Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 6
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 171

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249.

Die Fariseërs en Nikodemus

(Evangelie van Johannes 7:50-53)

171 Maar toe die knegte weg was, wend die Fariseërs hulle tot die owerste Nikodemus - wat `n groot wysgeer was en destyds, toe Ek vir die eerste keer openlik in Jerusalem met die twaalf leerlinge rondgeloop het, in die nag na My toe gekom het - en hulle vra wat daar volgens die wet te doen was.

[2] Toe sê Nikodemus vir hulle (Johannes 7, 50): 'Julle het julle weliswaar baie vererg oor die brutale teenspraak van ons knegte, maar ek moet self openlik beken dat hulle beslis gelyk het. Want soek self of daar `n bepaalde wet is waarin daar staan dat `n mens reeds veroordeel is voordat hy verhoor is en dit dan blyk dat wat hy moontlikerwys gedoen het, strafbaar is! (Johannes 7, 51) Ek as skrifgeleerde ken nie so `n wet nie; volgens watter wet wil julle dan iemand al veroordeel nog voor julle hom gehoor het?'

[3] Toe sê die Fariseërs: 'Jy is sekerlik een van ons belangrikste skrifgeleerdes, dit kan niemand betwis nie, en is daarom ook owerste onder die skrifgeleerdes; maar jy is ewenwel `n Galileër en dus ook `n vriend van hierdie Galileër! Maar kyk eers in die Skrif, dan sien jy dat daar geskryf staan: Uit Galilea kom geen profeet nie!' (Johannes 7, 52)

[4] Nikodemus sê glimlaggend: 'Hoewel dit waar is, en julle my nie op die Skrif hoef te wys nie, omdat ek dit egter van begin tot end beter ken as julle almal saam, wys ek julle op iets anders, en wel op die besnydenisverslag uit die jare van die eerste volksregistrasie van keiser Augustus, en daar sal julle ontdek dat hierdie huidige Galileër nie in Galilea nie, maar in Bethlehem, die ou stad van Dawid, gebore is, en dat beide sy ouers in die direkte lyn van Dawid afstam!

[5] Julle aangehaalde uitspraak uit die Skrif kan dus nie in die verste verte op hierdie Galileër toegepas word nie, te meer omdat die wet ook uitdruklik sê: Vir elke Judeër geld die gebied waar hy gebore en besny is, lewenslank as geboortestreek, en die gemeente moet vir hom sorg wanneer hy swak en arbeidsongeskik geword het. Maar `n heiden kry sy domisilie (woonplek) daar waar hy tot Judeër besny en ingeskryf is, en moet as `n eie lid van die gemeente gesien en aangeneem word.

[6] Kyk, vriende, omdat ons hierdie wet nie kan ophef nie, en omdat dit tewens deur die besnydenis- en registrasieverslae van Augustus onweerlegbaar vas staan dat hierdie Volksleraar geen gebore Galileër is nie, het die volk inderwaarheid ook heeltemal geen rede om hierdie man nie as `n egte profeet te beskou nie!'

[7] Die Fariseërs sê: 'Dan moet ons egter slim genoeg wees om hierdie verslae uit die weg te ruim!'

[8] Nikodemus sê: 'O ja, wel die verslae wat in ons argiewe lê, - maar nie die, wat hulle helaas in die argiewe van die Romeine bevind nie! En hulle kontroleer en vergelyk elke jaar ons tempelverslae baie krities! Wee ons, as daar iets sou ontbreek of verander is! Ek sou dan gladnie in enigeen van ons se skoene wil staan nie!'

[9] Die Fariseërs sê: 'Hm, hm, dit is natuurlik nie so goed nie!'

[10] Daarop weet hulle nie wat om meer in te bring nie, verlaat stilletjies die tempel en die fees, en elkeen van hulle gaan baie rustig na sy huis. (Johannes 7, 53)

[11] Terwyl hierdie onderhandelinge in die tempel tussen die knegte, Fariseërs en Nikodemus plaasgevind het, wat hier uitge­breid sonder enige weglating, sowel van die gebeure as van die gespreekte woord, woordeliks weergegee is, gee Ek die volk sonder enige verdere probleme onderrig en laat hulle ook in verstaanbare taal die waardelose en volledig onwettige huigelag­tigheid en bedrieëry van die tempeldienaars sien. En daar was dan ook nie één wat My teengewerp het dat Ek onware dinge oor die tempeldienaars aan die lig gebring het nie, en almal vra My ook om ook die volgende dag na die fees toe te kom, om hulle weer met die opwekkende, eenvoudig verstaanbare Waarheid te verkwik.

[12] En baie sê: 'Heer, ons dank U vir hierdie goddelike drank; want ons het al baie lank na die Waarheid verlang, en U het ons groot verlange nou egter sodanig gestil dat ons tot in ewigheid nie meer so `n verlange sal hê soos wat tot op die oomblik die geval was nie! U is waarlik Dawid se nakomeling en die beloofde Gesalfde van God!'

[13] Ek sien hulle egter vriendelik aan en beloof om ook nog die volgende dag na die tempel te kom en aan hulle `n nog groter lig te gee, waarop die hele volk My toeroep: 'O kom, kom en gee ons lig in hierdie tempelnag!'

[14] Daarna verlaat Ek die tempel saam met al die leerlinge en Lasarus.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205