|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 6 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 112
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249. |
|
|
Die bygelowige visserbaas aan die Eufraat
112 Ons gaan na die rivier, en wel na die plek waar die onderskepte houtvlot hom bevind wat nog in volle omvang saamgebind lê, en waar die vissers van Jored juis hulle nette vir `n groot visvangs uitgewerp het. Ons kyk na hulle terwyl hulle tevergeefs die een trek na die ander doen.
[2] Toe sê Jored vir die baas van die vissers: 'Wat is tog aan die gang? Is daar dan heeltemal geen vis meer in ons rivier wat andersins so visryk is nie?'
[3] Die ou visserbaas antwoord: 'Heer, dit is selfs vir my `n raaisel! Die tyd is nou baie gunstig, en aan die oppervlakte van die water sien jy voortdurend `n groot aantal lugbelletjies verskyn, wat meestal `n baie goeie teken is om vis te vang. Daar is ook geen wind nie, en die son staan presies op die korrekte hoogte; daarby kom nog dat die maan in die teken van die vis gekom het, wat ook baie gunstig is om vis te vang. Op `n ander keer het ek onder sulke buitengewone gunstige omstandighede altyd met weinig moeite baie gevang, maar vandag lyk alles wel beheks. Ons het nou al vyf trekke gedoen, en dit byna oor die hele breedte van die rivier, en ek het Neptunus en Triton en alle nimfe van hierdie rivier aangeroep, maar alles vir niks! Nie één vis kom daar in ons goeie nette nie! Dit is om van wanhopig te word!
[4] Stroomafwaarts in Malaves moes die vissers gister `n reusagtige hoeveelheid visse gevang het; volgens hoorsê is daar `n towenaar by hulle. Maar ek ken ook allerlei middeltjies om vis te betoor en dit het ek intussen alles al toegepas, maar vandag het dit geen sin nie! Alle voorwaardes is goed, en tog geen resultaat nie! Laat iemand my nou maar eens sê wat daar in die naam van alle gode tog daaragter kan sit! Miskien het die gode kwaad vir ons geword omdat die vreemde towenaar hulle beelde, wat ons vereer het, in `n oogwenk vernietig het, - wat ek gehoor het, maar waarvan ek myself nog nie oortuig het nie. As dit waar mag wees, my meester, dan sou dit wel binnekort sleg vir ons daar uitsien, want as gode eenmaal kwaad is, word hulle nie weer so maklik weer mak gestem nie. Dit sou groot offers vir ons kos! Maar ek sal nou tog nog `n paar trekke probeer; bly dit ook sonder resultaat, dan doen ek vandag niks meer nie!'
[5] Jored sê: 'Doen dit, miskien kom daar tog nog iets te voorskyn!'
[6] Toe gee die visserbaas gou opdrag om nog `n trek te doen. Alles verloop voortreflik, maar toe die net aan die oewer gebring word, was dit weer leeg soos die eerste keer. Dit vererg die visserbaas geweldig en hy sê: 'Ek sê dit weer: Vandag is dit `n behekste dag en dan is alle inspanning en alle moeite tevergeefs! As ek nou nog `n trek laat doen, sal dit beslis weer net eenders gebeur soos hierdie keer, ek glo dus dat ons vir vandag maar moet stop. As u vandag visse nodig het, kan dit in Malaves gehaal word; want die vissers moes gister `n groot voorraad daar gevang het. Ook moes `n towenaar heimlik, soos met `n toorslag, sulke huise vir hulle vervaardig het, dat hulle ons stadsbewoners behoorlik kon uitlag! Wat daar in hierdie liewe wêreld nie alles gebeur nie, - ja, teenswoordig weet `n gewone mens nie meer waaraan hy toe is nie! Wat dink u, meester, moet ons nog `n keer die moeite doen, wat verseker weer tevergeefs sal wees, of moet ons liefs vir vandag met die werk ophou?'
[7] Toe sê Ek: 'Luister eers ou, bygelowige visser, solank die belletjies opstyg in die water, is dit vir die visse nooit `n goeie, maar altyd `n slegte teken, omdat dit baie natuurlik aangee dat die visse op die bodem lê om te rus. Want om op die bodem te kon lê moet die lugsakke, wat in hulle liggame is, hulle instinkmatig van die lug ontdoen, en dit gee in `n visryke water altyd die bepaalde belletjies wat deur jou opgemerk is. Eers as jy hierdie belletjes nie meer sien nie, moet jy jou nette uitwerp, dan sal jy vis in oorvloed vang! Want as die vis geen lug meer uit sy lugsak uitstoot nie, het hy dit gebruik, omdat hy slegs daardeur na die oppervlakte kan kom.
[8] Kyk, nou het die opstyg van die belletjies opgehou, en die meeue en reiers begin in die water te duik! Doen nou nog `n trek, dan sal jy sonder enige toordery vis in oorvloed vang!'
[9] Die visserbaas verstaan weliswaar nie baie daarvan nie, maar omdat sy werkgewer Jored dit ook beveel, gee hy opdrag tot nog `n trek, werp die nette uit en vang so `n kolossale hoeveelheid vis, dat hy die nette nouliks na die oewer kon kry. Toe was daar natuurlik werk tot oor die ore om die talle, merendeels baie groot visse in die vishouers onder te bring.
[10] Na `n uur was die mense gereed daarmee, maar die visserbaas bly hom verwonder oor hierdie visvangs, wat nou skielik so ontsettend groot was, en hy sê, toe hy van sy verbasing herstel het: 'Dit mag dan wel geen toordery gewees het nie, - maar ek sê: dit was tog die grootste en nog nooit vertoonde toorkuns van alle toorkunste! Dit lyk vir my dat die man wat my aangeraai het om nog `n trek te doen, meer weet en ken as maar net dit wat hy aan `n ou visserbaas vertel het oor `n ryk visvangs by die uitbly van lugbelletjies en by die gedrag van bepaalde watervoëls. Miskien is hy wel die een wat die beelde van die tempel weggetoor het, en die mense uit Malaves heimlik beter wonings besorg het! Maar genoeg hieroor, ek vra nou maar net of ons nog `n trek sal waag!'
[11] Ek sê: 'Doen dit, dan het julle vir weke lank voldoende vis!'
[12] Toe doen die vissers vinnig nog `n trek, wat net so ryk uitval as die vorige.
[13] Toe die visse in die groot, leë visvywers ondergebring was, gee die visserbaas sy knegte opdrag om die bote en die vistuig in orde te bring, en daarna kom hy na My toe en sê: 'Luister U eers, tot nog toe is U volkome onbekend aan my, maar U ken en verstaan meer as wat `n andersins normale, ervare, verstandige man ken en kan verstaan! Êrens diep in Agter-Indië moet U die hoë magie bestudeer het, want hier by die Grieke en gedeeltelik ook Romeine en Judeërs is so-iets volkome ongehoord. Slegs U het ons hierdie ryk visvangs in ons nette getoor! Ek is `n ou visser, maar nog nooit het ek, ook nie in my allerbeste vistyd, so `n vangs - en nog wel van louter edelvisse – gehad nie. O, met U sou ek graag oor baie dinge wou praat, want U moet baie geleerd wees en baie ervaring hê, en ook al vanaf U geboorte baie talente gehad het! U moet die gode werklik baie sterk besiel het dat U wil in U so magtig geword het!'
[14] Toe sê Jored: 'Baie goed, ou troue dienaar, ons sal nog baie daaroor praat! Maar sorg nou dat daar vir vanaand nog `n paar van die mooiste, beste visse na die kombuis gebring word; want ons wil nog vandag daarvan geniet! Sorg egter ook dat julle self niks tekort kom nie!'
[15] Die ou man sorg dadelik daarvoor, maar kom daarna gou weer na ons toe, terwyl ons intussen by die boomstamvlot was en gaan sit om van daar af te kyk na `n swerm groot meeue en reiers wat die groot oop vishouers verken, en onder mekaar as`t ware beraadslaag hoe hulle `n vis daaruit kon steel.
[16] Toe vra die visserbaas My: 'Beste man, wat kan ons nou teen hierdie geveerde visdiewe doen, om te sorg dat hulle ons geen skade in die visvywers berokken nie? Want kyk, ook al kon hierdie diere nie een van hierdie groot visse uit die water tel nie, dan verwond hulle die visse tog met hulle lang, skerp snawels soos wat hulle pylsnel op hulle neerduik. Die visse word daardeur siek en is dan nie meer so geskik vir menslike gebruik nie, of hulle vrek na `n groot verwonding en word deur hierdie voëls, wanneer hulle dood en op die wateroppervlak dryf, dermate uitmekaar getrek dat hulle daarna na die bodem sink en die water in die visvywer verpes, wat dan ook nadelig is vir die gesonde visse. U sal sekerlik `n middel daarteen hê! Wil u so goed wees om dit vir my te vertel!'
[17] Ek sê: 'Jy dink nog steeds dat Ek `n towenaar is; maar Ek sê jou volgens waarheid en met nadruk dat dit by My nie in die minste die geval is nie en ook beslis nooit was nie. Daarom sal Ek jou enkel as natuurkenner ook `n baie natuurlike middel aan die hand doen, en dit bestaan uit die volgende: dek die vywers met `n ou visnet af, waarvan jy daar genoeg het, dan sal hierdie voëls as gevolg van die net niks meer aan die visse kan doen nie! Kyk, dit is iets volkome natuurlik en eenvoudig, sonder om enige toordery uit te voer, en as dit goed en deeglik uitgevoer word, gee dit ook beslis `n goeie resultaat!'
[18] Toe gaan die ou man weer, want dit lyk vir hom soos `n goeie idee. Hy roep sy bediendes en bring My plan gou ten uitvoer, en het toe selfs genot daarin dat hy die vraatsugtige voëls daarmee so `n grendel vir hulle gulsige snawels gevind het.
|
|
|
|
|