|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 6 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 68
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249. |
|
|
Die oorsaak van die vrees vir die dood
68 Die Heer: “Dat mense soos jy egter tot nou toe nog nie tot `n bepaalde bewussyn oor die voortlewe van die siel na die liggaamlike dood kon kom nie, daaroor het Ek jou die oorsaak reeds laat sien, en jy sal dit ook ingesien het; maar die vrees vir die liggaamlike dood lê eintlik nie soseer daarin dat jy nie bewus is van die lewe van jou siel na die aflegging van jou liggaam nie, maar veeleer in jou liefde vir die wêreld en in jou eieliefde. Deur beide soorte liefde word jou siel steeds verder met haar vlees vermeng, en die gevolg daarvan is dat sy haarself juis daardeur die gevoel van sterwe, vergaan en die einde steeds meer haar eie maak en moet oorgaan in allerlei angs en vrees.
[2] Sien, die oervaders van die mense van hierdie aarde het geen vrees vir die liggaamlike dood gehad nie, maar dikwels net `n verlange om bevry te word van die gebrekkig geworde liggaam! Hulle het weens hul lewenswandel, wat vir God welgevallig was, van tyd tot tyd helder blikke en gesigte gehad, sodat hulle in die hiernamaals kon sien en daardeur het hulle `n duidelike en ware bewussyn oor die lewe van die siel na die skeiding van die liggaam verkry.
[3] Maar in hierdie tyd is tog byna elke geloof aan God by die mense uitgeblus! Waar sou by die mense die heldere bewussyn van die lewe van die siel na die liggaamlike dood nog vandaan moes kom?!
[4] Ek sê vir jou: As mens aan die oorsprong van die lewe alreeds byna algemeen twyfel, is dit heeltemal nie te verwonder dat mens oor die verdere lewe van die eie siel na die liggaamlike dood groot twyfel het nie.
[5] Gaan maar na die Sadduseërs, dan sal jy ontdek dat hulle in die eerste plek mense is wat besonder materialisties is, en die wêreld en hulleself bo alles liefhet, ten tweede nie aan enige God glo nie, en daarom ten derde ook die onsterflikheid van die menslike siel volledig ontken en elkeen as dwaas uitmaak wat ook maar enigsins glo aan die onsterflikheid van die menslike siel, wat volgens hulle niks anders is as `n waansinnige fantasiebeeld van `n swaksinnige mens nie, wat dit selfs deur leë praatjies wil bewys.
[6] Kyk verder na die egte sinici, studente van die wysgerige Griek Diogenes! Dat hulle selfs ware vyande van die lewe is, en hulle verwens enige krag wat hulle sonder hul toestemming in die lewe geroep het. Hulle lewe weliswaar baie sedelik en nugter, en verag alle luukshede, ja selfs die minste lewensgerief. Vir hulle is die grootste weldaad die dood, waarna hulle geen lewe meer verwag nie, maar totaal niks, waarna hulle baie verlang.
[7] Daarenteen kan jy weer in Indië tot vandag toe nog mense vind wat met die siele van gestorwe mense net so omgaan as met die lewendes, en met hulle oor allerlei geheime sake spreek. Hierdie mense het ook geen greintjie angs vir die liggaamlike dood nie, - inteendeel, die sterfdag van `n mens is by hulle `n ware jubeldag en die geboorte van `n kind wat in die wêreld kom, `n egte treurige dag.
[8] Sien, so is die mense, ten opsigte van jou vraag, baie verskillend! Waarvoor die een volk dikwels baie bang is, daarvoor het `n ander volk, selfs by die mees verskillende leerstellinge en verwagtinge, nie die minste vrees en angs nie. Die Judeërs is egter die meeste bang vir die liggaamlike dood, en die rede daarvoor is juis hul groot liefde vir die wêreld en hul sinlike begeerte. Wie dit so sorgvuldig koester soos die Judeërs, moet mettertyd al die hoëre insig verloor het; want niks skaad die regte, lewende geloofsinsig so veel as juis ontug, allerlei geilheid en liggaamlike hoerery, wat alreeds lankal by die Judeërs baie erger algemeen gebruiklik is as by die duisterste heidene. Hierdie sonde verstik die siel letterlik in die modder van die vlees en dood selfs die vlees. As dit so is, waar moet so `n siel dan die helder lewensbewussyn vandaan neem?!
[9] Nou is jy vir My weliswaar `n mens wat baie aangenaam is, en Ek sal op die regte tyd wel weer die lewensbewussyn in jou siel lê; maar in jou jong jare het jy jou vleeslike luste baie gekoester, en sien, juis daar lê by jou dan ook vernaamlik die rede waarom jy ondanks al jou vrae en soeke tot op hede nog steeds nie die ware onfeilbare lig gevind het nie! Deur jou huidige kuiser lewe sal jy ook weldra tot meer innerlike lewensinsig kom en dan nie meer sulke vrae stel soos wat jy nou gedoen het nie. - Het jy My nou goed verstaan?”
[10] Die herbergier sê: “O ja, maar al te goed het ek U verstaan, en ek sê nou met die Romeine: Hinc ergo illae lacrimae!* Ja, ja, Heer, Alwetende, my jeugsondes het baie van die lewenskrag van my siel verbruik, en noudat ek ouer geword het, merk ek baie sterk dat hulle afgeneem het. Dit is hier maar net die vraag hoe dit nou weer enigermate herstel kan word.” *(Daarom dus daardie trane!)
[11] EK sê: “Solank `n mens op hierdie aarde leef en `n volkome, lewenskragtige ernstige wil het, is dit alles nog baie goed moontlik, waarvan Dawid jou `n lewende en konkrete voorbeeld gegee het; want ook hy het in `n periode, wat vir julle nie onbekend is nie, baie gesondig op die gebied van die liggaamlike begeerte. Maar hy het hom daarna ook betyds laat vermaan, en uit liefde tot God nie meer gesondig nie en het daardeur `n man na God se hart geword. Want waarlik, Ek sê vir jou, dat in die hemel meer vreugde is oor één sondaar wat sy sondes as sodanig erken, verafsku, waarlik berou daaroor het, en op `n korrekte en verstandige wyse boete doen en hom grondig verbeter en nie meer sondig nie, as oor nege-en-negentig regverdiges wat nooit hoef boete te doen nie! Of is dit by die mense ook nie so dat `n mens oor iets, hoe onbeduidend ook, wat hy verloor en dan gelukkig weer gevind het, meer vreugde het as oor sy groot skatte, wat hy nooit verloor het nie?! Sien, net so gaan dit ook by God, en as dit nie so was nie, dan sou jy My waarlik nou nie in jou herberg as jou gas gehad het nie!
[12] Dit is wel waar dat jou jeugsondes jou baie geskaad het, sowel jou liggaam as daardeur ook jou siel; maar omdat jy dit erken het en jou heeltemal afgewend het van die sonde, het Ek ook by jou in jou huis gekom om jou volledig van al jou kwale te genees.
[13] Waar Ek egter eenmaal ingetrek het, is ook die volkome vergewing van alle sondes, en het die lig en die ewige lewe self ingetrek. Ek kan daarom aan jou sê dat jou huis en jy self nou `n groot heil ervaar het, en die gevolge sal dit beter aan jou duidelik maak as Ek nou Self; want Ek het aan jou nou net die leer en die belofte gegee, maar eers in die vervulling daarvan sal jy die volheid van die waarheid in jouself gewaar.”
|
|
|
|
|