|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 6 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 137
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249. |
|
|
Die besoek aan die tempel van die wysheid
137 Toe kom die hoofman met die tollenaar by My aan en verontskuldig hom vir sy kort afwesigheid vanweë die noodsaaklike afhandeling van sy amptelike en maatskaplike pligte. En dieselfde doen die tollenaar ook; vervolgens nooi hy ons uit vir die oggendete by hom tuis, en omdat die hoofman die dag ook sy gas wou wees, neem Ek die uitnodiging aan, en ons gaan na die baie ruim huis van die tollenaar, waar die vorige aand se aangekome handelskaravaan juis `n uur gelede vertrek het. Daar gebruik ons die baie goed voorbereide oggendete, en die leerlinge onderrig daarna die priesters in My leer en lê hulle die eintlike rede uit waarom Ek in die wêreld gekom het.
[2] Ek Self onderrig die hoofman en sy seun, wat alles wat hy hoor met die grootste vreugde en met `n vaste geloof aanneem. En so verloop onder goeie gesprekke en werke ook hierdie dag, en Ek gee die priesters nog `n keer opdrag om na Chotinodora te gaan, wat hulle plegtig beloof om te doen. Daarna gaan ons rus en reis vroeg in die oggend, begelei deur die hoofman en sy geneesde seun, en met baie groete van die tollenaar, oor die water na die belangrike ou stad Serrhe.
[3] Daar aangekom, bring die hoofman ons vinnig na sy familie, wat daar by `n owerste woon wat nou verwant was aan die hoofman waar die familie op besoek was. Hoe groot die vreugde van die vrou van die hoofman daar was toe sy haar reeds dood gewaande seun heeltemal gesond sien, kan elkeen hom self wel voorstel en hoef nie van naderby beskryf te word nie.
[4] Omdat ons al taamlik laat aand met die groot geselskap in hierdie stad aangekom het, baar ons aankoms bykans geen opsien nie. Ons neem die vriendelike aangebode onderdak by die owerste aan, waar ons baie goed versorg word en vir ongeveer vyf dae bly.
[5] Nie ver van hierdie stad, op `n taamlik hoë heuwel staan `n tempel, wat slegs aan die wysheid gewy was. In hierdie tempel staan geen afgodsbeeld nie, maar op `n altaar lê allerhande boeke en oeroue geskrifte. Daarin staan allerlei wyse woorde om oor na te dink en baie profesieë uit die oudste tye.
[6] Op die vierde dag besoek ons hierdie tempel met sy drie ou priesters. Ons was daar met vierhonderd mense, omdat baie uit die stad ons gevolg het, want ons het daar allerlei siekes genees, blinde siende en dowes horende gemaak, en baie het die leer aangeneem en het voortaan volgens haar reëls vir die lewe geleef.
[7] Toe ons by die tempel aankom en die drie priesters die Romeinse owerste in die oog kry, kom hulle uit die tempel, wat andersins meestal gesluit was, tevoorskyn en vra baie eerbiedig aan die owerste wat hy op hierdie ongewone tyd wens.
[8] Maar die owerste wys na My en sê: 'Hierdie Eerste en Vernaamste van alle eerstes en vernaamstes het gekom en wil julle wysheidstempel sien en die geskrifte bekyk. Open daarom die poort en laat ons die heilige sale binnegaan!'
[9] Die priesters sê: 'U versoek kom vir ons wel baie ongeleë, maar omdat u dit gebied, doen ons dit; maar u moet self alle verantwoordelikheid op u neem, selfs teenoor die streng, onverbiddelike gode!'
[10] Die owerste sê: 'Ja, ja, dit doen ek sonder meer, want ek moet my immers self daarvan oortuig of dit wel so in julle oudste boek staan, soos hierdie Allerwyste en man wat met alle mag van die gode begaaf is, my vertel het.'
[11] Toe eers gee die drie priesters heeltemal toe en open na enkele buigings voor die tempel die poort, wat bepaald nie tot die grootste behoort het nie. Ons gaan nou na binne en die priesters haal van onder die altaar `n ou boek tevoorskyn wat in die oud-Indiese taal geskryf was; slegs één van hulle kon dit lees en ten dele verstaan.
[12] Ek wys hom egter Self die plek aan wat hy moet lees en dan moes vertaal.
[13] Hy bestudeer die woorde goed, lees dit en vertaal dit toe as volg: 'Uit die berge, waar die koukies (kauka) in groot groepe nestel, ontspring `n rivier wat magtig, breed en ver stroom. Aan sy oewers sien ek groot en klein stede, en hy dra op sy breë rug talle laste. En kyk, ek sien `n las op sy rug dryf, - daar lê `n diep nag oor die hele wye omgewing vanaf die begin van die rivier tot daar waar hy eindig in die groot wêreldsee. Maar `n mens dra die las, wie se gesig meer straal as die son, en uit sy mond skiet vlammende pyle en swaarde. Aan die oewer lê talle dooies, en wie deur die pyle uit sy mond getref word, begin hulle te beweeg, word lewend, en dit word volledig dag om hulle heen. Maar nog meer mense dra die las, hulle leef en het ook `n lig in hulleself en hulle straal soos die vol maan. Ook uit hulle mond kom daar `n lig, wat lyk soos die lig van die môrester, en diegene wat deur die lig geraak word, word hoewel hulle eers dood was, weer lewend en beweeg hulle vervolgens voort soos op `n klaarligte dag. Dit maak egter dat die hele rivier baie gou lig word. Toe die hele stroom lig gee, word dit vrolik aan die oewers, en baie haas hulle daarheen en was hulle gesigte, en sien, almal wat die rivier ingaan en hom in die ligte gloed daarvan reinig, straal lig uit!
[14] Maar toe ek die rivier later weer sien, sien ek geen lig meer nie, opnuut rus die donkerste nag op sy rug, en ek kyk baie lank, en sien, dit wil nie meer lig word nie! En ek hoor `n stem soos die geruis van baie winde deur dor struikgewas, en die stem praat: 'Wee jou, gewer van die nag, wanneer Ek sal terugkom! My oordeel sal jou dubbeld so hard tref; want jy was lig en het weer nag geword! So sê Ek dit aan jou en vertel jy dit verder so aan jou wurms! So wil die Eerste en die Laaste, die Alfa en die Omega!"
[15] Toe buig die priester nogmaals diep voor sy boek en lê dit, in die fynste linne gehul, weer op sy vorige plek.
[16] Daarop sê die owerste vir hom: 'Verstaan jy ook wat jy so goed gelees het?'
[17] Die priester sê: 'Heer as ek dit sou verstaan, sou ek in Delphi op die drievoet van die Pythia gesit het!'
[18] Die owerste sê: 'Kyk, wat jy nie verstaan nie, verstaan ek, as soldaat, nou baie goed en ek kan dit vir jou uitlê! Kyk, hier staan die Man wat uit die hemele na ons mense toe gekom het en nou die lig versprei van Melitene tot hier in Serrhe! Luister na Hom, dan sal julle wat nou dood is, lewend word en in die stralendste lig julle heil sien! En hierdie ander manne, wat saam met Hom gekom het, is hulle wie se gesigte straal soos die vol maan. Hulle woorde is `n egte lewensmôrester, en hulle, wat dit aanneem, straal dan in hulle hart vol lewe net soos die woorde wat in julle boek van die wysheid met die beeld van die môrester aangedui is. Julle moet nou verstaan watter tyd aangebreek het!'
[19] Toe verbaas die priesters hulle oor die wysheid van die owerste en vra hom baie eerbiedig wie Ek was en waar Ek dan vandaan gekom het.
[20] Die owerste sê: 'Ek het julle tog al gesê waar hierdie Elohimmens vandaan kom; en as julle dit weet, weet julle sonder meer wat julle te doen staan. Sorg nou daarvoor, dat ook julle deur Hom lewend gemaak word, sodat julle dan ook lig kan gee aan alle mense wat by julle sal kom om by julle die ware lewenswysheid van die siel te kom haal!'
[21] Toe kom een van die drie priesters na My toe en sê: 'Verhewene uit die beligte hoogtes van die hemele, gee ons die ware wysheid!'
[22] Ek sê: 'Daar staan My leerlinge, rig julle tot hulle, dan sal hulle julle die weg wys waarlangs julle tot die korrekte ware Wysheid kan kom as julle Haar bewandel en daarvolgens handel, - maar nie hier in hierdie tempel nie, maar in die huis van die owerste in die stad! Kom daarheen en laat julle onderrig!'
[23] Die priester sê: 'O Verhewene, dit is vir ons `n baie moeilike saak, omdat ons volgens ons voorskrifte eintlik nooit van hierdie wysheidshoogte mag afdaal na die laevlakte nie! Want simbolies woon die wysheid steeds maar net op die suiwer hoogte en daal nooit in die vuil laagte af nie, soos wat die verstand van elke mens ook in sy hoof setel, in die hoogste deel van sy liggaam.'
[24] Ek sê: 'As dit waar sou wees, sou Ek die beligte, hoogste wysheidshoogtes van die hemele ook nooit moes verlaat het nie! Maar omdat Ek dit vir julle mense gedoen het, sal ook julle hierdie waardelose wysheidshoogte ook in julle lewe terwille van `n hoër wysheid moet verlaat; want om die hoogste te kry, loon dit wel die moeite om so `n heuwel te verlaat. Van nou af aan sal elkeen in die diepte van sy eie deemoed moet afdaal as hy die ware lewenswysheid wil bereik.'
[25] Toe die een priester dit van My gehoor het, gaan hy terug na sy twee medepriesters en vertel hulle wat Ek hom gesê het. Hulle kyk aanvanklik wel baie bedenklik, - maar na `n rype beraad gee hulle tog toe, kom na die owerste en vra hom vir toestemming om in sy huis te mag kom, omdat Ek dit so wou hê.
[26] Toe sê die owerste: 'Daaroor is ek self baie bly! Kom nou maar dadelik saam - want ons gaan dadelik terug, - en wees vandag en môre my gaste, omdat hierdie verhewe Man van alle manne van die gehele aarde ook nog môre baie barmhartig by my wil bly!'
[27] Die priesters bedank ons en gaan dadelik met ons op die pad; hulle gee slegs hulle vroue en kinders eers nog aanwysings oor wat hulle moes doen en sê as daar `n wysheidsoeker mag kom gedurende die tyd dat hulle weg sou wees.
|
|
|
|
|