Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 6
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 28

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249.

Tyd en ruimte

28 Die Heer: “Sien, `n halfjaar gelede het Ek jou siel in `n toestand gebring waardeur jy verplaas was na `n baie ver verwyderde sonnewêreld, soos wat Ek daarna sulke tekens ook by ander geleenthede en op ander plekke gedoen het, wat al My studente hier as waarheid kan bevestig. Vervolgens was jy by Markus self daarby toe die engel die kosbare glasligbol uit die baie ver binneland van Afrika gaan haal het.

[2] Sien, as `n pyl met topsnelheid hierdie aarde sou verlaat, dan sou jy, hoewel jy baie goed kan reken, geen getal kan vind wat groot genoeg is om die aantal aardse jare aan te gee wat die pyl nodig sou hê om die sonnewêreld te bereik nie, - en tog het jou oortog geen tyd geneem nie! Dus het jy toe met die aardse ruimte niks te doen gehad nie en was jy dus, wat jou lewende siel betref, beslis buite tyd en ruimte!

[3] Om van Markus na Afrika te kom, sou jy oor `n goed gebaande weg selfs meer as twee volle jare te voet onderweg wees om daar te kom waar die engel die verligte klip gaan haal het. Hy was op dieselfde oomblik dat hy gegaan het, weer terug. Kon tyd en ruimte dan toe iets vir hom beteken het?!

[4] En verder! Stel jou eers die supersnelle beweging van `n aardse voorwerp voor, wat byvoorbeeld die afstand van hierdie aarde tot aan die bepaalde sonnewêreld in `n oogwink aflê, dan sou `n gees in een en dieselfde oomblik `n duisend maal groter afstand tallose kere kan oorbrug; Ek sê tallose kere, omdat jy geen getal ken wat die groot aantal kere heen en terug kan weergee nie.

[5] Daaruit volg egter dat selfs die grootste bewegingsnelheid op hierdie aarde in geen enkele verhouding staan met die geestelike bewegingsnelheid nie. Daarom is die aards-materiële iets op sy eie en alles wat geestelik is, ook iets op hul eie. Beide het net ooreenstemmende betrekkinge met mekaar, maar in wese is hulle eindeloos verskillend.

[6] Die verskil tussen alles wat aards en alles wat geestelik is, wat jy nou baie duidelik sou waargeneem het, bestaan ook op gelyke wyse tussen alles wat hulle hier op hierdie aarde aan jou as tasbaar, voelbaar, hoorbaar en sigbaar voordoen.

[7] Met betrekking tot die feit dat die geestelike beweging geen rekening hou met die ruimte nie, kan Ek aan jou nog die snelheid van die gedagtes van jou siel as goeie voorbeeld gee. Sien, dink nou aan Rome, waar jy alreeds was, en waarvan jy wel weet hoe ver dit hiervandaan is, en ook hoe die groot heidense stad daar uitsien! Met jou gedagte is jy alreeds dadelik in Rome en sien jy in `n sekere sin die stad, sy pleine, stegies en strate en omliggende streke. Jou gedagte het, om in Rome te kom, dus ook geen tyd nodig gehad nie, omdat ruimte geen rol daarby gespeel het nie!

[8] Daaruit kan jy nogmaals met sekerheid vasstel dat jou siel hom as geestelike wese met wat hy doen ook buite tyd en ruimte bevind, en ook kan jy jouself in gedagte met dieselfde snelheid na die bekende ster verplaas, en weer terug, terwyl jy ook nie meer tyd nodig sal hê om die ontsettende groot ruimte te oorbrug nie.

[9] Nou sal jy tog wel insien dat daar vir die suiwer gees nòg tyd, nòg ruimte kan wees nie!

[10] God se Gees en alle engele bestaan weliswaar ook in die oneindige ruimte en bly aldeur bestaan deur die hele ewige verloop van die tye; want daarsonder sou daar geen skepsele wees nie, en sou daar ook geen aardse ruimte wees nie, nòg aardse tyd. Maar hierdie suiwer geestelike magte en hoogste intelligensies staan in alles eindeloos ver bo tyd en ruimte.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205