig; en dus mag hulle heimlik hoe kwaad wees vir jou, hulle kan tog niks aan jou doen nie, - en daarom kan jy van nou af volkome gerus wees!'

[8] Lasarus sê: 'Heer, ek dank U vir u goeie uitleg! Ek voel my nou baie gerusgestel, en helaas, ek haal nou weer vryer asem; maar ek vind dit tog nog baie onaangenaam dat ek nou teen myself moet sê: 'Jy het as mens altyd volgens jou beste kennis en gewete baie bereidwillig al die moontlike gedoen wat mens ook maar met die skyn van wettigheid van jou verlang het, en bowendien het jy nog openlik en verborge uit goedhartigheid baie goed gedoen, wat mens nooit van jou kon verlang het nie, - en daarvoor word jy nou nog deur die ellendige tempeldienaars gehaat!' Ag, Heer, dit word vir my egter te veel!

[9] Die ellendige skepsels wil alles maar net self besit en hou absoluut geen rekening daarmee nie dat ek, om die tempel sy verpligte koste vir die onderhoud van die armes te bespaar, jaarliks minstens duisend armes heeltemal onderhou en bowendien nog elke jaar `n baie behoorlike bedrag in hulle geldsakke stop. Ek het die tempel ook al baie groot gifte gegee, - en dit alles tel nie meer by die ellendelinge nie! In plaas daarvan probeer hulle nou bowendien nog om my heeltemal ten gronde te rig, - wat hulle selfs op `n Sabbat oombliklik sou doen as dit vir hulle moontlik was! Ja, Heer, ek weet maar al te goed dat hulle my niks kan doen nie, maar dit vererg my tog ontsettend dat hierdie ellendelinge my nou nog haat, terwyl ek tog soveel dienste aan hulle bewys het!'

[10] Ek sê: 'Maar kyk dan eers na My! Het Ek nie hierdie aarde en son, maan en alle sterre geskape nie? Versorg Ek nie voortdurend die aarde, sodat sy allerlei soorte voedsel vir alle skepsele voortbring nie? Sorg Ek nie vir die lewe van elke mens nie? Ek het hierdie aarde voorbestem vir die kweek van My kinders, Ek het nou Self volgens alle bekende voorspellinge na hierdie aarde gekom om My deur woord en daad as Heer van hemel en aarde in die gedaante van `n mens te toon, om hulle daardeur Self sodanig onderrig te gee dat hulle waaragtig My ewebeeld sal word. En wat doen hierdie tempelhelde? Hulle haat My, vervolg My en ook elkeen wat in My glo, omdat Ek aan hulle wys dat hulle dade sleg is. Hulle probeer voortdurend om My dood te maak en weldra sal die tyd kom dat Ek Self sal toelaat dat hulle ook die gruweldaad aan My sal verrig. En kyk, Ek voel geen ergernis oor hulle in My nie! Aan die ander kant sal Ek egter ook ewiglik Heer bly, en hulle sal sekerlik vergeld word vir wat hulle hier doen!

[11] Omdat Ek as die Oereerste en as die enigste, grootste weldoener van die mense, My egter nie daaroor vererg nie, moet jy jou ook nie vir hulle vererg nie, want vergeleke met My, het hulle jou iets baie gering aangedoen! Kyk eers na die klip, hier op die weg voor ons! Wie sorg daarvoor dat dit bly wat dit is, - behalwe Ek? As Ek op die oomblik My wil, wat dit in stand hou, terugtrek, bestaan dit nie meer as materie nie, maar gaan dit oor in sy geestelik-spesifieke toestand, dus terug in die sfeer van My oerideës, en dieselfde sou Ek ook oombliklik met die hele aarde kon doen as die dade van haar bewoners My sou vererg. Omdat dit My egter nie vererg en nooit kan vererg nie, bly alles bestaan en laat Ek My son toe om selfs te skyn oor die goeie en die bose, regverdiges en onregverdiges. Eers aan die ander kant sal die groot verskille aan die lig kom, en elkeen sal sy regter in hom dra.

[12] As jy egter aan die ander kant volledig by My wil wees, dan moet jy ook daarin aan My gelyk word dat jy jou oor niemand vererg nie. Wie My navolg, moet My in alles navolg, omdat hy andersins nie volledig My leerling is nie.

[13] Daar kom nog iets by, naamlik, dat ergernis glad nie bevorderlik is vir jou noodsaaklike, liggaamlike gesondheid nie; want daardeur ontstaan daar te veel gal, en dit verpes die bloed en bring die menslike lewe elke oomblik in gevaar. Verhoed dus ook in hierdie opsig ook die te groot ergernis, anders kan jy baie gou jou liggaamlike lewe kwytraak! Bedink dit alles goed, dan sal jy ook nie bang hoef te wees vir liggaamlike kwale nie!'


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205