Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 6
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 88

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249.

Die grondslag vir die geestelike vervolmaking. Die Wese van God

88 Die Heer: “Hieruit sien jy dat sonder die ware en lewende geloof in `n enige en ewig waaragtige God geen mens die lewensmeesterskap kan bereik nie. Daarom is dit bo alles noodsaaklik om in `n ware God te glo; want solank jy nie glo dat daar `n enige ware God is nie, kan jy ook geen liefde vir Hom in jou hart laat ontwaak nie. Sonder hierdie liefde is dit egter onmoontlik om God te nader en uiteindelik byna volkome een met Hom te word.

[2] Daarsonder kan van `n egte lewensmeesterskap net so min sprake wees as dat iemand `n meester op die harp sou wou wees sonder dat hy ooit iets daaroor gehoor en nog minder nooit een gesien het nie.

[3] As jy egter nog steeds bly vra: “Ja, waar is God dan, en hoe sien Hy eintlik daar uit?”, dan sê Ek vir jou, dat niemand die eintlike Goddelike Wese kan sien en in die lewe bly nie, - want Hy is oneindig en daarom ook alomteenwoordig, en Hy is daarom as iets suiwer geesteliks ook die binneste van elke ding en elke wese, dit wil sê, deur die uitwerking van die Lig van Sy magtige Wil; in Homself en by Homself is God egter `n mens soos wat Ek en ook jy is, en woon in `n ontoeganklike lig, wat in die wêreld van die geeste die barmhartigheidson genoem word. God is egter nie self hierdie barmhartigheidson nie, maar dit is die uitwerkende uitstraling van Sy Liefde en Wysheid.

[4] Soos wat jy die werking van die son van hierdie wêreld sien deurdat hy orals aanwesig is met sy lig wat voortdurend na alle moontlike rigtings uitstraal, so werk ook die orals werkende krag van die barmhartigheidson as `n lig wat uit homself stroom, wat in alle wesens skeppend en lewegewend aanwesig is.

[5] Wie nou verstaan hoe om baie lig uit die barmhartigheidson van die hemele in die hart van sy siel op te vang, op te neem en dan deur die krag van die liefde vir God te behou, vorm in homself `n barmhartigheidson wat in alles volkome gelyksoortig is aan die oerbarmhartigheidson, en die volle besit van so `n barmhartigheidson is dan net so veel as die besit van die enigste ware lewensmeesterskap.

[6] Die helderheid en die helder rykdom van hierdie ware leer sal ook jy egter eers besef as jy op hierdie wyse self die lewensmeesterskap sal bereik; want nou kan jy dit nog nie volkome begryp nie, alhoewel jy alles wat gesê is, baie goed in jou opgeneem het.”

[7] Die tollenaar sê: “Ja, U het gelyk, liewe Heer! Ek het wel alles verstaan, maar ek weet nou nog nie wat ek daarmee moet doen nie. Dit staan egter vas dat die bereiking van die volkome lewensmeesterskap beslis geen maklike taak is nie; want dit beteken baie beskouinge, baie ondervinding, baie dink, wil en daarvolgens handel. - Maar nou nog één vraag, liewe Heer!”

[8] EK sê: “Spreek, hoewel Ek baie presies weet wat jy My sal vra!”

[9] Toe sê die tollenaar: “O liewe Heer, sê U dit maar dadelik; want ek twyfel nie daaraan nie!”

[10] Daarop sê EK: “Jy twyfel nie heeltemal daaraan nie, - maar jy sou jou tog wel `n bietjie daarvan wou oortuig of Ek wel sou weet wat jy My nog wil vra! Maar dit maak nie saak nie, Ek sal aan jou jou vraag nogtans voorsê! Dit lui aldus: “Heer het U ook op hierdie wyse aan U lewensmeesterskap gekom, en wie het aan U, net soos U nou vir my, die deeglike onderwysing daarvoor gegee?”

[11] Sien, so lui jou vraag woord vir woord! Maar Ek kan jou daarop ewemin `n bevredigende antwoord gee soos op jou vroeëre, soortgelyke vrae. Sien, as suiwer mens het Ek werklik presies dieselfde moes doen as jy; maar omdat Ek, eerlik gesê, wat My innerlike Geestelike Wese betref iets meer as maar net mens is, wat jy môre nog vroeg genoeg sal ervaar, het Ek dit eintlik moeiliker, omdat Ek as mens van hierdie aarde nooit `n eie wil in My mag laat opkom nie, maar steeds baie presies die wil moet navolg van Hom wat deur My in hierdie wêreld wou kom en aan die mense die ewige lewe wou bring en gee. Daaroor sal jy egter môre van My studente ietwat meer hoor. Maar vir vandag sal ons ons sitting sluit en ons ter ruste begewe!”

[12] Die tollenaar sê: “Heer, as U dit graag wil, kan U almal hier in hierdie saal rus; want rondom aan die wande is hier baie gerieflike slaapplekke aangebring!”

[13] EK sê: “Goed dan, dan bly ons hier, en sulke rusbanke is vir My aangenamer as die lui russtoele, wat hoogstens vir siekes goed is. - Laat ons dus opstaan en gaan rus!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205