Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 6
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 11

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249.

Die goeie voornemens van die pasbekeerde Judese priesters

11 Toe sê DIE JUDEËR: “O Heer, verlaat ons nooit in hierdie wêreld nie, - dan is ons almal veilig! Weliswaar is daar in die tempel nog wel sewehonderd wat is soos wat ons is; maar hulle het nog baie harder geword as ons, - laat hulle maar self sorg vir hoe dit met hulle sal gaan! Ons sal egter reeds môre ons besittings gaan haal en ons oorvloed onder die armes verdeel. Dan trek ons `n ander gewaad aan en sal U volg, - ook al sou U ons met weerligstrale en donder wil wegjaag! Noudat ons eenmaal U wil volledig herken het, sal ons, ook as bejaarde Judeërs, toon dat ou bome hulle nog heel goed kan laat buig. Ons het nou gesien dat daar buite U, o Heer, geen heil en geen lewe kan bestaan nie; daarom sal niks ons ook ewig meer van U afvallig maak nie! 

[2] Sien, o Heer, heel in die begin was ons eintlik nie so uiters sleg nie, want ons het in die tempel slegs die oorspronklike waarheid gesoek toe ons onsself daar laat inlyf het! Maar wat het ons daar gevind? Niks anders nie as diepe geheime en nog eens geheime nie! Wanneer ons iemand om `n uitleg gevra het, dan het hulle gesê: “Julle hoef niks anders te doen as om maar net te glo nie! Wat die tempel sê, wat julle moet glo, glo dit sonder om te twyfel, ook al kom dit vir julle hoe onsinnig, onverstandig en onnatuurlik voor; want net die hoëpriester het die sleutel tot die geheime van God en dit moet voldoende vir julle wees! Net Hy offer vir julle en die hele volk!” Wel, dit was heel aantreklike woorde, wat egter jammer genoeg deur die treurige geskiedenis met die hoëpriester Sagaría volgens ons gemoed baie sterk aan waarde ingeboet het, want daarna het ons by onsself eers baie goed ingesien dat Moses, alle profete en die hele Skrif heeltemal niks sou kon voorstel nie. Want as hulle werklik iets sou voorgestel het, dan sou ons meerderes onmoontlik so ontsettend gewetenloos kon gehandel het!

[3] Nadat ons onsself dus daarvan oortuig het dat daar in hierdie opsig geen enkele ware woord in die Skrif voorkom nie, het ons ook al ons bose hartstogte die vrye loop laat neem en het ons in werklikheid nog erger geword as `n hele legioen van die ergste duiwels. Want hulle wyk voor die Naam van die Allerhoogste; ons het egter nie gewyk nie, maar het daardeur nog boser en boosaardiger geword. Sien, alwyse, algoeie en hoogs regverdige Majesteit en Heer, omdat ons dus eintlik merendeels deur die slegte voorbeeld van ons meerderes in hierdie toestand gebring is waarin ons onsself nou bevind, is ons hoop op U vergewing van ons sondes nog groter, aangesien ons onsself nou almal vas voorgeneem het om alle sondes te verafsku en suiwer volgens U leer te lewe, - ook al sou dit selfs ons aardse lewe kos!”

[4] EK sê: “Goed dan, al julle sonde sal julle dan nou kwytgeskeld word, - maar net solank geeneen van julle weer `n sonde begaan nie! As julle My egter as studente wil volg, hanteer dit dan verstandig in die tempel, sodat die sluwe jakkalse nie merk wat julle van plan is om te doen nie! Want dit is nog nie My tyd om My terwille van die sondes van die wêreld deur die slegte jakkalse te laat vervolg nie; want ook dit moet nog gebeur, sodat hulle maat kan vol word. - Maar let nou op dit wat gaan kom en neem dit alles goed ter harte!” 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205