Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 6
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 142

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249.

Die hoofman werf die reus en sy broers vir Rome. Werke van die liefde is vir God die ware verdienste

142 Toe die hoofman My sien, kry hy trane in sy oë, sodat hy van vreugde nouliks iets kon sê. Hy vra My om vergewing, dat hy so-iets teen My kon onderneem het.

[2] Ek stel hom egter gerus en sê: 'Wie iets doen en nie weet dat hy sondig nie, sondig nie, en jy het dus ook nie! Die owerste is egter `n ellendige booswig; maar van nou af aan sal hy hom wel rustig hou. Neem daarom geen verdere vyandige maatreëls teen hom nie!'

[3] Dit beloof die hoofman en hy eet en drink saam met ons, en Ek lê hom Self uit waar die tien vandaan gekom het, waaroor hy hom baie verheug. Toe hou die hoofman `n onderhoud met die tien en gee hulle aanwysings hoe hulle deur middel van hom, owerste Cornelius en opperstadhouer Cyrenius na Rome kon gaan en daar dadelik `n hoë amp kry, waardeur hulle dan baie goed vir hulleself sou kon doen.

[4] Maar die tien sê: 'Edele vriend en ampsgenoot van ons broer in Samosata! Die voorstel is weliswaar baie prysenswaardig en mooi, - maar ons is nou eenmaal leerlinge van die allerhoogste Heer en Leraar, en dit voldoen duisendmaal as geldige rede om egter nie u aansienlike, vriendelike voorstel op hierdie oomblik aan te neem nie. Ja, wanneer ons eenmaal ons lewenskool deurloop het, kan u vriendelike voorstel miskien ook nog uitgevoer word!'

[5] Die hoofman was baie bly oor die openhartigheid van die tien en sê: 'Dat julle daarin volkome gelyk het, spreek vanself; maar wanneer julle al, soos wat ek kan vasstel, alle hoofbeginsels van die leer volledig onder die knie het en presies weet wat julle te doen staan, sou dit volgens my vir julle ook tyd wees om julle onder die heidene te begewe en hulle moontlikerwys ook oor die groot barmhartigheidslig van God vertel wat julle ten deel geval het. - Wat dink julle daarvan?'

[6] Die reus sê: 'Vriend, daaroor het ons self heeltemal geen mening nie; ons doen slegs wat die Heer en Leraar wil! As ons sou ingaan op u voorstel en sou doen wat u ons voorgestel het, sou ons dit in die eerste plek doen ter wille van ons agtergelate geboorteplek en om aan die nog baie ruwe en wilde bewoners hierdie leer van lig, liefde, gees en lewe by te bring!'

[7] Nou eers sê Ek: 'Ja, ja, julle het volkome gelyk, en daarom kan julle die voorstel van die hoofman wel aanneem! Want deur nou nog langer of korter aan My kant besig te wees, wen julle nie meer Lig, Liefde, Gees, Krag en Lewe nie; dit kry julle alles deur die getroue navolging van My leer. En as julle per geleentheid `n hoër krag nodig sal hê as getuie vir die Waarheid van die Wysheid wat julle deur My verkry het, vra My dan in julle hart daarvoor, dan sal dit, waarvoor julle julleself vraend tot My gewend het, aan julle gegee word!

[8] Wanneer Ek Self egter binnekort weer hierdie aarde persoonlik sal verlaat, sal Ek die Heilige Gees van alle Waarheid oor al My getroue leerlinge en broers uitstort. Die sal hulle dan volgens alle Waarheid, Wysheid, Mag en Krag rig, lei, die weg wys en ophef, en julle siele verenig met die Gees van die Liefde uit God aan die ander kant en so die wedergeboorte van die gees in julle tot stand bring, waarsonder geen waaragtige, vrye, ewige lewe moontlik is nie, maar slegs `n gebonde en geoordeelde lewe, wat vergeleke met die ware, vrye lewe van die gees `n egte dood is. 

[9] Want as `n mens nie vry en uit homself, maar slegs as `n masjien deur die almag van die goddelike wil leef, dan is hy in en op sigself dood en geen haar beter daaraan toe as `n klip, `n plant of `n dier sonder verstand nie. Wie egter streng volgens My leer sal leef en handel, sal ook sekerlik dit kan verwag wat Ek nie maar nou net hier nie, maar orals reeds baie dikwels gesê en beloof het. Of iemand nou hier persoonlik met My saamgaan of nie, maak nie saak nie; inteendeel, diegene wat slegs in die gees - sonder My persoonlike aanwesigheid - getrou met My sy weg gaan, sal deur God met nog meer welgevalle aangesien word!

[10] Cornelius en Cyrenius ken My egter al vanaf My geboorte. Hulle sal julle goed opneem en in alles bystaan.'

[11] Daarmee was die tien manne tevrede, en hulle neem die voorstel van die hoofman aan; hulle vra slegs of hulle solank nog by My mag bly as wat Ek hier in Kapernaum sou wees.

[12] Toe sê Ek: 'Dit kan julle altyd doen, hoewel dit julle nie as `n besondere verdienste aangereken sal word nie; want `n ware verdienste vir My is slegs dit wat in My Naam liefde verwek volgens My leer. Want vir My kan julle onmoontlik iets goeds doen omdat Ek van niemand `n diens nodig het nie; en ook al doen iemand iets goeds vir My, dan kan Ek dit hom altyd duisendvoudig vergeld, en bowendien kan niemand My iets gee wat hy nie eers van My gekry het nie.

[13] Maar iemand wat uit liefde vir My in My Naam iets goeds doen vir sy naaste, sien Ek as `n ware, verdienstelike werker op My akker, en hy sal sy loon daarvoor oes. Want wat julle in My Naam vir die armes sal doen, sal Ek altyd beskou asof julle dit vir My gedoen het. Of julle nou vandag of môre hier vertrek, julle sal daarom nie verder van My weg of nader aan My wees as nou nie; maar as julle in My Naam iets goeds sal doen vir die mense van hierdie aarde, dan sal julle in die gees baie nader aan My wees as nou. 

[14] My liggaam is nie My ‘Ek’ nie, maar slegs My Gees is My waaragtige Ek; met My Gees is Ek alomteenwoordig en voortdurend werksaam in die hele oneindigheid.

[15] Wat slegs My liggaam wil, gebeur nie, maar ewiglik slegs dit wat My Gees wil. Waar julle ookal mag wees, daar is Ek ook te midde van julle, en as julle in My Naam dinge doen, werk Ek met en in julle; en as julle in My Naam spreek, is Ek die een wat jou die gedagtes in jou hart gee en die woorde in jou mond lê. 

[16] Dus kan julle, as julle werksaam bly in My leer, julleself onmoontlik ooit van My verwyder, julle sou julle slegs van My kan verwyder as julle My woord sou verlaat en, net soos wat baie doen, `n suiwer dienaar van die wêreld sou word. Maar dit sal julle nooit doen nie, en dus kan julle op enige oomblik My sigbare persoon sonder die minste skade vir julle siel verlaat!'

[17] Met hierdie uitleg was die tien meer as tevrede en hulle was toe ook bereid om dadelik met die hoofman te vertrek. 

[18] Dit verskaf die hoofman baie genoeë om sulke manne vir Rome te gewen het, wat as krygers die keiser sou beval en as troue volgelinge van My leer baie goed in staat sou wees om dit ook op velerlei wyse aan die heidene by te bring. Die hoofman bedank My daarvoor ook nog heel in die besonder en beloof My om veral vir die reus dit gedoen te kry dat hy reeds as hoofman met sy broers na Rome na die keiser gestuur sou word.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205