Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 6
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 40

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249.

Die invloed van die liggeeste

40 Heeltemal deurdring van die waarheid van My woorde, sê die oudste: “Groot Heer! Uit helder woorde van U het ons sonhelder begryp dat U meer as `n gewone mens moet wees; want ons het nog nooit `n mens so oortuigend waar hoor praat nie, en waarlik, hierdie woorde het meer uitwerking as duisend van die wonderbaarlikste tekens, wat weliswaar die mense `n tyd lank meevoer, maar hul hart nog meer verhard en verduister! Daarom vra ons ook heeltemal geen ander teken van U nie, want U woord is vir ons volkome voldoende, en ons weet nou goed wat ons in die vervolg moet doen en waaraan ons onsself sal moet hou. Ons volk tuis sal voortaan nie meer in die duister rondwandel nie!”

[2] EK sê: “Daaraan sal u baie goed doen; maar al die goeie en ware het ook sy tyd nodig. Daarom moet u dan ook by u hele opregte handel en wandel u verstand gebruik. Want `n volk wat een keer verduister is, kan `n plotseling fel opgaande lig nie verdra sonder om die oë te beskadig nie; dan word hulle waansinnig en ligsku en soek hulle skadu en duisternis. Daarom moet die lig eers baie spaarsaam toegelaat word, sodat die mense geleidelik daaraan gewoond raak. Mettertyd sal hulle dan selfs heel behaaglik die sterkste lig voor hul oë kan verdra. - As u dus egte wysgere uit die Verre Ooste is, dan moet u ook hierdie wysheidsles goed in ag neem om `n ware seën vir u volke te kan wees.” 

[3] Die oudste sê: “Ook dit sal ons en ons studente goed in ag neem; want ons sien dat U in alles gelyk het en deur en deur waaragtig is. Maar nou sou ons ook nog van U wou hoor, hoe dit gesteld was met die geeste wat ons tydens U wonderbare geboorte gelei het, want ons het binne in ons baie goed waargeneem dat hulle nie ons was nie en ons nie hulle was nie. As hulle in ons geheers het, kon ons nie doen wat ons wou nie, maar net wat hulle wou, en dit het vir ons daarby voorgekom asof hulle ons beter ‘ek’ was. Want toe was ons ook baie wys en het eers só die inwendige natuurkragte en die gebruik daarvan leer ken; maar toe dit gelyk het asof hulle uit ons weggetrek het, was ons weer baie dom en kon ons gladnie begryp hoe ons die groot geheime van die natuurkragte leer ken het nie. Al ons verbeterde kennis is aan ons deur daardie geeste meegedeel, wat ons in helder drome ook te siene gekry het. Wel, wat kan volgens U wysheid daaragter skuil?”

[4] EK sê: “Dit is by u niks besonders nie, want alle mense wat van natuur beter is, word deur geeste op `n soms meer of minder tasbare wyse onderrig in allerlei geestelike en natuurlike wetenskap, en by u was dit dus op `n meer tasbare wyse die geval.

[5] En hoe natuurliker, eenvoudiger en in hulself gekeerd mense wat dan waar ook ter wêreld leef, soveel te meer en lewendiger staan hulle ook met die beter en goeie geeste van die hiernamaals in verbinding. En dit was dan ook by u en ook met u die geval. 

[6] Maar toe u daarna deur u talle reise wêreldwyser geword het, het die geeste wat u onderrig en gelei het, u ook verlaat en u aan u eie kennis, verstand, begrip en vrye wil oorgegee. Maar nogtans het hulle die verlange in u opgewek om My te gaan soek en nou ook te vind, en daarmee het die drie geeste baie goed vir u en u kinders en volke gesorg.

[7] Die geeste was vroeër egter ook mense op hierdie aarde, en hulle was weliswaar van die grootste betekenis vir die hele huidige lewende mensdom; maar in die hiernamaals hou alle aardse verskille van 'eerste', 'groot' of 'klein' heeltemal op, en die laaste mens van die aarde sal nie minder wees as die eerste nie, op voorwaarde dat hy die wil van God erken het en volgens Sy voorskrif en orde gehandel het.

[8] Die wil van God vir alle mense lui egter kortliks so: Jy moet God erken en Hom bo alles liefhê en jou naaste, dit is jou medemense, soos jouself. Wees waaragtig en getrou ten opsigte van almal, en wat jy redelikerwys wil dat mense vir jou sal doen, doen dit ook vir jou medemens, dan sal daar vrede en eenheid onder julle heers en God se welgevalle sal oor julle hoofde straal soos `n ware lewenslig!

[9] Laat dit vir u voldoende wees. Daaruit sal dan aan u alle ander, verdere wysheid gegee word. En begewe u nou ter ruste want dit is reeds middernag.” 

[10] Die wyses het hul dank uitgespreek en My versoek om die komende dag nog in My nabyheid te mag bly, wat Ek met graagte aan hulle toegestaan het. Daarop het ons almal gaan rus.

[11] Toe ons die volgende dag ontwaak het, het daar alreeds `n goeie ontbyt gereed gestaan en ons wyses het ook alreeds met die grootste verlange van die wêreld gewag om My weer te sien en miskien ook te hoor praat; want My woorde het hulle baie ter harte geneem.

[12] Terwyl Ek met al My studente aan die ontbyttafel gesit het en geëet en gedrink en met die herbergier die een en ander bespreek het, het die wyses alreeds by die deur geluister. Omdat hulle My egter net oor meer onbelangrike, aardse sake hoor praat het, het hulle onder mekaar gesê: “Sien, vandag praat Hy nie so wys soos vannag nie! Sy kennis moet baie veelsydig wees! Maar nou straal daar nie baie Goddelike wysheid van Hom af nie!”

[13] Toe hulle so aan die wik en weeg was, het daar plotseling `n ernstige sieke die voorvertrek binnegekom; dit was `n buurman van die herbergier, wat van sy personeel gehoor het dat Ek by die herberg aangekom het en nou verblyf gehad het. Toe hy My deur die deuropening in die oog gekry het, het hy geroep: “O Jesus van Nasaret, o ware Heiland, ontferm U oor my en genees my ook, want u het alreeds soveel genees!”

[14] EK het na hom toe gegaan en sê: “Hoe lank het jy al las van jig?”

[15] En hy sê: “Heer, alreeds sewe jaar! Toe die pyne nog nie so hewig was nie, het ek dit egter geduldig verdra; maar nou word hulle ondraaglik en daarom het ek my na U toe laat lei.”

[16] EK sê aan die wyses: “Wel, u is ook geneeshere! Wil u nie hierdie man help met u geneeskunste nie?”

[17] Die oudste sê: “Heer, hierdie soort siekes beskou ons as ongeneeslik en daarvoor help ook geen geneesmiddel meer nie! As so `n jiglyer nie meer deur die son genees kan word nie, help niks ter wêreld hom nie.”

[18] EK sê: “Nou, dan wil Ek eers sien of hy nie meer te genees is nie!”

[19] Daarop sê EK aan die sieke: “Wees genees en gaan; maar sondig voortaan nie meer nie, sodat iets nog erger jou dan nie oorkom nie!”

[20] Toe het die sieke baie plotseling volkome reg en gesond geword, hy het My gedank en vol vreugde die huis verlaat.

[21] Toe het die wyses geskrik en hulle wou My letterlik begin aanbid. Ek het hulle dit egter verbied en Ek en die studente het daarop dadelik na Bethanië na Lasarus gegaan, en die wyses het ook nog dieselfde dag op pad na hul ver land teruggegaan.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205