Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 6
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 128

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249.

Die Heer in Samosata

128 Toe ons daar land, kom daar dadelik tollenaars aan wat haastig hulle tol eis.

[2] En Ek sê vir Petrus: 'Neem `n hele pond silwer en gee dit vir hulle vir ons almal!'

[3] Petrus doen dit, maar die tollenaar sê: Heer, dit is tien keer teveel, U kry nog baie terug!'

[4] Maar Ek sê: 'Wees daarmee dan goed vir die armes, hou alles en wys ons `n goeie herberg; want ons bly vandag en môre hier!'

[5] Toe sê die tollenaar: 'Bly dan by my, want ek het self nou eenmaal die beste en grootste herberg!'

[6] Ek sê: 'Goed, bring ons daarheen!'

[7] Nou gaan ons aan land, en toe ons die vaartuie verlaat, vaar hulle dadelik pylsnel stroomopwaarts saam met die skatte terug, wat die tollenaar baie verbaas, en dit nog soveel meer omdat ook die leë boot sonder skipper vanself die twee ander vaartuie vinnig agterna vaar.

[8] Toe die tollenaar van sy verbasing herstel het, bring hy ons na sy herberg. Hierdie Samosaatse tollenaarswoning en -herberg het baie gelyk soos die huis van Jored in Chotinodora en was byna net so ingerig; slegs die eetsaal was nie so ruim en gerieflik en elegant ingerig nie, - veral die plafon het nie baie mooi daar uitgesien nie, omdat dit nie uit planke nie, maar meer volgens die oosterse gebruik slegs uit `n afdak van smerige seildoek bestaan het. Maar dit het nie saak gemaak nie, dit was tog die beste saal in die hele Samosata, en dus het ons hier ingetrek, hoewel `n rower My daarop gewys het dat hierdie herberg weliswaar een van die beste in die hele plek was, maar ook een van die duurste; want jy was daar per dag minstens tien penning kwyt. Die herbergier was `n baie geldsugtige sonderling.

[9] Ek sê: 'Daar het ons dit nou nie oor nie! Môre sal ons wel sien wat se rekening hy vir ons sal gee!'

[10] Toe ons ons om die groot, lang tafel geskaar het, vra die herbergier My wat ons die middag wou eet en drink.

[11] Ek sê vir hom: 'Brood en wyn het jy, en meer het ons nie nodig nie, en jy het ook verder niks meer om gereed te staan nie; vanaand sal ons goed vir onsself sorg.'

[12] Die herbergier sê baie hoflik: 'O my baie vereerde vriend, ek het nog van alles in voorraad, soos vleis, melk, botter, kaas, eiers, heuning en allerlei tuinvrugte; ook het ek die beste vis in my vergaarbakke! U hoef maar te vra en dit sal alles binne die kortste tyd gereedgemaak word!'

[13] Ek sê: 'Dit is nie nodig nie, ons hou dit nou egter by My eerste versoek; Ek verlang slegs om `n goeie wyn te hê, die sal jy wel êrens hê!'

[14] Die herbergier roep dadelik sy bediendes en laat voldoende brood en wyn bring, en Ek seën beide en sê toe vir almal dat hulle na hartelus moes eet en drink.

[15] Die tien voormalige rowers sê egter: 'Heer, ons is dit nie werd om aan u tafel te sit nie, en ons kleding is te armoedig en te smerig vir u, menere, wat goed geklee is!'

[16] Ek sê: 'Dit is nou nie in orde nie; nou moet julle doen wat Ek wil, en dan sal julle klere weldra ook verbeter! `n Mens is en bly, wanneer sy innerlike in orde is, ook in die armoedigste klere `n mens.'

[17] Toe eet en drink ons baie opgewek en praat daarby maar min. Toe ons geëet en gedrink en ons liggame aldus gesterk het, staan ons terstond op van ons plekke en Ek vra die herbergier vir die rekening.

[18] Maar hy sê, dat alles al betaal was met die groot oorskot van die pond silwer, en dat ons vir die res nog drie volle dae by hom in die herberg kon bly.

[19] 'Goed', sê Ek, 'dan kan ons met `n geruste hart na buite gaan en die plekkie `n bietjie besigtig.'

[20] Die herbergier sê: 'Sekerlik, - ek sal U slegs vir die sekerheid begelei, want ons het `n Romeinse regbank en `n klein Romeinse besetting hier, en hulle gaan nou bepaald nie al te vriendelik met vreemde reisigers om as hulle hulle êrens teëkom nie. Maar as ek, as vernaamste tollenaar en tewens bestuurder van die dorp, met U sal saamgaan, sal U orals ongehinderd kan kom. Maar om vir myself ook heeltemal seker en gedek te wees, sou dit goed wees as U my persoonlik volgens waarheid sou vertel wie U is en waar U vandaan kom en wat U eintlik hierheen gebring het.' 

[21] Ek sê: 'Omdat jy `n eerlike wêreldsiel is en dit op jou manier goed met ons bedoel, vertel Ek jou as Heer en Leraar voor My en al hierdie ander: Ek is dié Verlosser van alle verlossers van die aarde, en dit is My leerlinge. Merendeels is ons Galileërs. En nou weet jy voorlopig genoeg!'

[22] Die herbergier sê: 'Ag - so, so, - dus `n seun van Aesculapius, en dit is U leerlinge?! Wel, baie goed, baie goed; ek het by U aankoms al iets dergeliks gedink! Maar vertel U my eers, met watter vreemde skepe het U eintlik hier aangekom?! Hoe is dit moontlik dat dit so gou stroomopwaarts kon vaar? So-iets het ek nog nooit gesien nie! En van wie was dan die talle goud en silwer wat in die skip gelê het waarin U, Heer, hier aangekom het, en die edelstene en pêrels?'

[23] Ek sê: 'Dit is weliswaar van My, - maar Ek het alles aan die arm skippers geskenk, omdat hulle ons almal behoue hierheen gebring het. Dat die skepe egter ook stroomopwaarts kon vaar, is `n geheim wat Ek nie nou aan jou kan uitlê nie, om die eenvoudige rede dat jy dit onmoontlik sou kon verstaan. Maar laat ons nou na buite gaan!'

[24] Die herbergier was dit daarmee eens en gaan vooruit om ons die weg te wys en ons na die plek in die stadjie te bring wat volgens sy mening die meeste besienswaardig was. So kom ons ook voor die statige gebou van die Romeinse hoofman, wat op die binneplein juis sy soldate instruksies gee hoe hulle gedurende die nag moes wagstaan, omdat aan hom vertel was dat daar `n groot Persiese karavaan in aantog was. Hulle moet aangehou en gevisenteer word om te sien watter skatte saamgeneem word, sodat hulle oor alles die wetlike tol kon in.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205