|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 6 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 209
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249. |
|
|
Die wonder in die herberg
209 Ek sê: 'O, vriend en broer! Hierdie mense wat deur hulle eie bose wil blind is, weet maar al te goed dat Ek baie magtig is, en hulle het geen groter bewys van My Wysheid, Krag en Mag nodig nie, want hulle haat My juis omdat hulle bang is vir My, vanweë My Wysheid en Mag. Daarvoor is dit egter nie nodig om hierdie blindes `n nuwe bewys van My Mag te gee nie; maar ter wille van die Romeine sal Ek heel onverwags tog iets doen, om die Romeine daardeur iets teen hulle in die hande te gee. - Maar omdat die son al naby die horison staan, breek ons op en gaan ons na binne. Wie ons wil volg, die sal ons dan wel in die huis vind, want buite sal Ek vandag nie meer praat of iets doen nie. Laat ons dus na binne gaan!'
[2] Lasarus sê: 'Heer, my huis het weliswaar `n groot saal, maar of dit al die mense wat nou hier is, sal kan bevat, dit weet ek nie!'
[3] Ek sê: 'Bekommer jou nie daaroor nie, want daar gaan baie mak skape in `n kraal in! Van die twee ietwat skurfagtige Fariseërs sal dit nie afhang nie. Kom nou!'
[4] Toe stel ons onsself in beweging en was baie gou binne aan ons tafel waarop daar reeds brood en wyn op was. Ons het nog maar net gaan sit, toe die mense, wat voorheen buite nog baie lewendig gedagtes verwissel het, almal die groot eetsaal binnekom; maar ondanks hulle groot getal was daar tog ruim voldoende plek, en Lasarus en sy herbergier verwonder hulle daaroor.
[5] En die herbergier sê: 'Of die mense het kleiner - of die saal het groter geword! Soveel mense het ek nog nooit in hierdie een saal bymekaar gesien nie! En waar het al die netjiese opgestelde tafels en stoele vandaan gekom, en waar kom soveel brood en wyn opeens vandaan? Ek het nog geen druppel wyn en ook geen stukkie brood opgedien nie. Hoe het dit dan gebeur? Het u heimlik die bediendes opdrag gegee om dit te doen?'
[6 LASARUS sê: 'Ek sekerlik nog minder as jy! Dit het die Heer dus weer so gereël met Sy almagtige wil. Ek en die Romeine het Hom vanweë die blinde, verklede, hier aanwesige Fariseërs vir `n teken gevra, en soos wat ek nou duidelik sien, het Hy dit ook al baie ongemerk gedoen. Kyk maar eers na die tafel van die Romeine! Hulle wynkruike is van suiwer silwer en hulle drinkbekers van blinkende goud! Het jy dalk so-iets om jou gaste mee te bedien?!'
[7] Toe rek die herbergier sy oë groot op, maar die Romeine nog groter.
[8] Agricola was buite homself van bewondering oor die onderskeiding en sê vir Lasarus: 'Vriend, waarom eer jy ons eers vanaand op hierdie wyse en waarom het jy dit nie al gisteraand en vandag oordag gedoen nie? Want dit is tog so `n skitterende eerbewys, dat diegene wat dit besit, dit uitsluitend vir `n keiser sal doen.'
[9] Lasarus sê: 'Beste vriende! As ek die tafelgerei gister en vandag gehad het, sou ons u steeds daarmee bedien het; maar dit het heeltemal sonder dat ek dit weet hier in die huis gekom en is op u tafel geplaas, en daarom dink ek dat dit reeds die genoemde kragproef sal wees vir hulle wat aan Sy mag twyfel!
[10] Alles wat hier gebeur is nou wel baie wonderbaarlik. Kyk eers na al die tafels in die saal! Hulle is daar, en nóg ek, nóg my herbergier weet waar hulle vandaan gekom het! Ook staan daar op alle tafels groot hoeveelhede brood en wyn, en nóg die een, nóg die ander het die herbergier of ek of een van ons bediendes op `n tafel gesit! Bowendien weet ek maar presies vir hoeveel gaste hier in die uiterste geval plek is. Nou is daar sekerlik vyf keer soveel gaste, en tog sien die saal, wat werklik baie groter is, nog presies dieselfde daaruit! As ek eers goed oor hierdie saak nadink, is dit alles tog wel iets meer as kragproef van die suiwer wil van ons Heer en Leraar wat deur u aangevra is!'
[11] Die Romein, wat byna omval van verbasing, sê: 'Ja, vriend, ek glo dat jy heeltemal gelyk het! Want ook al sou jy op `n verborge wyse vir ons die kosbare vaatwerk uit Bethanië hierheen kon laat bring het, waarby ons, met so `n dertig, tog sou gemerk het dat daar iets in die huis ingebring word - tensy jy van hier na Bethanië `n onderaardse gang het, wat baie te betwyfel is, - dan sou jy in die paar uur tog nooit al die tafels en stoele kon laat haal en die saal kon vergroot het nie! En dus is dit waarlik `n ongehoorde wonderwerk, en die Een wat dit tot stand kan bring, is `n God en geen mens meer nie!'
[12] Die vyf Fariseërs en sommige Leviete wat bymekaar staan staar slegs en weet nie wat hulle daarop moes sê nie.
[13] Omdat dit egter baie gou behoorlik donker in die saal geword het, moes daar ligte aangesteek word, wat altyd sommige besware saambring, want mense het in die tyd nie sulke aanstekers gehad soos vandag nie. As die sogenaamde ewige lig, wat elke huis het, uitdoof, dan moes mens na `n buurman gaan en daar gaan vuur leen, of `n mens moes bepaalde droë stokkies so lank teen mekaar vryf totdat hulle begin brand. Hierdie keer was die vuur egter ook in dié huis heeltemal gedoof, en die bediendes het die genoemde stokkies gewring, wat hierdie keer egter nie wou brand nie. En so word dit steeds donkerder, en niemand kon lig maak nie.
[14] Toe kom Lasarus na My toe en sê: 'Heer, in die hele huis is die vuur uitgedoof en nou kan ons geen lig maak nie! Vir U is alles tog moontlik; as U wil, maak U dan lig!'
[15] EK sê: 'Sit die lampe dan op die tafel en bring ook die muurlampe, dan sal Ek sien of ons kan vuur maak!'
[16] Alles word neergesit en in orde gebring en Ek sê: 'Soos wat in die eerste boek van Moses geskryf staan, praat God teen die duisternis: 'Laat daar lig wees!', en dit word lig in die skeppingsruimte, so het Ek ook die mag om te sê: Laat daar lig wees in hierdie hele saal en in die hele huis!'
[17] Sodra Ek dit gesê het, brand alle lampe oombliklik in die hele saal en ook in die hele huis, en in die kombuis brand die hout in die stowe sodat die kokke kon begin met die klaarmaak van die ete.
[18] Toe die Fariseërs dit sien, was hulle heeltemal oorbluf, kyk na die Romeine en wag vir wat hulle uiteindelik oor die gebeure sou sê. Maar die Romeine was self heeltemal sprakeloos van pure verbasing, sodat daar byna `n halfuur verstryk het voordat iemand weer iets gesê het.
[19] Maar toe staan Agricola op, loop na die tafel waar die verklede manne heeltemal apart sit en sê vir hulle: 'Sê my eers hoe die swakte van hierdie ware Messias julle beval! Noem julle dit nou ook nog `n swakte, of kan julle miskien dieselfde doen slegs deur julle wil? Kan julle ook sulke kosbare drinkgerei skep en met kostelike wyn vul? Kan julle ook heerlike brood uit die lug te voorskyn toor, en tafels en banke? Julle tafel en julle banke en stoele is tog egter wel stewig genoeg, en hulle is nie gemaak nie, maar slegs geskape deur die wil van Die Ene, van wie julle beweer dat ons Romeine Hom maar net goedgesind is, omdat ons in `n sekere sin van Sy swakte niks te vrees sou hê nie. Wat sê julle nou daarvan?'
|
|
|
|
|