Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 6
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 53

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249.

Die bestemming van die skepsele

53 Daarop het die herbergier gesê: “Ek ken hierdie mens ook in myself en weet nou ook, wat my te doen staan. Ek wil nie praat oor alle profete en oor die Hooglied van Salomo nie, - waarvan ek tot op hede nog baie weinig of heeltemal niks verstaan het nie; maar tog het ek by die deurlees van die Wysheid uit die voortyd wel dikwels gedink dat hulle juis deur hul mistieke taal die mens baie in die denke laat oefen het en hom daardeur gewoonweg gedwing het om steeds dieper in homself te gaan kyk, en dit vind ek baie goed. As mens dan egter so diep in jouself gedring het, volg die een ligpuntjie na die ander en dan word baie dinge vir jou duidelik wat vroeër soos `n onoplosbare raaisel voorgekom het. Maar soos wat gesê is, ek praat nou nie oor die onbegryplikheid van die geskrifte van die ou wyses en sieners nie, maar oor baie natuurlike dinge. 

[2] Soos byvoorbeeld oor die ware bestemming van enige skepsel op hierdie aarde, en dan kom ons dadelik by ons edelvisse. Hulle is seldsame en selfs baie lewenslustige, mooi waterdiere. En die mens het eers op die idee gekom, deur honger gedryf, om hulle te vang en te eet. Wel, is dit dan hul ware bestemming om deur ons mense gevang, gedood en daarna as `n ware lekkerny geëet te word?! As dit hul ware bestemming is, weet ek nie wat dan destyds hul bestemming was toe die mens nog nie op die gedagte gekom het om hierdie visse te vang, te dood en dan goed voorberei te eet nie. 

[3] Ek het wel duisende dergelike vrae, en hoe meer ek daaroor nadink, hoe meer verward word ek en ek raak maar net steeds verder van die lig verwyderd in plaas daarvan om nader te kom, en juis deur hierdie navorsing en nadenke kan ek nooit heeltemal die sekerlik uiters wyse doel ontdek wat die Skepper het met hierdie en die tallose ander skepsele nie. So-iets sou ook eintlik vir ons mense ook gladnie nodig wees nie, want skepsele is nou eenmaal daar en die goeie en uiters wyse Skepper sal wel weet waarom Hy hulle geskape het.

[4] Maar die mens is en bly `n denker en kan in homself geen rus meer vind sodra sy gedagtes eenmaal met hom op loop gaan nie. En so gaan dit met my! Ook al weet ek dat al die nuttelose denke my heeltemal niks help nie, dink ek nogtans steeds maar aanmekaar, en daarteen sou ek dan ook van U `n goeie geneesmiddel wil hê; want hierdie denkwyse word vir my nou alreeds behoorlik lastig, en ek sou wat daarvoor gee as ek vir altyd daarvan bevry sou kon word.”

[5] EK sê: “Ja, My liewe vriend, op hierdie punt is dit egter ietwat moeilik om jou te help; want dan sou Ek baie lank met jou moes praat om jou van alle talle soorte skepsele die ware doel van hul bestaan uit te lê. Net in die algemeen kan Ek jou soveel sê, dat alles wat vir die mens sigbaar en tasbaar geskape is, iets geesteliks is wat onder die oordeel lê en die bestemming het om deur `n lang ry van allerlei vorme uiteindelik in `n vry en selfstandige lewe oor te gaan.

[6] Die vorme is houers ter opname van die lewe uit God en is daar – reeds om te begin met die gesteente - deur alle ryke van die minerale na die planteryk, deur die hele planteryk weer na die diereryk en daardeur na die ryk van die mens.

[7] Elke vorm kom ooreen met `n sekere soort intelligensie. Hoe eenvoudiger die vorm is, hoe eenvoudiger en onbeduidender is die intelligensie ook wat daarin aanwesig is; hoe ontwikkelder en komplekser `n vorm is, hoe meer intelligensie sal jy ook daarin vind. 

[8] Neem byvoorbeeld `n naakte reënwurm, en jy sal aan sy manier van doen maklik sien dat sy uiters geringe lewensintelligensie heeltemal ooreenstem met sy vorm; beskou daarenteen die vorm van `n by, wat alreeds baie gekompliseerd is, dan sal jy daaruit ook die baie hoëre intelligensie aflei wat hoort by die wyse waarop hierdie diertjie leef! En so neem dit opwaarts toe tot by die mens.

[9] Hierdie vorme is egter net voorlopige versamelplekke en draers van sterker en intelligenter wordende lewe. Die lewe is voortdurend besig om hoëre vorme aan te neem en verlaat na gelang van die maat en toestand van die groter vereniging die voormalige eenvoudiger vorme. Wat dan verder met die agtergeblewe lewelose vorm gebeur, is onbelangrik, want dit was maar net `n organies-meganiese omhulsel wat spesiaal geskik was vir die lewensintelligensie wat daarin aanwesig is. Of hierdie visse dus nou deur ons mense of deur ander diere geëet word, dit bring die groot doel van die Skepper nie in die minste van koers af nie, en die einddoel van die lewe word nogtans onvermydelik bereik.

[10] Dat daar egter in die lewelose omhulsels voedingsdele aanwesig is, is bekend, en deurdat die lewelose vorme op hul beurt ook weer verteer word, gaan die meer edele dele daarvan ook weer in `n ander lewe oor, en so sien jy hier op aarde `n voortdurende stryd en wisseling van lewe deur die hele, groot kring van skepsele tot by die mens.

[11] Maar selfs die uiterlike vorm van die mens, naamlik sy liggaam, het net waarde solank die lewende siel daarin woon. As die siel eenmaal ryp geword het, dan verlaat sy vir ewig die liggaam, daarna word dit verteer. Dit is dan van geen belang deur wie of deur wat nie. Wat daar nog substansieël aan die siel behoort, word ook weer aan die siel gegee; al die ander gaan as voedingsstof in talle ander geskape vorme oor. Hier het jy in kort `n grondige beskrywing van al die dinge waaroor jy tevergeefs soveel nagedink het. - Begryp jy dit nou goed?”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205