Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 6
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 158

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249.

Die gevolge van die maansverduistering. Wedergeboorte en geestelike gawes

158 In die kamer gaan ons soos gewoonlik aan die groot tafel sit, en Lasarus laat brood en wyn bring, omdat daar verder niks voorberei was nie. Martha wou egter tog na die kombuis gaan om in elk geval vir My iets beter klaar te maak.

[2] Maar Ek sê vir haar: 'Doen dit nie, suster, brood en wyn is immers die beste kos vir die liggaam van die mens! En as jy nou vuur gaan maak, kan vlugtelinge uit Jerusalem dit merk en na binne kom, - wat sowel julle as Ek Self nie aangenaam sou vind nie. Doen dus nie wat vir ons nie nodig is nie! Môre sal homself wel beter skik.'

[3] Toe sien Martha van haar voorneme af en ons eet en drink.

[4] Maar toe ons ons liggame voldoende gesterk het, kom daar `n paar knegte van Lasarus na ons in die kamer en vertel dat daar buite die mure, waarmee Bethanië omring was, groepe mense rondloop, wat onder mekaar vertel dat daar in Jerusalem tydens die plaasvind van die maansverduistering so `n groot opskudding uitgebreek het, dat die Romeine uiteindelik met die wapens in die hand die rus moes herstel omdat alles andersins `n heel bedenklike wending kon geneem het.

[5] Talle pelgrims het die stad verlaat. Maar diegene, wat hierheen gevlug het, probeer om binne te kom; dit kon hulle egter nie doen nie omdat ons vandag al by sonsondergang alle poorte goed gesluit het. Sommiges vra hulle af of die profeet uit Galilea dalk hier in Bethanië was. Maar ander sê daarop: 'O, daarvoor is hy te verstandig, Hy het sekerlik vanmôre al onraad bespeur en het nog betyds verdwyn!' - Heer van die huis, wat moet ons met hierdie mense doen? Moet ons hulle binne laat of nie?'

[6] Ek antwoord in plaas van Lasarus: 'Laat hulle maar buite; die mense sal hulle nie verder agtervolg nie! Môre sal die lug weer opgeklaar wees en die fees sal weer sonder enige storing verloop.'

[7] Toe gaan die knegte weer na buite en hou met die ander knegte wag sodat niemand uiteindelik oor die muur op die groot binneplaas sou kom nie.

[8] Toe herinner Ek almal aan dit wat Ek hulle vroeër op die heuwel oor die gevolge van die maansverduistering in Jerusalem gesê het, en hulle was almal verbaas dat Ek so presies kon weet wat die verskynsel se uitwerking sou wees, sonder dat Ek in Jerusalem aanwesig was.

[9] Maar Ek sê vir hulle: 'Waarom vind julle dit so wonderlik? Kyk, net soos Ek, kon `n ander wyse en verstandige mens julle dit ook voorspel het, as hy uit lang ervaring met sekerheid sou geweet het hoe die hebsugtige tempeldienaars hulle by sulke geleenthede gedra, en hoe hulle met al sulke natuurverskynsels steeds vir hulle voordeel weet wat om te doen! Om iets vas te stel wat, vir elkeen wat goed nadink, dit volkome voor die handliggend is, is gladnie so besonders nie; maar wie sonder berekening kon bepaal wanneer so `n verskynsel verskyn, dit is heeltemal meer uitsonderlik, alhoewel die Essene, wat dit ook deur berekening, taamlik akkuraat vooraf kon bepaal, en ook altyd van hierdie geheime rekenkuns gebruik gemaak het.

[10] Die latere opvolgers sal egter, hoewel hulle geensins alwetend is nie, sulke verskynsels nog baie noukeuriger deur berekeninge kan vasstel en daarom is dit ook nie so belangrik soos wat julle dink nie.

[11] Baie belangriker is dit om die gedagtes van `n mens in sy hart na te gaan! Wie dit sal kan doen, is net soos God, alwetend en alsienend en alvoelend. Diegene wat volgens My leer sal lewe en daardeur die wedergeboorte van die gees in hulle siel bereik, sal dit ook kan doen; diegene wat dit egter nie sal bereik nie, sal ook nooit tot iets werklik geestelik in staat wees nie.

[12] Die liggaam van die mens sal ewiglik nooit ontdek wat daar alles in die mens verborge lê nie, want dit het geen oog om te sien wat daar innerlik in hom is nie. Maar slegs die gees, wat homself in die innerlike van die mens bevind, sien en weet alles wat daar in die mens is. Laat elkeen daarom na die ware wedergeboorte van die gees strewe; want sonder die wedergeboorte kan niemand die ryk van God binnegaan nie.

[13] Voordat Ek sal opvaar, sal niemand egter in staat wees om die volledige wedergeboorte van die gees in sy siel te bereik nie, - maar na My hemelvaart sal elkeen wat in My sal glo en volgens My leer sal lewe, dit bereik.'

[14] Toe sê die leerlinge: 'Heer, hoe en wanneer sal dit dan gebeur?'

[15] Ek sê: 'Dit sal julle weldra beleef en met julle eie oë sien. Meer hoef julle nie vir die tyd te weet nie. Bedink egter liewer dat ons tot dan nog baie te doen sal hê, en dat Ek eers nog baie sal moet ly, sodat die hele oordeel waarin alle mense hulleself nou bevind, van die angel van die dood ontdaan word! - Maar nou gaan ons rus om môre weer hard aan die werk te kan gaan; want `n slaperige mens is nooit in staat tot geestelike arbeid nie.'

[16] Daarop gaan ons rus en slaap vas totdat dit weer lig word.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205