Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 6
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 195

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249.

Die dertig Romeine soek die Heer

195 Toe beide dit hoor, gaan hulle onmiddellik weer die huis binne en doen alles soos wat Ek gesê het. Hulle was egter nog maar nouliks in die huis, toe daar al `n aantal Romeine na buite kom en met volle teue die pragtige uitsig vanaf hierdie berg geniet.

[2] Een van hulle gaan na `n leerling toe en vra hom of hy gedurende die nag in hierdie herberg was, en die ander wat by hom was, miskien ook.

[3] Maar die leerling wys na My en sê: 'Hy daar is ook u taal magtig, gaan maar en praat met Hom!'

[4] As Romein, wat ook `n bietjie Hebreeus verstaan het, verstaan hy dit en hy kom dadelik na My toe en vra My dieselfde wat hy aan die leerling gevra het.

[5] En Ek sê vir hom: 'Waarom vra u dit aan ons? Ons het u tog ook nie gevra of u die nag in hierdie herberg deurgebring het nie! Ons was wel hier gewees, maar dit sal u, vreemdelinge, tog niks aangaan nie, omdat ons u slaapgeleentheid beslis in geen enkele opsig met ons aanwesigheid belas het nie! Maar sê u My nou eers waarom u dit van ons wil weet!'

[6] Die Romein sê: 'Ag, ons het gister en ook eergister al baie intensief na die beroemde Judeër gesoek en deur toeval het ons in hierdie herberg uitgekom! Maar ons was almal deur die swaar wyn ietwat dronk, en toe ons geslaap het, het ons almal dieselfde wonderlike droom gehad: Ons het die wonderbare Judeër gevind. Hy bring ons sondermeer na die punt en toon ons daar sy hele goddelike mag en glansrykheid, sodat ons buitengewoon entoesiasties was, en die wonderbare Judeër vir `n God aange­sien het wat vir enige tyd pro forma `n menseliggaam aangeneem het om so die beter mense te onderrig oor `n hoër lewe. Maar dit is slegs baie in kort die inhoud van ons droombeeld. Ewenwel, as slegs één van ons dit sou gedroom het, - wel dan sou dit `n baie aardige, seldsame mooi droom gewees het; maar nou het ons almal, sonder uitsondering, volmaak één en dieselfde droom gehad, wat beslis nie normaal is nie! Ons gee die wyn die skuld en wil u nou vra, as u ook hier oornag het, of u self dalk ook `n soortgelyke droom gehad het. Neem my dit nie kwalik nie!'

[7] Ek sê: 'O nee, nie in die minste nie! Maar kan u u dan gladnie meer herinner hoe die beroemde Judeër daar uitgesien het nie?'

[8] Die Romein sê: 'Ja, dit gaan nou ietwat moeilik wees; maar as ek dit self moes gesê het, sien hy volgens my vae herinnering byna soos U daaruit, beste vriend! Ek vra U egter om nie kwaad te word daaroor nie!'

[9] Ek sê: 'Nou ja, dit is nie so erg nie; uiteindelik kan dit tog Ek self gewees het!'

[10] Die Romein sê glimlaggend: 'Hm, hm, beste vriend, u maak sekerlik `n grappie? Maar ek sê vir u: Die vreemde droom was beslis geen grap nie; want as u ook so `n droom sou gehad het, sou u ook baie opgewonde daaroor gewees het!'

[11] Ek sê: 'U kan tog nie weet of Ek ook nie presies dieselfde gesien het as u nie! Maar laat ons daaroor ophou! Ons bly ook vanaand hier, en as u ook nog daar sal wees, sal ons nog wel na die onderwerp terugkom. Maar nou gaan ons dadelik die oggendete gebruik en dan aan die werk! Waar die wonder-Judeër vandag nog te hoor en te sien sal wees, dit sal die meester van hierdie herberg u straks nog wel sê, want hy sal dit beslis weet.'

[12] Die hoflike Romein sê: 'Dan wens ek dat u smaaklik sal eet! Die huisheer sal dan wel so goed wees om ons te vertel waar die beroemde Man te sien en te hoor sal wees!'

[13] Ek sê: 'Prima! Maar bly nugter, anders verslaap en verdroom u Hom weer, soos wat dit al baie gegaan het en soos wat dit nog baie sal gaan! Maar nou na die tafel!'

[14] Ons verlaat die Romeine en gaan die vertrek binne waar die maaltyd reeds op ons gewag het. Die Romeine doen dieselfde, maar dan net soos gister in die groot eetsaal. Ons was natuurlik vinnig klaar en daal toe gou na die stad af, waar ons eers ietwat rondgekyk het; want voor nege uur was daar in die tempel niks te doen nie, dat wil sê op hierdie huidige eerste dag na die fees.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205