|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 6 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 134
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249. |
|
|
Die verhaal van die hoofman oor die wyse Illiriër
134 Die hoofman sê: 'Luister, groot Meesterheiland, ek weet nou werklik nie wat ek meer in U moet bewonder nie, U wonderbaarlike woord- en wilskrag of U buitengewone teosofiese wysheid!
[2] Ek het in Rome eens met iemand gepraat, wat uit Illirië gekom het en `n sonderlinge mens was. Jy kon hom die vreemdste en dikwels mees geheime dinge vra en hy het dit presies geweet. As jy hom oor die lot van `n bepaalde mens gevra het, het hy gesê: 'As jy so doen, sal dit jou lot wees, en doen jy dit of dat, sal jy onvermydelik ook dit of dat oorkom!' Aan my voorspel hy suiwer dat ek byna aan die uiterste end van die groot keiserryk in die ooste aangestel sou word, en dat ek baie wonderbaarlike dinge sou meemaak, wat tot op hede alles uitgekom het.
[3] Hierdie man, wat baie onopvallend daar uitgesien het, vra ek toe so in my vertroue wat sy mening oor die gode was. Toe sê hy: 'Op die manier waarop hulle nou deur julle bekyk en vereer word, sien ek heeltemal niks daarin nie, want hulle bestaan nêrens nie, nóg in die natuur en nóg minder in die een of ander ryk van siele en geeste. Hulle beelde is slegs mensewerk, en die menslike fantasie gee vorm daaraan. In die ou tyd was dit maar net ooreenkomstige voorstellings van die besondere, uit die werking van die natuurkragte bekende, eienskappe van die een, ewig ware God, wat die huidige mense egter nou nie meer ken nie.
[4] Mens moet nie dink dat hierdie eienskappe die enig ware God uitmaak nie, maar jy moet dit so sien dat Hy deur Sy hoogste Wysheid en wilskrag die mens as Sy ewebeeld uit die materie van die aarde deur baie natuurlike lewensfases uiteindelik as mens tevoorskyn laat kom. Die aarde bestaan uit eindeloos baie siele, en die siel van die mens, as die eintlike, ware mens, is net so `n veelvoudige siel binne één vorm en één huid, soos wat haar intelligensies en haar innerlike en uiterlike sienswyses en waarnemings is. Maar dit besef niemand nou meer nie en kan dit ook nie, omdat die mens hom van homself vervreemd het deur sy liggaamlike luste. Die eieliefde en die hoerery het die mense in `n groot, diep lewensnag gestort, waar slegs God Self hulle weer sal kan uittrek en - na hy meen - miskien ook baie gou sal doen. Maar met Rome sou Hy nie begin nie, maar ook nie buite die grense van die groot keiserryk nie.'
[5] Kyk, Heer, so het die vreemde Illiriër gepraat! As hy by die groot wysheid ook tekens kon gedoen het, sou mens hom haas as `n God beskou het. Deur my het hy baie toehoorders en beskermers gevind wat hom graag aangehang het; maar na een jaar het hy afskeid van my geneem en gesê: 'Ek het weliswaar baie vriende hier gevind, maar ook `n nog groter aantal vyande uit die kring van die priesters. Hulle wil my heimlik om die lewe bring; daarom gaan ek ook baie heimlik weer hier weg.' Ek het hom ryklik bedank en het hom `n veilig geleide saamgegee tot aan die kus van die Adriatiese see. Daar het hy aan boord van `n skip gegaan en met `n gunstige wind weer na sy vaderland gevaar.
[6] Ek het dit nou maar net oor hierdie man, om u duidelik te maak dat ek oor dit wat U nou so wys vir my uitgelê het, al vroeër gehoor het en U derhalwe nou makliker kon verstaan. Maar wat U nou daaroor gesê het, staan oneindig baie hoër en is duidelik en vir bykans elkeen goed begryplik. Wanneer ek nou egter U tekens, U voltooide alwetendheid en U wysheid eens goed oordink, dan moet ek nou ook aan die vreemde voorspelling van die Illiriër dink, waarvolgens slegs die groot, enige ware God - en dit baie gou - die mense uit hulle nag sou haal, en wel binne die grense van die groot keiserryk. Miskien is Uself wel `n afgesant van die enig ware groot God - of selfs Hom in eie persoon?!
[7] Mag één van beide die geval wees, sê dit dan aan ons, sodat ons ons almal daarvolgenskan rig!'
|
|
|
|
|