Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 6
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 16

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249.

Die bekeerde priesters breek met die tempel

16 Toe die maaltyd verby was, het almal weer gedank en daarna het die Judeërs hulle op weg na Jerusalem begeef. Die tempeldienaars en die hoëpriester het aanvanklik sekerlik groot oë gemaak toe die twintig reeds baie bejaarde priesters beweer het dat hulle nou `n ver reis wil onderneem; maar omdat hulle baie goud en silwer by hulle agtergelaat het daarvoor, het hulle uiteindelik tog ingewillig en hulle baie voorspoed vir die reis toegewens. Die twintig het gou afskeid geneem en verspreid in die groot stad beweeg, sodat mens nie so maklik op hulle sou kon spioeneer om te ontdek watter weg hulle eintlik ingeslaan het nie. Maar hulle het buite die stad `n Griek geken wat altyd `n groot voorraad Griekse klere gehad het en daarmee handel gedryf het. Hulle het daarheen gegaan , Griekse klere by hom gekoop en hulle eie klere daar agtergelaat, wat die Griek baie verbaas het. Uit nuuskierigheid het hy toe heel omsigtig begin vra wat hierdie verkleding tog wel kan beteken.

[2] Hulle (DIE PRIESTERS) sê egter: “Vriend, in hierdie klere kan ons beter handel dryf en omdat die vroeë inkomste van die tempel van jaar tot jaar uitgebly het, moet dit nou opgemaak word deur slim sake te doen met die heidense volke in die buiteland.” 

[3] Met hierdie uitleg was ons Griek heel tevrede, hy het sy geld gekry en daarby nog die goeie, duur priesterkleding; hy was daarmee volkome tevrede en het verder geen woord meer gesê nie. Net het die twintig dit ten strengste aan hom opgedra om teen niemand ooit iets daaroor te sê nie, omdat hy andersins daardeur in groot probleme sou kon beland. En die Griek het dan ook soos `n muur geswyg.

[4] Die twintig het via `n groot, beduidende omweg as Grieke weer na ons toe teruggekom en het om ongeveer twee uur na die middag by ons aangekom. Toe hulle aangekom het, terwyl ons nog aan tafel gesit en nog maar net skaars met die middagete klaar was, het Lasarus, die herbergier en ook My studente hulle daaroor verwonder dat hulle hul sake so gou gereël het.

[5] Toe sê EEN van hulle: “Ja, geliefde vriende, vir geld gaan alles by ons baie vinnig, maar sonder geld of met te min geld moet mens wag en skuif mens alles op die lange baan en verder gebeur daar dan ook bloedweinig! Maar ons het heelwat goud en silwer agtergelaat en ons transaksie is daarom ook maklik en gou afgehandel. Die tempel het nou lank nie soveel inkomste meer as vroeër toe die Samaritane, die Sadduseërs en nou ook al `n groot deel van die Essene, op wie mens in die begin heeltemal geen ag gegee het nie, hulle nog nie van ons afgeskei het nie en daarom is die leiding van die tempel nou alreeds baie bly as daar van tyd tot tyd van hulle kosgangers weggaan.

[6] Ons het daarom dus baie maklik deurgekom, maar ons het dan ook vas en seker daaraan gedink dat die Heer, wat ons gister van ons bande bevry het, ons volgens Sy heilige wil wel behulpsaam sou wees om ons voorneme met so min moontlik probleme te kan uitvoer. En sien, dit het presies so gegaan soos wat ons gedink het en daarvoor dank ons U, o Heer, ook heel inniglik! Maar waar bly ons burgers tog? Hulle was tog twaalf of dertien in getal! Kan hulle hulleself dan nie minstens so maklik vrymaak van hulle gesinne soos ons van die tempeldienaars nie?” 

[7] EK sê: “Nie so maklik nie, want hulle is vaders van gesinne! Maar hulle sal nie lank op hulle laat wag nie, want hulle is egte, Jerusalemse manne van eer, soos wat daar maar weinig van is. Maar kom sit nou by ons en eet en drink as Grieke en wees opgeruimd en welgemoed!”

[8] Die twintig pseudo-Grieke het gedank, by ons aan tafel kom sit en het begin om opgewek te eet en te drink en hulle het aan ons baie vrolike dinge vertel oor die teenswoordige toestand van die tempel, oor die nuwe, nagemaakte verbondsark, omdat die ou verbondsark sedert die gruwelike dood van die destydse hoë- en opperpriester Sagaría sy besondere wonderbaarlike krag merkwaardigerwyse heeltemal verloor het. Die nuwe een was derhalwe nou alreeds byna dertig jaar oud en gedurende hierdie tydperk was daar met hom geen enkele wonderwerk meer verrig nie en het die dom volk die nuwe aanbid asof dit die ou een was.

[9] Ook is daar uitgebreid gepraat oor die kennelike opheffing van die Mosaïese wette en die vervanging daarvan deur nuwe, uiters onaangename wette, strawwe boetes en dat in plek van die vroeëre, egte wonderwerke van God nou die Indiese, Persiese en Egiptiese uitgebrei het, maar met weinig geluk, omdat vermomde Essene hulle dit orals per geleentheid op so `n heel natuurlike manier aan die volk verklaar het, dat dit selfs vir die domste mense uiteindelik voor die hand liggend was dat die hele wonderwerk niks anders was as `n bedrogspul wat lomp en onhandig uitgevoer is nie. Die gevolg daarvan was dat die aansien van die tempel van dag tot dag minder geword het, wat hulle self maar al te goed opgemerk het. Want wat gebeur daar nou? As daar vandag deur `n opperpriester `n sogenaamde blinde, wat goed daarvoor betaal word om mee te doen, maar verder net so goed kan sien soos een van ons, ten aanskoue van die volk siende gemaak word, - dan het die seuns in die strate en stege binne `n paar dae tientalle sulke wonderwerke gedoen.

[10] Daarom het hulle in die Hoë Raad van die tempel `n versoek ingedien om, vanweë die voortdurende ontheiliging, vir `n langer tydperk paal en perk te stel aan sulke verrigtinge; want daarvoor sou tog immers wel `n verstandige en geloofwaardige rede gevind kon word. Maar dit het alles op dowe ore geval. Wonderwerke moes daar gedoen word, in elk geval vir die gewone volk, - maar dan is daarby ook alreeds dikwels in die tempel daaroor gelag! Watter nut het `n priesterlike voorkoms, `n ernstig gesig en die nagemaakte Aäronstaf vir nulle, as die wonderwerk in sigself so dom was dat selfs die mees gewone straatseun begin het om daaroor te lag?!

[l1] En in hierdie trant het ons Grieke nog heelwat vertel, waaroor Lasarus, sy twee susters en so nou en dan selfs ons herbergier, wat alreeds lankal niks meer van die tempel gedink het nie, hulle begin verwonder en LASARUS, wat in menige opsig nog wel baie van die tempel gedink het, sê: “Nee, dit sou ek nie van die tempel geglo het nie! Want ek moet eerlik erken dat ek as egte Judeër die tempel nog steeds besoek het en dikwels wanneer die tempeldienaars op besoek na my toe gekom het, kon ek nie fout vind met hulle goeie toesprake en leringe nie en ek moes dikwels teenoor myself erken dat dit baie wenslik sou wees indien die mense volgens hierdie voorskrifte sou leef. 

[12] Maar nou sien dit heel anders daar uit! Watter nut het woord en leer as hulle pure huigelaars is, en die skynbaar vrome leraar in werklikheid `n veragtelike skurk is?! Sulke leraars kom my juis so voor soos volgens die goeie ou fabel van die wolf in skaapsklere, wat, omdat hulle die vlugtige skape as openlike wolwe net met moeite kon vang, hulle hulleself met skaapsvelle beklee het om hulle met minder moeite te kon vang en te verskeur. Nou, dit sal ek my minstens heimlik goed as merkteken inprent! Wat sê U, o Heer, nou daarvan?”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205