Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 6
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 108

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249.

Die ateïstiese toespraak van die welsprekende vrou van die priester

108 Die priesters en hulle vroue groet ons en maak voor My `n diep buiging, en Jored wys hulle dadelik `n plek aan ons tafel aan en plaas brood en wyn voor hulle. Toe hulle uit beleefdheid ietwat brood en wyn geneem het, begin die vroue baie gou hardop met almal te praat, by name die besondere intelligente, wysgerige vrou van die Minerva-priester. Reg teenoor hierdie vrou sit die Judees-Griekse skrifgeleerde, wat ongeduldig wag om met die vrou `n gesprek te begin; want sy praat nou oor heel ander, onbelangrike dinge. 

[2] Eers na ongeveer `n uur gaan die gesprek oor na `n belangriker onderwerp, naamlik die orakel van Delphi en die van oudsher bestaande wêreldorakel te Dodona. Eers by hierdie geleentheid kry ons skrifgeleerde `n moontlikheid om met die vrou `n gesprek te begin, waaroor hy hom opwen omdat hy so lank op die oomblik moes wag.

[3] Maar meer intenser breek die bui nou los. Die vrou beweer naamlik, dat hierdie institute nog steeds vir die gewone volk `n groot weldaad was, omdat die mense juis daardeur nog die meeste by die dom geloof aan `n voortlewe van die siele na die dood gebly het. Want daar kry die dom, swaksinnige mense nog steeds `n baie goeie, en deur die ou geloof geoutoriseerde, geleentheid om vir `n klein offer met hulle gestorwe vriende te praat, en dit was en bly steeds waar, omdat mens die mense tot op hede nog niks beter kon aanbied nie. 

[4] Aan die stoïsynse waarheid, wat deur alle ervaringe bevestig word, en wat vir hulle die enigste erkende was, het die onopgevoede volk weinig, en daarom was dit ook goed dat hierdie waarheid slegs aan die priesters toevertrou was, sodat dit wys sou wees om daardeur allerlei beter vrome bedrieëry vir die volk te kon bedink, waardeur die volk tydens sy kort lewensduur volkome geseënd gemaak kon word. Die geluk was natuurlik nooit vir die priesters weggelê nie, daarom het hulle offers nodig gehad om hulle lewe, wat origens treurig en ellendig was, beter te kon verdra, en hulle moes hulle troos met die gedagte aan die komende non-bestaan, wat geen gevoel, pyn en sorg sou ken nie.

[5] 'Ek sê nie', praat die priesteres verder, 'dat daar vir die goeie niks beter gegee sou kon word nie; maar solank dit nie gebeur het nie, was die bestaande nog altyd verreweg die beste. Die egte wysheid leer ons mense, deur doelmatige, maar steeds geheim gehoue middele om die mensdom in sy algemeenheid so goed moontlik te verdra, in `n gelukkige lewenstoestand te bring en te hou. Eers daardeur kry die mens sy sedelike waarde en is hy in staat om `n bruikbare lid van die menslike maatskappy te word. Daarom kan die priesterstand, wat ook op homself beklaens­waardig is, en wat insig het in die suiwere, maar baie treurige waarheid, nooit genoeg deur alle leke gewaardeer word nie, want al die wel en weë van die mensdom hang enkel en alleen af van die opofferende priesterstand.

[6] Veronderstel eers dat alle priesters en priesteresse op `n keer teen die volk sou saamsweer en die volle, suiwer waarheid sou praat en die hele gedoe van die vrome bedrog sou onthul. Dit sou sekerlik die verskriklikste chaos onder die mense veroorsaak. Niks sou vir die mense dan nog heilig wees nie, en die sterkere sou die swakkere soos `n wilde dier aanval en verskeur, ja, mense sal die pasgebore kinders slag en as voedsel vir die honde gee. Kort en klaar, die mens sou baie gou sy eie vyand word en `n vreeslike vyand van alle hele lewe word, iets wat ons in feite ook vir onsself en onder mekaar volgens waarheid weet.  

[7] Want ons ken geen God nie - behalwe die God wat uit ons fantasie voortkom. Ons weet wel iets, naamlik dat daar geheime kragte in die groot natuur is waaronder deur talle, verskillende, toevallig optredende omstandighede ook die mens sy treurige bestaan te danke het, maar hierdie kragte is net so min bepaalde intelligensies en van homself bewuste godhede, as dat die water `n godheid sou wees, omdat dit deur sy volkome stomme, blinde swaartekrag steeds na benede stroom, wat ou ervaring geleer het, omdat mens nog nooit `n stroom teen `n berg na bo sien stroom en kabbel het nie. Daarom is duisend gode en die grootste bygeloof onnoemlik baie heilsamer en nuttiger vir `n mens as watter suiwer waarheid dan ook. Wel, wat gee die geloof wat `n mens van die wieg tot die graf gehad het, as dat die geloof hom maar `n duidelike versekering gee vir eendragtelike en voortdurende lewe van die siel na die liggaamlike dood? 

[8] Wat kan `n dom yweraar van die waarheid teen ons inbring as ons sê: 'Vir die mense is elke godeleer goed as hulle dan ook in `n hoër goddelike wese glo wat hulle volledig die versekering kan gee van `n ewige lewe van die siel na die dood!'? Op sigself is elke godeleer vals en ongeloofbaar, slegs die sedelike wette wat daarvan afgelei is, is goed. Daar het egter ook - as daar `n lewe na die dood is - nog nooit `n mens teruggekom om ons priesters ter verantwoording te roep en uiteindelik te sê: 'O julle gemene booswigte, waarom het julle my tog op so `n skandelike wyse bedrieg met sulke kolossale leuens en met valse leerstellinge?' 

[9] Helaas, as daar `n lewe van die siel na die dood sou wees, dan sou sulke siele, wat so baie deur ons bedrieg is, hulle al baie lankal sigbaar en geloofwaardig op ons gewreek het, of hulle sou ons, in ons ellende gesien, `n nadere uitleg oor God en oor die lewe van die siel na die liggaamlike dood gegee het! Maar omdat daar na die dood van die mens, net soos van elke dier, geen lewe meer is en kan wees nie, daarom kom daar ook geen gees meer te voorskyn om hom op ons te wreek nie, omdat ons hom in hierdie wêreld so baie belieg en bedrieg het, en ons sal ook beslis geen onnodige bekommernis daaroor hê nie.

[10] Mense het hier op hierdie aarde, na gelang van die klimatologiese bodem- en wateromstandighede, verskillende talente en eienskappe. Die een is reusagtig sterk, die ander is so swak soos `n vlieg. Die een het `n skerp verstand, en `n ander is daarby vergeleke so dom soos die nag. Die een het die skerp blik van `n arend en sy naaste is blind. Die een het, danksy sy groot skerpsinnigheid `n ongelooflike opmerkings- en kombinasievermoë, dring maklik deur in alle dieptes van die werking van die geheime natuurkragte, en is weldra in staat om dit op klein of groot skaal na te boots, en ander mense wat die eienskappe nie het nie, verbaas hulle oor hom en sien hom haas vir `n God aan. Ander kan weer duisend jaar lank die altyd aktiewe en besige natuur bestudeer, sonder om iets te vind, en hy vind ook niks uit nie, hoewel hulle tog ook mense is.

[11] Maar ondanks al die buitengewone wonderbaarlike eienskappe waarmee die mens so dikwels op hierdie aarde begiftig was, moes hy uiteindelik tog sterwe, en geen sterfling het ooit weer iets van hulle gesien nie. En daarom sê ons, hoewel ons julle wonderbaarlike gawe, wat bykans nog nooit met die krag voorgekom het nie, in `n baie hoë mate bewonder, dat ook julle almal, net soos ons, net so sal verdwyn van hierdie aarde as al julle groot voorgangers. Slegs hulle verskillende leerstellings en hulle dade en werke het nog by hulle volgelinge in herinnering gebly, en dit sal met verloop van tyd ook met julle die geval wees, waaraan julle natuurlik niks het nie omdat julle, as julle nie meer bestaan nie, ook niks meer nodig sal hê nie. 

[12] Dit is tot op hede ons opvatting oor die bestaan en oor die bestemming van die mens, wat deur die ervaring van alle volke van die aarde goed gefundeerd is en tot op hede die enigste ware een is. Dat daar buite hierdie enigste ware lewensbeskouing by alle volke nog `n aantal pragtige fantasieë bestaan oor `n ewige lewensbestemming van die mensesiele na die liggaamlike dood, weet ons baie goed; maar wat staan vir hulle waarheid in? Dalk die beelde uit die drome van die mense, of die spoke van `n koorsagtige verhitte fantasie? O, dit is alles slegs produkte van die verskillende lewenstadia van die mens, solank sy hart klop! As dit nie meer klop nie, het ook die drome en koorsverhitte spoke opgehou, en hiermee die bestaan van die mens en sy verwagtinge, wat dikwels so mooi is! - Ek het nou gepraat, neem U nou die woord, meester uit die ryk van die gode, en gee ons iets beter!'

[13] Tydens hierdie taamlik uitgebreide, suiwer ateïstiese toespraak van die priesteres word die skrifgeleerde al behoorlik kwaad, omdat hy die steeds maar deurgaande logika van die priesteres nêrens kon onderbreek om haar die mond te snoer nie. Maar nou kom vir hom die lank verwagte oomblik, en hy haal so diep moontlik asem om kort en kragtig baie swaarwegende teenargumente op die priesteres af te vuur.

[14] Eers toe hy met sy asem in die reine was, sê hy met `n veelbetekenende blik: 'Luister, ontsettend lewenslose en godlose Minerva van `n priesteres! Het jy as besondere wyse, heidense vrou, die Romeinse spreekwoord nooit gehoor nie wat lui: 'Quod licet lovi, non licet bovi!'?* *(Wat Jupiter mag doen, is aan geen os toegestaan nie)

[15] Vinnig sê die priesteres: 'Beste vriend, het dit betrekking op my of op jou? In die huidige situasie skyn dit werklik meer op jou betrekking te hê as op my, want ek het nooit daaraan gedink om iemand met onsorgvuldige verkose, ongekontroleerde woorde te beledig nie, - wat egter nou by jou juis die geval skyn te wees. As daar `n Jupiter bestaan, dan sal hy wel daarvoor sorg dat `n os hom nie namaak nie; maar as daar geen Jupiter is nie, staan die os, omdat dit in elk geval wel daar is, duidelik hoër as die nonbestaande god. Helaas vriend, as jou hele wysheid bestaan uit sulke tot nog toe heel ontoepaslike sinspreuke, dan sal ek graag jou leraars wil leer ken! Die sal bepaald nie in die daglig esteties daar uitsien nie! Kan jy my miskien nog meer van sulke spreuke laat hoor?'


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205