|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 6 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 104
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249. |
|
|
Die twyfel van die geleerde vroue aan die hiernamaals
104 Toe sê die vroue en ook hulle reeds volwasse kinders: 'O, groot Heer en goddelike God, was daar vir ons, sterflike mense, maar in die een of ander hiernamaals na die liggaamlike dood `n ander, ewige lewe! Weliswaar wens elke mens, hetsy jonk of oud, dit; maar waar vind jy daarvoor versekerde en onmiskenbare bewyse?! Wyse mense van alle volke en uit alle tye het baie, - sowel daarvoor as daarteen, - daaroor gepraat en geskryf; maar die tyd het hulle almal ingehaal, en daar bly niks van hulle oor as gedeeltes van hulle werke wat in ons tyd so vermink is dat die huidige volke niks anders daarin as onoplosbare en onsamehangende raaisels terugvind nie.
[2] Waarlik, groot Majesteit en van God vervulde Heer, ons Griekse wyse, die bekende man in die ton* het tot op hede die volle waarheid oor ons menselewe nog die beste benader, deurdat hy baie duidelik met baie voorbeelde die bestaan van die mens voor die geboorte en na die dood beskrywe het, en ons was met dit alles tot op hede onder mekaar volledig met hom eens, hoewel ons by ons self dikwels gedink het aan Plato, Sokrates en selfs aan die ou Egiptiese wyse Moses, wie se geskrifte ons ten dele ook te lees gekry het toe ons nog in Sidon was. Ja, ons het selfs die geskrifte van die Indiërs, die Brahmane en die Meders en Perse gelees; maar - alles tevergeefs! Ons leraar in Sidon, in alle geskrifte deur en deur `n deurknieë man, het ons naamlik baie afdoende met woorde en voorbeelde van ander volke bewys dat die siel van die mens na die dood van sy liggaam selfstandig en onverwoesbaar verder leef in `n beter, maar soms ook slegter wêreld, en hy het ons besweer by alles wat aan hom gewyd was, dat hy, as hy vroeër as ons sou sterwe, as gees na ons toe sou kom en ons daardeur dan die grootste en sekerste bewys van die waarheid van sy leer sou gee. *(Diogenes)
[3] Wel, hy het gesterf; maar die beloofde bewys het hy ons tot op hede nog skuldig gebly. Ja, ons het baie dikwels oor hom gedroom, en dan vra ons hom wanneer hy sou kom om sy belofte af te los. En hy besweer net so lewendig as tydens sy lewe: 'Ek kan nie anders as Diogenes maar net so na julle toe kom nie!' Maar dan word ons wakker en dan besef ons dat slegs ons steeds wakker, lewendige fantasie ons in die droom sy sprekende beeld laat sien het, wat werklik niks anders was as `n lewende gedagte aan hom nie! Want drome is immers niks anders as sigbare gedagtes van die brein, wat `n vlugtige bestaan lei solank die ooglede van die mens geslote is; maar wanneer die mens eenmaal volledig dood is en sy hart nie meer klop nie, hou sy gedagtes en drome ook vir altyd op.
[4] En daarom is die laaste waaraan ons glo, `n lewe van die siel na die liggaamlike dood! Alles is natuurlik moontlik, maar tot op hede het ons werklik nog geen ander bewyse daarvoor nie as dit wat mense sê wat nog hier lewe nie!
[5] Nog niemand van die tallose mense wat ontslaap het, het ooit teruggekom om ons te laat sien dat en hoe hy in die hiernamaals verder leef nie! Solank dit egter nie gebeur nie, sal die geloof aan `n voortlewe aan die ander kant ook steeds maar baie swak wees of so goed as niks voorstel nie. Weliswaar was daar tot op hede sedert menseheugenis ook nog niemand soos U, van God vervulde Heer, en as U ons iets sal vertel, sal ons ook alle rede hê om dit volledig te glo; maar vreemd bly dit tog dat daar van die oorkant geen enkele wese meer na ons toe wil kom nie wat sê: 'Vriende, julle sleep hier nog julle swaar liggame rond soos wat `n moeë lasdier sy swaar las sleep, maar kyk, ek leef geseënd, - daar is geen dood meer nie, en ons lewe saam met tallose op hierdie manier!' Dit sou tog eenvoudig wees! Maar nee, so-iets gebeur nooit as te nimmer op `n manier wat ons mense baie maklik sou oortuig dat dit nou eenmaal so is en nie anders nie!
[6] Van God vervulde Heer, as die siel van die mens aan die ander kant voortleef - op grond waarvan al die sedelike strewes van die mense op hierdie aarde tog die beste georden sou wees, - waarom gebeur daar dan van die kant van `n uiteindelike geesteswêreld eintlik heeltemal niks wat invloed het op ons mense wat nog sterflik is nie?! Geen mens kan tog iets daaraan doen dat hy in hierdie wêreld gebore is nie; maar as hy daar as verstandige wese is en moet wees, sou die hoogste, wyse mag, wat hom teen sy wil in die lewe geroep het, tog voldoende sorg daarvoor moet dra dat hy vanuit `n werklike êrens bestaande geesteswêreld inligting sou kry oor die rede van sy bestaan en wat hy te verwag het.
[7] Kyk, van God vervulde Heer, ons is slegs vrouens; maar, omdat ons altyd baie geleer het, is ons verstand behoorlik ontwikkel, en elke wyse sou aan ons `n harde neut te kraak hê! Ons is goed en het respek vir elke mens, want ons bekla elkeen van harte omdat hy hom net soos ons, ook in hierdie wêreld bevind om afgeslag te word en ellendige voer te wees vir die vraatsugtige en onversadigbare tyd. Maar dit is nie goed dat `n hoër, ewige, alomheersende goddelike mag hom nie meer bekommer oor die mense en alle skepsele van hierdie aarde as wat ons mense bekommerd is oor die vuil wat ons kinders agterlaat. Maar wat kan ons swak mense doen?! God se mag werk bo die sterre in die eindelose grootheid, en bekommer hom nie oor die huilende en klaende wurms van hierdie wêreld nie! Daarom moet die arme mense hulle solank self troos en sterk tot die dood hulle van die aarde verdelg; dan kom die rus in die ewige nie-bestaan, wat ewig en altyd die uiteindelike en grootste geluk vir die arme mens is.
[8] Weliswaar is U nou `n mens wat vervul is van God se Mag en Majesteit; maar oor enige honderde jare sal die wêreld oor U hoogswaarskynlik ook nie baie meer weet as dat U eens daar was nie. Ons nakomelinge sal in elke geval, soos wat ons al gesê het, hierdie herinnering so lewendig moontlik bewaar, hoewel U woorde nog meer as U wonderbare dade `n Gees uitasem wat buitengewoon getuig van God se geestelike aanwesigheid in U. Daar was egter al baie groot geeste as mense op hierdie wêreld gewees, en ook hulle werklik onbegryplike groot wonderdade getuig daarvan dat hulle meer as gewone mense was; maar ook hulle het almal gesterf, en geeneen van hulle laat homself ooit weer as voortlewende gees sien om daardeur die volle waarheid te bevestig van sy leer wat hy die arme mense dikwels onder donder en bliksem gegee het nie.
[9] Nou het U na ons, arme sterflike mense, gekom en U het ons ook `n ewige lewe aan die ander kant beloof! Ons twyfel geen oomblik daaraan dat U ons dit ook op `n heel begryplike wyse sal bewys nie, - maar sekerlik ook maar net vir die tyd dat ons in hierdie wêreld bly lewe! Het ons eenmaal gesterf, wel, dan het ons natuurlik geen bewys meer nodig nie; want lewe ons verder dan is elke ander bewys oorbodig - en, lewe ons nie verder nie, dan is dit nog meer oorbodig! Hoofsaak is, dat ons arme mense in elke geval tydens die duur van ons lewe op hierdie aarde, deur watter blinde geloof dan ook, vas daaraan bly glo het; want dit kruie dan tenminste vir `n deel van die mense van hierdie aarde die kort span van hulle lewe en maak vir hulle hulle lyding meer draaglik. Die beste daaraan toe is altyd die dwase en blinde gelowiges, en groot ervaring leer dat mens kan sê dat die gode iemand wat hy met wysheid begiftig, wel baie moet haat.
[10] Miskien ontgaan dit U uiteindelik, dat die meeste begiftig is met alle wysheid en mag, beter as wat U talle groot voorgangers bedeel het, wat ons egter baie betwyfel! Heeltemal onmoontlik wil ons dit egter ook nie noem nie, en ons sou graag van Uself - en nie van ons mans nie - iets naderby daaroor hoor. As U dit goed sal vind, wil ons graag na U luister!'
|
|
|
|
|