Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 6
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 10

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249.

Die selfbeskuldiging van die priesters

10 Dit duur `n geruime tyd voordat iemand dit durf waag om ook maar `n woord te sê; want die verskyning van beide profete het almal baie aangegryp en veral die aanwesige Judeërs baie diep geskok.

[2] Net DIE HERBERGIER, wat langs My gesit het en ook heeltemal aangegryp was, het op gedempte toon aan My gesê: “Heer, Heer, daaruit blyk meer as uit al die ander dinge, dat U in die grootste waarheid die Een is waarvoor U Uself in die tempel voor die hele volk uitgegee het!

[3] Nou is dit sonhelder, dat die beloofde groot tyd van tye gekom het met alle barmhartighede, maar ook met alle oordele uit die hemele. O, was ek maar waardig genoeg om in aanmerking te kom vir `n heel klein deel van die barmhartighede!”

[4] EK sê: “Nie net `n heel klein, maar `n hele groot deel kan jy neem! Dit hang maar net van jou wil af om met vreugde en plesier te handel volgens My leer, waarmee jy binnekort volkome vertroud sal wees. - Maar nou sal ons die Judeërs eers vra hoe hulle hierdie ware verskyning hulle geval het!”

[5] Daarop wend Ek My tot die twintig Joodse priesters en vra hulle  om te sê wat hulle nou van hierdie verskyning gedink het.

[6] Toe het daar EEN van sy sitplek af opgestaan, wat vervolgens sê: “Dat die verskyning geen voorgetoorde begogeling was nie, daarvan is ons almal volkome oortuig, want `n suiwer skyneffek soos wat ek verskeie kere in Damaskus gesien het, het geen spraak nie en het geen wete van die geheimste gegewens oor voorvalle wat kort of lank gelede êrens voorgekom het nie. Maar juis omdat die verskyning juis geen begogeling was nie, moes dit beslis `n baie onheilspellende indruk op ons almal gemaak het en wel, omdat ons daardeur maar al te duidelik gesien het dat ons deur ons slegte dade onmoontlik ooit vergewing van ons oorgrote sondes van God kan verwag.

[7] Dit is waarlik `n uiters moeilike saak om op die wêreld mens te wees! Mens is blootgestel aan alle verlokkinge van die wêreld en van die duiwel, twee vyande van die menslike lewe waarvan mens wel die minste skadelike sien, maar waarvan die tweede, wat die mense na die wêreld lok en met alle geweld daarnatoe trek, deur niemand gesien word nie, waardeur iemand jou ook baie moeilik daarteen kan verset.

[8] Dat ons groot sondaars geword het, sien ons nou duidelik in; maar hoe ons so langsamerhand daartoe gekom het, is vir ons volkome onbegryplik. Ons kan nou niks anders sê nie as: Heer, indien daar in U nog barmhartigheid vir ons is, ontferm U dan oor ons en oordeel ons minstens nie te hard nie!

[9] As ons dit destyds so sou ingesien het soos nou, dan sou Sagaría en daarna Johannes nie so behandel gewees het nie. Maar ons was almal immers stokblind, deur die wêreld en die duiwel verblind en daarom het ons ook suiwer volgens ons waarlik duiwelse blindheid en die ergste bose wil van die duiwel gehandel.

[10] Soos wat Moses en EliJaH ons nou egter heel tereg by U, o Heer, aangekla het, so kla ons dan nou ook die duiwel by U aan, hierdie grootste vyand van die mense; laat hy ook nou voor U regterstoel kom!”

[11] EK sê: “Die aandeel wat die duiwel aan julle handelinge het, is alreeds lank op sy rekening geskryf, maar Ek sê aan julle, dat daar nou sommiges in die tempel is wat die duiwel alreeds lankal oortref het en die mensdom sodanig behandel het, dat julle daarin deur geen duiwel oortref kan word nie. 

[12] Ek sê ook nog aan julle, dat juis die verleidinge van die kant van die duiwels lank nie so groot is soos wat julle in julle dwase geloof dink nie! Die eintlike duiwel is die mens self met sy wêreldse begeertes. Daaruit kom die eieliefde - dit is `n duiwel, - die sug na `n luukse lewe - `n tweede duiwel, - die eersug, die hoogmoed, die heerssug, die toorn, die wraak, die nyd, die gierigheid, die arrogansie, die hoerery en die minagting van die medemens voort - dit is louter duiwels, wat op eie grond en bodem verwek is! Daarom moet julle juis nie so `n groot angs vir die duiwel hê en hom ook nie aankla nie; maar kla julleself in julle gewete aan en wees berouvol daaroor en neem die vaste besluit om heeltemal ander mense te word en word dit dan ook!

[13] Julle moet God waarlik bo alles liefhê en die arme naaste soos julleself, dan sal julle talle groot sondes ook vergewe word! Want as `n mens die sonde nie volledig loslaat nie, kan hulle dit ook nie kwytgeskeld word nie. Want die sonde is immers iets wat die mens self doen, omdat dit voortkom uit sy liggaam en die wil van sy siel.

[14] Die doen van goeie werke volgens die wil en die woord van God is en bly eintlik, ook al doen die mens dit uit eie vrye wil, `n barmhartigheid van bo, `n verdienste van die Gees van God in die hart van die mens en val die mens maar net ten deel deur die barmhartigheid van God. - Nou weet julle hoe die sake staan. Julle is vry en kan doen wat julle wil!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205