Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 6
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 48

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249.

In die herberg van die herbergier van Kapernaum

48 Toe ons van die skool in ons herberg aangekom het, het ons die tafel reeds ryklik voorsien met wyn, brood en visse gevind, en dit het die herbergier groot vreugde verskaf om My en My studente, waarvan daar nou aanmerklik minder was, by hom as gaste te hê.

[2] Eers toe ons almal volop geëet en gedrink het, het die herbergier aan ons gevra: “Heer, hierdie keer skyn U geheimsinnige leer by die talle in- en uitheemse toehoorders in die groot, openbare skool nie so baie in die smaak te geval het nie, want hulle het almal vererg weggegaan. Sommiges het nog meer, ander ietwat minder geskimp, en die vreemdelinge en ook baie wat gister nog as studente by U was, sê dat U daar opsetlik so gepraat het om op `n netjiese manier van hulle ontslae te raak, wat hulle nie mooi vind van U nie, omdat hulle wel self op eie koste sou geëet het. 

[3] By my was daar sommiges wat hulle baie daaroor opgewen het en ook gesê het dat hulle baie van U verwag het, maar nou op `n baie onaangename wyse teleurgestel is en hulle het ook gesê dat U op hierdie manier ondanks U uiters wonderbare tekens, by die mense baie min begrip vir U leer sou opwek. Ek het hulle laat praat en het geen antwoord daarop gegee nie. Daarna het hulle hul rekening betaal, die skepe bestyg en weggevaar.

[4] Ek het dit egter baie aangenaam gevind om te hoor dat hierdie grootpraterige geleerdes deur U, o Heer, een keer met hul verstand te kort gekom het, want reeds gisternag, toe U Uself na die maaltyd ter ruste begeef het, is daar baie oor die voordeel en baie oor die nadeel van U broodvermeerdering en U moontlike wonderbare koms oor see gepraat. Die een het dit nog beter as die ander geweet. Maar ek het by myself gedink: “Wag maar, julle wyse Judeërs! Die Heer sal sekerlik op die regte oomblik grense aan julle wysheid stel wat julle met die besonder heldere verstand van julle nie kan oorskry nie!” En vandag het my geheime wens alreeds volledig in vervulling gegaan! 

[5] Ek was self ook in die skool en ek het die vernaamste deel van U woorde baie goed gehoor; maar ek het niks daarin gevind wat my ook maar in die minste laat verwonder het nie. Want dat U, hoewel tans in volkome menslike vorm, Heer is oor hemel en aarde en oor alle geestes- en gedagtewêrelde, was vir my lankal duidelik. Wie buiten U kan vir die voedende brood van alle mense en diere sorg, en wie buiten U gee die aan geeste, soos wat ook nou ons siele is, ewige lewe, liefde en wysheid, wat ek sien as die ware lewende brood wat uit die hemele kom?! Op hierdie wyse wou ek dit nog aan `n paar van die beter mense verduidelik; maar hul dom en baie opgeblase verstand het dit nogtans nie begryp nie.

[6] Iets dergeliks het ek ook gedoen toe U baie konkreet oor U vlees en bloed begin spreek het, omdat hulle my gevra het hoe ek dit dan opneem. Toe het ek gesê: “Dit is nog duideliker as die voorgaande en verklaar en bevestig my vroeëre mening! Is die aarde, menslik gedink, nie in `n sekere sin `n egte liggaam van God, en alle bevrugtende waters Sy bloed nie?! Waar kom dan al die aardse voedende brood verder nog vandaan? En is in `n geestelike opsig God se liefde vir ons onwaardige mense nie dalk `n ware aardse bodem vir ons nie, wat ons liggaamlik en geestelik dra, duld en voed, en is die gawe van die rede en die verstand en nou Sy leer daarby nie dalk die waarste en lewendigste bloed van God, wat ons siele wat na wysheid dors, verkwik, versterk en waaragtig lewend maak nie?!”

[7] Toe het daar sommiges gesê:”Ja, dit is alles baie mooi gesê, maar waarom laat Hy dan nie Self so `n uitleg op sy woorde volg nie?”

[8] Toe het ek gesê: “Hy sal wel `n goeie rede hê! Waarskynlik sal Hy dink: “Wie waarlik in My glo, sal My ook verstaan; wie egter ondanks die talle tekens en ondanks die wysheid van My lesse nog nie glo dat Ek die Majesteit JaHWeH van die Skeppingsleërmag is nie, moet maar weer na sy wêreld terugkeer en net soos die dom swyne in die aardse drek rondwoel!”

[9] Toe het hulle woedend geword en weggegaan. - Heer, daarmee het ek tog nie verkeerd gehandel nie?”

[10] EK sê: “O, geensins nie! Want ten eerste het jy die betekenis van My woorde baie goed verstaan en het jy dit aan die blindes ook baie goed uitgelê, en ten tweede was jou slotopmerking volkome tereg! Want sulke mense is waarlik te vergelyk met swyne, wat, hoe sterker en warmer die ware son van die hemele begin te skyn, hoe begeriger en yweriger hardloop hulle na die smerigste modderpoele van die wêreld en voel hulle volmaak geseënd wanneer hulle in hul ou drek kan rondwoel. Ek het uiteindelik tog duidelik aan hulle gesê dat die vlees en die bloed wat hulle bedoel, nêrens goed voor is nie, en dat My woorde gees en lewe is! Maar die osse en swyne begryp nogtans nie alles nie, en daarom was jou slotopmerking heeltemal tereg, en daarom bly Ek nou `n aantal dae by jou.

[11] Maar bring nou nog wyn, want ons wil vandag en die ander dae werklik opgeruimd wees! Ek is nou werklik bly oor jou, want jy het My beter verstaan as enigeen van My studente. Teen die aand gaan ons visvang, sodat jy voorraad kan hê vir jouself en vir ons. Maar praat nie in die stad oor My nie, want dan sou ons min rus hê. - En bring ons nou die wyn en brood!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205