Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 6
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 101

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249.

Die Heer verklaar die geskiedenis van Daniël

101 Een van die twintig nuwe leerlinge, wat `n skrifgeleerde in die tempel was, sê toe: 'Heer, omdat alle dinge vir U bekend en moontlik is, kan U vir ons uit die profeet Daniël, en veral die sewende hoofstuk, iets uitlê! Hierdie merkwaardige siener gee weliswaar `n besondere uitleg aan sy visioen van die vier diere, - maar die uitleg is net so onduidelik en duister as die waargenome beeld wat die siener laat huiwer het. - Kan U ons oor die visioen `n nadere uitleg gee?'

[2] Ek sê: 'O, baie sekerlik; maar ook daarvoor is dit hier nie die beste plek nie, omdat hierdie mense oor ons Skrif weinig of selfs niks weet nie. Bowendien deurgrond julle self ook nog veels te min julle - sê maar - gees van die ander kant, en julle het daar nog te min één mee geword om insig te kan kry in die visioen van die siener Daniël, en om dit tot op die bodem te verstaan. Want al sou julle desnoods die twee eerste diere verstaan, dan sou julle tog die twee laastes nie kon verstaan nie, omdat hulle bestaan en hulle dade weggelê is vir toekomstige tye. Hoe sou mens nou aan julle verstand, wat nog slegs natuurlik is, iets duidelik kan uitlê wat nog nie op aarde voorgekom het nie, maar wat homself eers na talle eeue sal afspeel?!

[3] Ek kan julle maar net sê dat die vier merkwaardige diere nie moontlikerwys vier naasmekaar bestaande ryke voorstel nie, waarby uit die laaste dan nog tien koninkryke ontstaan ooreenkomstig die getal van die tien horings in wie se middel nog `n elfde ryk op die kop van die dier tevoorskyn gekom het, waarvoor daar drie van die vorige tien horings by die dier uitgeruk word. Maar die vier merkwaardige diere dui op vier groot na mekaar opvolgende bestaansperiodes van volke sedert die begin wat daar mense op hierdie aarde geleef het. Vir die ondersoek van hulle verlede is baie kronologiese kennis van die geskiedenis nodig en om hulle toekoms te deursien is `n volledige geopende geestesoog noodsaaklik wat in die lig van die lig en die lewe van die lewe verder kan sien as tyd en ruimte.

[4] Kyk, op die manier moet ook die laaste dier ystertande hê en alles om hom heen verswelg, en het die elfde horing oë soos mense oë, en `n mond wat belangrike dinge sê!

[5] Ja, Ek sê julle dat dit onvermydelik so sal kom; maar ook al sou Ek dit vir julle nou ook maar `n bietjie wil uitlê, dan sou julle van My uitleg net so weinig verstaan, as wat Daniël self in feite verstaan het van die uitleg wat die Gees hom gegee het.

[6] Daniel se vroom siel was wel baie geskik om die visioen asof in `n lewendige droom te sien, maar ook sy siel kon dit nie verstaan nie, want die Gees van die ander kant uit God kon nie één met hom word nie en dit is, omdat Ek nog nie liggaamlik aanwesig was om so `n algehele éénwording moontlik te maak nie. Hierdie algehele éénwording sal egter ook eers volledig moontlik wees wanneer Ek opgevaar het na My ou en daarna ook heeltemal nuwe vaderland.

[7] Daaruit kon julle nou wel duidelik die slotsom maak dat julle niks sou hê aan My verklaring oor die hele sewende hoofstuk van Daniël nie.'

[8] Nou sê Petrus: 'Maar Heer, as ons ooit weer eens heeltemal alleen bymekaar is, dan sal U ons daar wel enige wenke oor kan gee! Want ek sê nou self: die profete, en by name die vier grotes, soos Moses, EliJaH, Dawid en Salomo, het baie opgeskryf - maar vir wie? Buiten ons, het nog geen enkele skrifgeleerde, hoe wys ookal, dit behoorlik verstaan nie, ons verstaan ook maar baie min daarvan, en die wat na ons sal kom, sal dit beslis ook geen haar beter verstaan nie. En tog is die boeke vir mense en nie vir ander skepsele geskryf nie. Maar wat het die mense daaraan as hulle dit nooit as te nimmer behoorlik sal verstaan nie?'

[9] Ek sê: 'O, nou vergis jy jou deeglik! As die boeke oor die innerlike, geestelike wysheid so geskryf was dat dit vir elke natuurlike, wêreldse verstand al op die eerste oogopslag volkome begryplik sou wees, dan sou die mens hulle baie gou eenkant laat lê het en nie eens meer daarna gekyk het nie. Wat se nut sou dit dan hê?!

[10] Nou bevat dit egter geestelike dinge vir die eenvoudigste skepsel tot aan die hoogste hemels-goddelike en kan daarom nooit deur geen enkele natuurlike, wêreldse verstand volledig verstaan word nie, maar slegs deur die suiwere, volledig aan die ander kant aanwesige synde gees van die mens.

[11] Juis die nie-verstaan van hierdie geskrifte hou die gees in die mens wakker en laat hom sien wat en hoeveel daar nog te kort kom aan die eintlike lewensvervolmaking. Hy sal die geskrifte daarom dikwels ter hand neem en sy gedagtes daaroor laat gaan, waarby hom so nou en dan tog een en ander ietwat duideliker sal word. Wanneer hy so deur sy moeite en sy ywer `n glimp van die gees opgevang het, sal hy wel steeds yweriger gaan naspeur na die innerlike, geestelike waarhede en op die wyse steeds meer lig kry en ook `n meer inniger verbinding kry met sy innerlike gees aan die ander kant, en dan sal hy ook sy naaste meer lig kan gee, wat baie heilsaam vir hulle sal wees.

[12] Maar dit sal nooit gebeur as hierdie geskrifte slegs op suiwer natuurlike wyse gegee was nie; as dit so gegee was, sou daar niks geestelik en hemels-goddelik aan die woorde ten grondslag gelê het nie, soos wat Ek dit julle al meermale baie duidelik laat sien het.

[13] Wat sou julle daarvan sê as Ek julle meedeel dat dit oor ongeveer 2000 jaar vanaf nou gereken, met My leer in die algemeen nog baie slegter gestel sal wees as met die ergste heidendom van vandag, en nog erger sal wees as die domste wat die Fariseërs nou voorskryf in Jerusalem, en dat dit vanaf hede geen vyftig jaar meer sal bestaan nie?! Wat sal julle sê as Ek aan julle openbaar dat die mense in die tyd groot kunsmatige oë sal uitvind en maak, waarmee hulle in die diepste dieptes van die sterrehemel sal kan kyk, en baie ander berekeninge sal maak as wat die Egiptenare gedoen het?! Ja, die mense sal ysterweë aanlê en met stoom en vuur in ysterwaens ry so vinnig soos wat `n afgeskiete pyl deur die lug kan vlieg! Hulle sal mekaar met metaal vuurwapens beveg, en hulle briewe deur die bliksem oor die hele wêreld laat versprei, en hulle skepe sal sonder seile of roeirieme deur die krag van die vuur oor die groot wêreldsee vaar so gou en maklik soos wat die arend deur die lug vlieg; - en nog duisend en één ander dinge waarvan julle vir julleself geen voorstelling kan maak nie. 

[14] En kyk, dit lê alles verborge in die vierde dier, en dit kan nou nie deur julle verstaan word omdat julle ook nie wat Ek julle nou gesê het kan verstaan nie! Maar in die gees sal julle dit binnekort alles goed verstaan, maar ook julle sal niemand `n ander uitleg kan gee as dit wat Ek nou by hierdie geleentheid gegee het nie. Ek sal julle egter later by `n geskikte geleentheid tog nog ietwat meer daaroor sê. Vir vandag was dit genoeg gewees. Laat ons dus nou weer liggaamlike rus gaan neem!' 

[15] Daarmee word hierdie aand afgesluit en elkeen neem vir hom sy noodsaaklike rus, want dit was al vry laat. Slegs die vyf priesters en Jored het in `n ander kamer nog lank met mekaar oor al die gehoorde, gesiende en gebeurlikhede gepraat.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205