|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 6 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 242
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249. |
|
|
Drie gelykenisse oor die barmhartigheid van God. Die geheim van die liefde
242 (Die Heer:) 'Waar vind jy `n man, wat honderd skape het en as hy één daarvan verloor, nie dadelik die nege-en-negentig in die woestyn sal agterlaat en op die pad sal gaan na die verlore skaap en so lank na hom sal soek totdat hy hom terugvind, en, as hy hom gevind het, dit op sy skouers neem van vreugde? En as hy dan tuiskom, sal hy al sy bure na hom uitnooi en sê: 'Wees bly saam met my, want ek het my skaap wat verlore was, teruggevind en ek gee `n feesmaal!'
[2] En Ek sê julle: So sal daar ook meer vreugde wees oor één sondaar wat verlore was, wanneer hy hom egter verbeter het, as oor nege-en-negentig regverdiges wat nooit boete hoef te doen nie! (Lukas15, 3-7)
[3] Of watter vrou, wat tien stuiwers het en één daarvan verloor, sal dan nie dadelik `n lig aansteek, die hele huis op sy kop keer en bly soek tot sy die verlore stuiwer gevind het nie? En as sy die verlore stuiwer teruggevind het, sal sy dan nie haar vriendinne en buurvroue bymekaar roep nie en sê: 'Wees bly saam met my, want ek het my stuiwer gevind, wat ek verloor het!'?
[4] En Ek sê: So sal daar ook in die hemel by die engele van God `n groot vreugde wees oor één sondaar wat verlore was, maar deur ware en ernstige boetedoening homself weer vir die hemel laat vind het! (Lukas 18, 8-11)
[5] Luister nou verder na `n beeld wat ook baie veelseggend is! Daar was eens `n baie aansienlike en buitengewone ryk man, wat twee seuns gehad het. En die jongste seun gaan na sy vader en sê vir hom: 'Gee my die deel of die waarde van my goedere wat my as erfgenaam toekom; want ek wil weggaan en my geluk in die wêreld beproef!' Die vader verdeel die goed van die seuns en gee die jongere sy deel.
[6] Baie gou daarna versamel die jongste al sy besittings en gaan weg na `n ver land. Toe hy `n plek vind wat hom aanstaan, verkwis hy al sy geld daar. Nadat hy baie gou deur al sy besittings gejaag het, kom daar `n groot skaarste in die land en hy begin gebrek te ly. Daarop gaan hy na `n burger van die land en vra hom vir werk, en die stuur hom na sy akker om sy varke op te pas. Na `n paar dae van varke oppas, kry hy egter `n groot honger en wou sy buik vul met die peule wat die varke eet, maar niemand gee vir hom daarvan nie.
[7] Omdat hy egter so `n honger gehad het en hom, toe die nood die hoogste was, slegs met wortels en gras gevoed het, kom hy eindelik tot homself en sê in sy gedagtes: 'Hoeveel dagloners het my vader tuis wat brood in oorvloed het en ek vergaan van die honger! Ek sal egter op die pad na my vader gaan en vir hom sê: 'Vader, ek het gesondig in die hemel en voor u! Ek is voortaan nie meer werd dat ek u seun is nie; maar neem my aan as een van u minste dagloners!' (Jeremia 3:12 en Psalm 51:6)
[8] En so gaan die seun op die pad en reis na sy vader. Op `n groot afstand sien die vader die seun al aankom, en hy kry medelye met hom. Daarom loop hy hom met oop arms tegemoet, val hom om die hals en kus hom. Die seun sê egter vir hom: 'Vader, ek het in die hemel en voor u gesondig; ek is in die vervolg nie meer werd dat ek u seun genoem word nie!' Maar die vader sê vir sy knegte: 'Bring dadelik die beste gewaad en trek dit vir hom aan, en gee hom `n ring aan sy vinger en trek vir hom skoene aan! En bring `n gemeste kalf, slag dit en laat ons eet en vrolik wees! Want hy, my seun, was dood en het weer lewend geword, hy was verlore en is gevind! Laat ons nou dus sing en vrolik wees!'
[9] Maar die oudste seun was op die veld, en toe hy na die huis terug kom, hoor hy `n gesing en gedans. En hy roep een van die knegte na hom toe en vra hom wat dit was. Die kneg sê vir hom: 'U broer het gekom, en u vader het vir hom `n gemeste kalf geslag omdat hy sy verlore seun weer gesond terug het.' Toe word die oudste seun kwaad en wou nie na binne gaan nie. Die vader gaan egter na buite en vra hom dringend. Maar die oudste seun sê vir sy vader: 'Kyk, ek dien u soveel jaar en het nooit u gebod oortree nie, en u het my nooit ook maar `n bok gegee om daarmee met my vriende `n slag fees te vier nie! Maar noudat hierdie seun van u gekom het, wat sy besit met hoere deurgebring het, nou het u vir hom `n gemeste kalf geslag!'- 'My seun, jy is altyd by my', praat die vader, 'en alles wat myne is, is ook joune! Daarom moet jy nou ook vrolik wees, want hierdie broer van jou was dood en is weer lewend, en hy was verlore en is teruggevind!' Toe gaan die oudste broer ook na binne en was baie bly oor sy jongste broer. (Lukas l5:11-32)
[10] Kyk, hierdie beelde sê vir julle alles wat diegene nodig het wat met hulle liefhebbende hart na die Vader in die hemel kyk; hy wat egter maar net wys is, voel nie die groot behoefte van die liefde in die Vader nie.
[11] Dawid, die man na God se hart, het ook twee seuns gehad wat hy besonder liefgehad het. Wat sou Dawid, ondanks die feit dat Absalom hom vervolg het en hom met alle middele wou oorwin, nie wou gegee het aan hulle wat aan hom sy baie geliefde seun lewend sou teruggebring het nie! Salomo was wel die wysheid self en steeds by Dawid, maar Dawid se liefde en toegeneentheid het na Absalom uitgegaan.
[12] O beste mense, die beeld sê oneindig baie! Wat `n vreugde sal Dawid se hart nie voel wanneer sy verlore Absalom hom eens weer lewend tegemoet sal kom nie!
[13] In die liefde lê nog baie verborge wat geen wysheid deurgrond het nie; daarom is die Vader, as die ewige Liefde, ook groter as die Seun, wat as Haar lig hier voor julle staan.
[14] Daarom sê Ek: Baie is selfs vir die meeste wyse mense onmoontlik, wat by God in Sy liefde tog alles moontlik is! - Glo julle dit van My?'
[15] Lasarus sê vol blydskap: 'Heer, ons dank U baie innig vir hierdie mededeling; want wie nie met sewevoudige duisternis van sy siel en sy hele gemoed geslaan is nie, moet tog wel sonder meer verstaan wat U daarmee aangedui het. Ek het U in elk geval baie duidelik verstaan, en dit sal wel by baie die geval wees.'
[16] Ook bykans almal wat hier aanwesig was, sê dat hulle die gesproke woord goed verstaan het.
|
|
|
|
|