Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 6
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 153

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249.

Voorspelling van die Heer oor die oordeel oor die Judeërs. Die verganklikheid van die materie

153 (DIE MEESTER:) 'Die Judeërs van Jerusalem moet baie anders behandel word as die Galileërs of Samaritane of selfs heidene, en die laasgenoemdes weer baie anders na gelang die land of die gemeente waar hulle vandaan kom.

[2] Julle moet veral let op hulle natuurlike en morele ontwikkeling. Eers as jy dit ken, kan jy bepaal op watter manier jy bepaalde mense met sukses kan benader en hulle vir die waarheid en vir die lig van die lewe kan wen. Daarom sal ons hier in Jerusalem baie slegte resultate bereik as ons met die middele van Chotinodora, Malaves, Samosata, Serrhe en dergelike, hierdie mense tot die lig sou wil bekeer.

[3] Die heidene sit tog al tot ver oor hulle ore in die duisterste oordeel. As Ek `n groot teken daar verrig om hulle ou bygeloof en hulle ou oordeel deur `n nuwe oordeel te verbreek, skaad dit hulle nie, omdat hulle deur `n sagte oordeel van hulle ou en harde bygeloof bevry sou geword het, en hulle onder die nuwe oordeel heeltemal vry kon beweeg deur hulle geloof in God en deur hulle liefde tot Hom. Wanneer Ek egter hier in Jerusalem - veral nou in hierdie tyd - dieselfde sou doen soos aan die Eufraat, sou daar heelwat Judeërs van louter skrik en angs wegkwyn en sterwe, en dan sal ons nie soveel mense meer hê om die evangelie aan te verkondig nie. Die wat nog in die lewe sou bly, sou vir ons vlug, en die priesters sou huil, vloek en skreeu: 'Kyk, nou het Beëlsebul die werk van JaHWeH vernietig! Wee ons! JaHWeH het ons, Sy volk, verlaat en ons aan die duiwels oorgelewer!'

[4] Ek het vir hulle oë slegs `n klein wonder gedoen, - en toe skreeu hulle al dat Ek `n sabbatskender en godloënaar was en My dade met behulp van Beëlsebul tot stand gebring het! Wat sou hulle dan wel sê en vervolgens doen, as Ek nou in `n flits die tempel met alles wat hom daarin bevind, sou vernietig?! O, as Ek dit nou sou doen, sou julle gruwel op gruwel beleef en uiteindelik selfs baie gou moes vlug. Maar omdat daar geskryf staan dat die verlossing vanaf Jerusalem sal uitgaan, moet ons hier slegs deur woorde werk, en uiteindelik liewer self die liggaamlike dood deurstaan as om die volk met bo-aardse krag aan te pak, waardeur dit liggaamlik en geestelik sekerlik vernietig sou word.

[5] Ja, Ek sê vir julle: Hierdie stad en die tempel sal op sy verste binne vyftig jaar sodanig vernietig word dat `n mens gladnie meer sal weet waar die tempel gestaan het nie; dit sal egter deur die uiterlike krag van die Romeine plaasvind. Dit sal `n geweldige tugtiging van God wees, en die Judeërs sal na alle windstreke verdrywe word, nooit meer `n volk wees nie en sal deur almal verag word, en sal by die heidene in ellende hulle brood moet verdien. Die land sal hulle vir altyd ontneem word en deur die heidene in `n woestyn verander word!

[6] Maar hierdie groot besoeking, wat met sekerheid kom, sal die gemoed van die mense in die land tog nie so verwoes soos wat die geval sou wees wanneer Ek nou hulle tempel sou laat verdwyn nie; want die eersgenoemde sal hulle toeskryf aan die wreedheid van die Romeine, en dan sal baie hulle weer tot God bekeer. Maar die laasgenoemde oordeel sou vir hulle die weg tot God totaal versper; want hulle sou dit uitlê as `n baie duidelike, onversoenbare oordeel van JaHWeH, en ook as vasstaande aanneem dat Hy Sy groot, onversoenlike toorn juis daardeur te kenne gegee het deur voor hulle oë - en bowendien ook nog op `n belangrik fees! - die tempel met die allerheiligste, suiwer deur Beëlsebul te laat verdwyn en hulle so almal aan hom oor te lewer.

[7] As die arme volk nie in gedrang was nie, sou ons onsself, slegs vanweë die priesters, sekerlik geen oomblik bedink het om die tempel op so `n wyse te ontdoen van sy bose inhoud nie; maar terwille van die arme volk, wat tog baie aan die tempel hang, omdat hulle nog glo dat God se Gees daarin aanwesig is, wil en sal ons hier absoluut geen verwoesting veroorsaak nie.

[8] Maar hierdie liggaam van My, as tempel van die ware Gees van God, sal afgebreek word en weer Self deur My in drie dae opgebou word. En dit sal `n dodeliker getuienis teen hulle wees en `n erger oordeel oor hulle wees, wat nou na eie willekeur in die tempel besig is, as wanneer Ek nou duisend van hulle tempels uit die weg sou ruim. Want wat daar met My tempel gaan gebeur, sal alle gelowiges teen die misdadigers in die tempel die harnas injaag. Hulle sal hulle afkeer en steun by die Romeine vind. Dit sal die ryk priesterkaste gloeiend van woede maak teen die Romeine. Hulle sal heimlik van orals af huurlinge verwerf en die Romeine uit die land probeer verjaag. En kyk, dan sal hulle einde kom! Dink daarom nou nie verder daaroor na nie; want alles sal so gebeur soos wat Ek julle nou vooraf meegedeel het!

[9] Waarlik, Ek sê julle: Hierdie aarde en hierdie sterrehemel met al die wêrelde wat julle nou sien, sal ook eens vergaan, - maar My woorde en hulle wat dit lewend besit, sal ewig nie vergaan nie! Want niemand gebruik `n werktuig langer as wat dit vir hom bruikbaar is nie; as dit eenmaal totaal verslete is, dan werp mens dit weg en skaf `n mens vir hom `n nuwe een aan. En kyk, Ek doen presies dieselfde!

[10] As iemand al talle jare lank geesryke wyn in `n sak bewaar het, sal hy die sak dan nog wel langer gebruik, wanneer dit verteer is en die wyn eerder uitsypel? O nee, hy sal die ou sak weggooi en `n nuwe een neem. Kyk, dieselfde doen Ek ook, - soos wat Ek ook met `n ou, verrotte boom doen, doen Ek ook met `n ou, voos geworde wêreld. Want as al My gedagtes en idees wat Ek in `n wêreld vasgelê het, eenmaal in `n vrye, selfstandig, suiwer geestelike lewe oorgegaan het, dan is so `n aarde tog net `n leë dop, wat geen nuwe, sterk lewe meer kan dra en tot ontwikkeling kan bring nie. Dan word die leë dop ontbind, en in haar plek kom `n nuwe, met `n nuwe lewenskiem, gevulde aarde. Alles in tyd en ruimte verouder, word swak, sterf en vergaan; slegs die suiwer, denkende, skeppende gees bly ewig.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205