|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 6 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 133
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249. |
|
|
Oor die sieleleer. Wese en doel van die materie. Die vrye ontwikkeling van die mens tot die kindskap van God
133 Ek sê: 'Vriend, as daar verder niks is wat jou dwing om hierdie lieflike plek te verlaat nie, kan jy wel hier bly, dan sal Ek jou in `n paar woorde uitlê wat jou hart nou so in die war bring! Kyk, Ek ken jou gevoeligheid en het juis daarom toegelaat dat die reusagtige arend sy buit net voor jou neus moes wegvoer!
[2] Dit is volkome waar dat al die lewe op hierdie aarde voortdurend aan allerlei vyande blootgestel is en steeds strydvaardig moet gereedstaan om homself as lewe te handhaaf. Maar hierdie stryd het slegs betrekking op die materie wat deur die almagtige wil van God geoordeel is, wat altyd dan die meeste moet ly, wanneer haar innerlike, geestelike wese, wat ons die siel noem, haar moet losmaak van die waardelose materie en na `n hoër lewensfase oorgaan.
[3] Kyk, alle materie van hierdie aarde - van die hardste klip tot die eter hoog bo die wolke - is sielestof, maar in `n noodsaaklike oordeel en daarom vaste toestand. Haar bestemming is om egter weer in die ongebonde, suiwer geestelike bestaan terug te keer sodra sy, juis deur middel van hierdie afsondering, die lewenselfstandigheid bereik het. Om hierdie lewenselfstandigheid deur `n steeds groter selfwerksaamheid te bereik, moet die siel, wat uit die gebonde materie vrygemaak is, alle moontlike lewensfases deurloop en haar ook weer opnuut in elke nuwe lewensfase in `n ander stoflike liggaam verpop, waaruit sy dan weer nuwe lewens- en besigheidsubstansies na haar toe trek en dit haar eie maak.
[4] Is `n siel - wat haar gees uit God aan die ander kant baie duidelik sien - eenmaal in `n liggaam, hetsy van `n plant of van `n dier, na die noodsaaklike ryping in staat om na `n hoër lewensfase oor te gaan, dan sorg haar steeds meer ontwikkelende gees aan die ander kant daarvoor dat die liggaam, wat vir die siel nie verder meer van nut is nie, van haar afgeneem word sodat sy dan, omdat sy reeds begiftig is met hoër verstandelike vermoëns, `n ander liggaam kan vorm waarin sy haar weer binne `n korter of langer tyd kan opwerk na groter verstandelike vermoëns vir haar lewe en haar aktiwiteite, en dit so maar deur tot by die mens, waar sy dan reeds heeltemal vry, in `n laaste liggaam, tot volle selfbewussyn sal kom, tot kennis van God, tot liefde vir Hom en daardeur tot volledige vereniging met haar gees aan die ander kant, watter vereniging ons die opnuut gebore word of die wedergeboorte in die gees noem.
[5] As `n mensesiel hierdie lewensfase bereik het, is sy volmaak en kan dan as volkome selfstandige wese en lewe nie meer deur die algemene, goddelike allerbestaan en allerlewe vernietig of verswelg word nie.
[6] Die sekerste teken van die reeds bereikte lewenselfstandigheid van `n mensesiel is dat sy God erken en Hom selfs met al haar krag liefhet. Want solank `n siel God nie erken as `n wese wat buite haar bestaan nie, is sy nog blind en stom, en nog nie bevry van die krag van die goddelike almag nie; sy moet dan nog geweldig veg om haar van die boeie te bevry. Maar sodra `n siel begin om die ware God buite haarself te herken en, deur die gevoel van haar liefde tot Hom, Hom egter wesenlik begin waar te neem, dan is sy vry van die bande van die goddelike almag en behoort sy ook steeds meer aan haarself en is sodoende self skepster van haar eie bestaan en lewe, en daardeur `n selfstandige vriendin van God vir alle ewigheid van die ewigheid.
[7] Sodoende verloor die eintlike wese tog eintlik heeltemal niks wanneer die verder onbruikbare liggaam daarvan afgeneem word, sodat dit daarna gouer sy uiteindelike bestemming kan bereik.
[8] Wat is dan die belang van die liggaam van die konyntjie waarmee die arend sy honger stil, - as daardeur tewens die siel van die diertjie vrygemaak word, sodat dit nou al volledig in staat is om na `n hoër lewensfase op te klim? Maar die arend self het ook `n siel, wat op weg is na dieselfde bestemming. In die vlees en die bloed van die konyntjie bevind hom egter ook grotere sielesubstansies. Dit verenig hulleself met die sielesubstansies van die arend, sodat die siel van die arend ietwat sagaardiger en intelligenter word en na die verlies van haar liggaam selfs al `n mensesiel kan word, en wel `n baie belangrike, wat baie lig, moed en krag besit.
[9] Op hierdie aarde is dit nou eenmaal so gereël vir die kinders van God om hier opgevoed te moet word. Die lewe is en bly net solank `n stryd met allerlei vyande tot dit homself uit eie krag as oorwinnaar van die materie omhoog geworstel het. En daarom moet jy jou gladnie oor die stoflike lewensvyande verwonder nie; want hulle is nie die vyande van die eintlike lewe nie, maar slegs vyande van die stoflike skynlewe, wat eintlik heeltemal geen lewe is nie, maar slegs `n werktuig van die ware, innerlike, geestelike sielelewe, deur middel waarvan dit haar steeds meer omhoog kan werk tot die ware, eintlike lewensvryheid, wat sonder die tydelike hulplewe heeltemal ondenkbaar sou gewees het.
[10] God kan vanweë Sy almag natuurlik `n gees met volmaakte wysheid en mag uit Homself na buite bring of skep, en binne `n enkele oomblik selfs tallose talle, - maar al die geeste besit geen selfstandigheid nie; want hulle wil en handel is niks anders as die goddelike Self nie, wat onophoudelik in hulle moet stroom sodat hulle, hulself kan beweeg en handel volgens die leiding van die goddelike wil. Hulle is op hulself heeltemal niks, maar suiwer kortstondige gedagtes en idees van God.
[11] Wil hulle egter mettertyd moontlikerwys selfstandig word, dan moet hulle die weg van die materie, of te wel van die oordeel en dus vasgelegde wil van God, deurmaak, op die wyse wat julle op hierdie aarde te siene kry. Eers as hulle dit gedoen het, is hulle uit hulself selfstandige, selfdenkende en vrywillige handelende kinders van God, wat weliswaar ook altyd die wil van God doen, maar nie omdat dit hulle deur die almag van God opgelê is nie, maar omdat hulle dit erken as baie wys, en self bepaal dat hulle dit wil opvolg, wat dan hulle eie lewe ten goede kom en hulle die hoogste saligheid en die hoogste lewensgeluk gee.
[12] Kyk, My beste vriend, so staan dit daarmee, en juis omdat dit so is, kan jy die Hoogste Wysheid van die enige, ware God steeds meer erken en bewonder, omdat jy daaraan kan sien hoe God in Sy hoogste Liefde en Wysheid om Sy persoonlike gedagtes en idees selfstandig te maak, kinders maak en opvoed wat volkome aan Hom gelyk is! As jy dit maar enigermate verstaan het, gee My dan nou jou eie oordeel oor die hele natuurlewe!'
|
|
|
|
|