|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 6 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 82
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249. |
|
|
Die studente en die streng tollenaar
82 Daarop het sommige van die ou studente opgestaan, na die stad gegaan en het gou `n bakkerswinkel gevind en vir tien pennings brood en vir vier pennings gebraaide vis gekoop. Toe hulle met hierdie inkopies uit die stad uitgegaan het, het `n tollenaar hulle ontmoet, wat hulle opgehou en gevra het wie daar soveel brood en vis nodig gehad het.
[2] Maar hulle (die ou studente) sê: “Ons Majesteit en Heer wil dit so hê, en daarom doen ons dit ook so!”
[3] Toe het die tollenaar verder gevra: “Wel, wie is dan julle Majesteit en Heer, en wat is sy beroep?”
[4] Die studente het geantwoord: “Gaan maar self na Hom en vra Hom, - Hy sal dit wel aan u sê, as Hy dit wil. Maar Hy staan nie dadelik elkeen te woord nie! Daar, `n paar honderd treë langs die oewer van die rivier, rus Hy met die ander studente. Gaan self en praat met Hom Self!”
[5] Die tollenaar sê: “Waarom soek julle dan nie hier verblyf in `n herberg nie? Daar is immers verskeie daarvan in ons nie so klein stadjie nie!”
[6] Weer het die studente geantwoord: “Gaan na Hom, en Hy sal dit aan u sê, want ons weet self nie wat Hy hier alles wil doen nie!”
[7] Toe het die tollenaar gesê: “Ja, dan moet ek self wel gaan en by Hom navraag gaan doen hoe dit met julle gesteld is! Want by ons word `n streng orde gehandhaaf, en ons moet weet watter vreemdelinge hulle in die nabyheid van ons stad bevind.”
[8] Daarop het die tollenaar saam met die studente na My toe gekom en toe hy by ons aangekom het, het hy dadelik heel streng en ernstig soos `n regter gevra: “Wie van u is die Majesteit en die Heer?”
[9] EK sê: “Ek is Hy! Wat wil u van My en My studente hê?”
[10] Die tollenaar sê: “U is vreemdelinge, en ons kan hulle nie in die omgewing van ons ryk stad duld as hulle nie presies vertel wie hulle is en waar hulle vandaan kom nie!”
[11] EK sê: “Ek ken u wette en regte beter as u, wat as suiwer tollenaar heeltemal geen reg het ons te vra wie ons is en waar ons vandaan kom nie! Sien, ons bevind ons nog op meer as sewehonderd treë van die poort van die stad, en hierdie plek, wat ons nou beset het, is volgens u gemeentewette van oudsher reeds bestem vir vreemdelinge, en dus is ons volgens u eie wette hier op hierdie plek vry, en dus ook aan niemand enige uitleg en antwoord verskuldig nie! Maar u beter self nou vinnig na u huis teruggaan, andersins sterf u oudste seun wat alreeds sewe jaar siek is, nog voordat u tuis is!”
[12] Daarop het die tollenaar uiters verbaas opgekyk. Sy oë het groot geword van verbasing en hy het aan My gevra van wie Ek dit sou geweet het. En as Ek dit tog so presies geweet het, dan het Ek miskien ook wel geweet dat sy seun nie meer gehelp kon word nie.
[13] EK sê: “O ja, dit sou Ek wel weet en Ek sou hom selfs kon help, - ook nog as hy alreeds dood sou wees; maar dan sou u tesame met u hele huis `n sterker geloof in die enigste, ware God moet hê as wat u nou het!”
[14] Toe het die tollenaar My weemoedig en vriendelik aangekyk en gesê: “Heer en Majesteit, soos wat hulle U noem wat by U is! Sien, ek het self `n groot herberg, kom met my saam met al U metgeselle, en woon in my huis! Niemand van u sal iets tekort kom nie - ook al wil u `n volle jaar by my bly, - en as U my seun genees, wil ek U ook goud en silwer gee, soveel U maar ooit sou wou hê; want ek is baie ryk aan allerlei aardse goedere en sou vir die genesing van my geliefde seun graag meer as die helfte daarvan wil gee. Wil U saam na my huis toe kom?”
[15] EK sê: “As u glo, sal dit vir u ook moontlik wees om iets van die groot Mag en Glansrykheid van God waar te neem! Maar gaan u nou net alleen na u huis, dan sal Ek later saam met My mense kom! Want ons wil nou eers `n spaarsame maal nuttig omdat ons vandag die hele dag tydens die vermoeiende reis nog niks geëet het nie.”
[16] Toe sê die tollenaar: “Maar Majesteit en Heer! In my huis sal u almal beslis beter bedien word as met hierdie paar brode en visse; wat u vir hierdie brode betaal het, wil ek u duisendvoudig vergoed!”
[17] EK sê: “Gaan nou na u huis, omdat Ek dit so wil hê, en u seun sal lewe! Ons sal egter oor `n uur volg.”
|
|
|
|
|