Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 6
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 161

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249.

Die gee van `n voorbeeld as beste les en vermaning. Waar erns en dreiging op hulle plek is

161 (Die Heer:) 'Vir elkeen wat uit My mond die weë van die lig en die lewe ken, geld egter dat hy suiwer voor God moet staan en geen oordeel moet vel oor sy naaste nie! Wie dit doen, doen alles en gee deur sy voorbeeld sy broer die beste en doeltreffendste onderrig.

[2] As jou broer jou goed en edel sien handel, sal hy weldra na jou toe kom en jou vra: 'Waarom doen jy dit eintlik?' En jy sal hom dan na waarheid vertel waarom, en sê: 'Gaan en doen dit ook, dan sal jy lewe!' En kyk, hy sal gaan en weldra begin te doen wat hy jou sien doen het! As jy hom egter sy foute gaan voorhou en hom eers daarna vertel hoe hy hom in die vervolg moet gedra, sal hy kwaad word en jou vra: 'Wie gee jou die reg om oor my te oordeel? Kyk na jouself, ek kan goed vir myself sorg!

[3] Daarom sê Ek vir elkeen: Laat goeie werke die leer voorafgaan, dan kan die mense die vinnigste sien dat julle waaragtig My leerlinge is! Wees selfs vir julle vyande goed, dan sal julle gloeiende kole op hulle hoofde stapel!

[4] Neem almal van My `n voorbeeld! Want Ek Self is van ganser harte deemoedig en sagmoedig, en oordeel niemand nie en verdoem niemand nie; maar elkeen wat vermoeid is en onder allerlei kwale gebuk gaan, moet na My toe kom, dan sal Ek hom verkwik! (Matthéüs 11:28)

[5] Soos wat Ek Self teenoor alle mense is, moet julle ook wees! Of kan julle, My eerste leerlinge, van My sê dat Ek hard en wreed was teen oerslegte mense, waar dit buite hulle beheer was, en wat na toe My gebring was?

[6] Slegs `n geringe aantal mense wat vóór die tyd van bo af bepaal is en opsetlik kwaadaardig vir My en vir julle wil vernietig, kry die vuur van My regverdige toorn te verduur. Ook daarmee gee Ek `n voorbeeld wat julle by voorkomende, soortgelyke gevalle kan navolg; want aan krag daarvoor sal dit julle nie ontbreek nie. Maar voordat julle streng gaan optree, moet julle geen enkele milde manier onbeproef laat nie. Strengheid moet slegs gebruik word as die mense julle moedswillig boosaardig bejeën, julle vervolg en van geen versoenende woord wil weet nie.

[7] Gee `n streng vermaning aan diegene wat julle om My Naam ontwil sal vervolg, vir `n beloning van die hoëpriesters en hulle trawante! As hulle na julle vermaning luister, laat hulle dan in vrede gaan; as hulle egter na driemaal se vermaning niks wil hoor nie, dreig hulle dan ernstig! Luister hulle ook glad nie na die dreigement nie, bring dan die dreigement ten uitvoer, as waarskuwende voorbeeld vir almal wat hulle voorgeneem het om julle, ter wille van aardse gewin, hardnekkig te agtervolg! Maar dit is ook die enigste geval waarin julle streng moet optree.'

[8] Petrus sê: 'Heer, wat moet ons dan aanvang met iemand wat die moeite sou doen om ons deur leuens en vleiende woorde te verlei? Die bose opset sou ons natuurlik dadelik goed deursien, maar as ons dit deursien het en die persoon hou aan en hy ons tog, ondanks alle plegtige versekeringe, bly verlei, - wat moet ons dan met so iemand doen?'

[9] Ek sê: 'Maar kan julle nog steeds nie so ver dink en deur vergelyking tot die slotsom kom dat dit nie gaan oor die middel nie, maar oor die doel wat mens deur die middel bereik, en op watter wyse jy dit dan ook by iemand wil bereik? Of iemand wat swaard, lans, kettings of met leuenagtige, vleiende praatjies iets wil bereik, maak nie saak nie; luister hy nie na julle herhaalde waarskuwings nie, dan moet hy bedreig word, en luister hy ook nie na die bedreiging nie, dan moet dit aan hom voltrek word! Ek dink dat julle nou goed sal kan insien hoe en wanneer daar in die ware sin van die woord met alle erns opgetree moet word.

[10] Maar daarby moet daar nog met die volgende rekening gehou word, naamlik: Wanneer elkeen se tyd sal aanbreek, soos wat My tyd binnekort sal aanbreek, tel die eie erns nie meer nie, maar dan moet `n mens hom die erns van God laat welgeval, as mens geestelik tot God wil kom.'


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205