Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 6
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 8

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249.

Moses en EliJaH verskyn op bevel van die Heer. Moses se aanklag teen die Tempeljode

8 EK wend My tot die Judeërs en sê: “Omdat julle nie wou glo dat Moses en EliJaH alreeds kort voor My koms daar was nie, moet hulle goed herkenbaar hierheen kom en self aan julle sê van watter gees julle is!”

[2] Dadelik het beide profete in ons midde gestaan en het hulle eers diep voor My gebuig.

[3] En ELIJAH sê hardop: “Voor U en U Naam moet alle knieë en harte in die hemel, op aarde en onder die aarde buig!”

[4] Daarop praat MOSES met die Judeërs: “Julle godslasteraars in die tempel van Salomo, julle kinders van die slang, watter duiwel het julle dan verwek dat julle kan sê dat Abraham julle vader is en dat julle op my en Aäron se stoel sit?! Maar noudat julle volkome ongeroepe daarop gaan sit het om die wet, wat deur God aan my gee is, aan die volke te verkondig, waarom herken julle dan nou nie die hoogste Verhewene nie, wat juis op die berg Sinai aan my die wet op twee kliptafels gegee het?!

[5] Julle sê dat ek en hierdie broer EliJaH eers moes gekom het, - wel, ons was albei daar! Maar wie van julle het ons herken en in ons geglo?! En het julle met ons nie presies dieselfde gedoen wat julle met byna alle profete en gewydes van die Heer gedoen het nie?! Wat moet dit dan voorstel as julle, boosaardige huigelaars, voor my naam tot aan die grond gebuig het, maar my vervolg en uiteindelik tussen die altaar en die Allerheiligste gewurg het? Praat en gee antwoord!”

[6] Toe sê daar EEN met `n bewende stem: “O, groot profeet, hy wat daar verwurg is, heet tog Sagaría!”

[7] Daarop praat MOSES: “Booswig, jy is nou oud, maar jy was ooggetuie en jy het alles gehoor wat ek in daardie tyd aan die vergadering van priesters gesê het, toe ek uit die Allerheiligste teruggekom het! Ek het toe gesê: “Luister, broers, God, die Heer het in Sy groot barmhartigheid en ontferming my innerlike aan my geopen en Moses se gees het in my gekom en nou is my siel met Moses se gees één mens, wat nou voor julle staan soos wat hy eens voor die Farao en op die berg Sinai voor God gestaan het! Ek was die eerste wat hierdie stoel neergesit het en op God se bevel daarop gaan sit het - en nou sit ek daarop, omdat God dit so wil hê, as laaste; want in die toekoms sal net die Heer, wat reeds in hierdie wêreld op wonderbaarlike wyse die vlees van `n mens aangeneem het, met hierdie stoel doen wat Hy volgens Sy ondeurgrondelike raadsbesluit wil doen!” Julle het woedend geword oor die waarheidsgetroue voorspelling van my, my van die stoel afgeruk en my liggaam verwurg. Het dit nie so nie gebeur nie?”

[8] `n Ander, ook al bejaarde JUDEËR, sê nog bedeesder: “Ja so was dit werklik; maar wie sou nou so-iets kon glo?!”

[9] MOSES sê: “Waarom het `n aantal vrome mense dit dan wel geglo het, wat deur julle uit die tempel verdryf is daarvoor na die verre land van die heidene en waarvan daar nog `n paar in die lewe is wat teen julle kan getuig?”

[10] `N ANDER BEJAARDE JUDEËR sê nou: “Ja, dit is wel moontlik, - hulle moes `n visioen in verband daarmee gehad het, maar ons het nooit `n visioen gehad nie!”

[11] MOSES antwoord: “O, jy praat `n onwaarheid en vertel aan jouself `n leuen! Want dit alles is aan almal, tot en met die minste tempelkneg toe, sewemaal na mekaar duidelik en verstaanbaar in helder drome in die gees aangekondig en julle het dit nog weke lank gedurende die tyd wat ek stom was, aan almal uitgelê. Hoe kan jy dan sê dat julle geen visioen in verband daarmee gehad het nie?”

[12] DIESELFDE JUDEËR sê: “O - was die droom dan ook `n visioen? Sien nou, sien nou net! Ja, - wie het dit toe kon vermoed!?” 

[13] MOSES sê: “O, julle wêreldse, sluwe jakkalse, julle het baie goed geweet, aan die hand van talle voorbeelde uit die Skrif, wat helder drome moet beteken! Dink maar byvoorbeeld aan die droom van Jakob, die drome van Josef, die droom van die Farao en nog baie soortgelyke drome; wat baie goed aan julle in die oor gefluister is wat julle visioene, wat tot sewekeer herhaal is, moes beteken; maar julle wêreldse ingesteldheid, julle priesterlike hoogmoed, julle begeerte om onbeskryflik luuks te lewe en julle begeerte tot die grootste moontlike luiheid en tot alle soorte en vorme van hoerery, het julle verblind en verdoof en daarom was julle baie bang om volgens My profesie al julle al te aangename, aardse lewens­voordele te verloor en daarom het julle, in plaas daarvan om julle na God se wil te rig, liewer alles teen Hom ingespan en het julle tot op die uur en tot op die oomblik volledig in opstand gekom teen God. Stofwurms, hoe geval hierdie ware geskiedenis julle?! 

[14] Sien, die Heerlike en die Allerhoogste, wie se aangesig ek, Moses, nooit waardig kan wees om te aanskou nie, het dit self aan julle in die tempel gesê: “Nie Ek nie, maar Moses, op wie julle hoop, sal julle by die Vader aankla!” En sien, daar het sedertdien nog lank geen dag verstryk of die profesie van die allerhoogste Heer het reeds in vervulling gegaan en ek, Moses, in die Naam van die Heer, hoofprofeet van julle almal, kla julle nou voor Sy heilige aangesig aan vanweë al dit waaraan julle julleself op die mees ten hemel skreiende manier skuldig gemaak het! Wat kan julle nou sê om julleself te regverdig?”

[15] Toe het die Judeërs, wat heeltemal in die noute gedryf was, en wat van louter angs en ontsetting met stomheid geslaan was, bewend begin stamel, sonder om nog één begryplike woord oor hulle armsalige lippe te kry.

[16] Net EEN VAN DIE JONGERES onder hulle sê met `n hewig bewende stem: “My God en Heer, begin die laaste verskriklike Oordeel dan alreeds vandag?”

[17] MOSES sê: “My aanklag bevind hom te alle tye in my hand; die toorn en die wraak lê egter in die hand van die almagtige Heer! Julle jongste dag het egter alreeds `n behoorlik stuk nader gekom; maar nou hang alles heeltemal slegs van die Heer af. Sê eers, of julle dit alles verstaan!”

[18] Toe sê `N BEJAARDE JUDEËR klappertand van angs: “O, groot profeet Moses, sê ons tog, of ons dan heeltemal reddeloos in die hel sal kom en of elke mens sy eie Laaste Oordeelsdag het!”

[19] MOSES antwoord: “Wat die hel betref, hoef julle by julle huidige lewenswyse heeltemal nie te vra of julle daarin sal kom nie; want julle manier van dink en handel was immers lankal sodanig, dat julle tot op hede in die hel was en julle het ook alles gedoen wat daar tuishoort. Julle kan daarom nie meer in die hel kom nie, omdat julle in wese alreeds daarin is.

[20] Wat die Laaste Oordeelsdag betref, sal julle na die aflegging van julle liggaam, in die ander wêreld net so goed `n Laaste Oordeelsdag hê soos wat julle in hierdie wêreld ook `n laaste en terselfdertyd laaste en oudste dag sal hê. Net, solank julle nog in hierdie wêreld lewe, kan julle, as julle dit wil, nog maklik `n uitweg uit die hel vind, want hier by julle sit die groot Leier en Verlosser, luister na Hom en doen wat Hy sê! - Ek het voor U gespreek, o Heer, en nou kan EliJaH in my plek die woord voer!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205