Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 6
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 46

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249.

`n Toets vir die studente van die Heer.

(Evangelie van Johannes 6: 65-70)

46 Dit het soos `n donderslag gewerk, sodat talle baie geskrik en ontsteld geword het en sommiges sê: “Heer, waarom het U dit dan nie alreeds veel vroeër gesê nie?! Waarlik, ons sou so `n onwaardige mens by ons alreeds lankal ontdek en vir goed verwyder het, indien U in U groot geduld nie self die hand aan hom wil slaan nie!”

[2] EK sê: “Ek het julle alreeds dikwels gesê dat op hierdie wêreld alles sy tyd en sy maat het. Ten tye van die oes sal geen verstandige huisvader die onkruid tesame met die koring versamel nie, maar net die suiwer koringare, en al die onkruid, wat ook tussen die koring gegroei het, sal hy deur sy knegte in bondels laat versamel, om dit dan te verbrand ter bemesting van die akker. (Matthéüs 13:25)

[3] Maar daarom het Ek alreeds vroeër aan julle gesê, dat niemand werklik na My kan kom behalwe wanneer dit aan hom deur die Vader gegee is nie, (Johannes 6: 65) wat in Homself Liefde en Lewe en Waarheid is soos wat Ek dit is vanuit die Vader en ook uit Myself, omdat Ek in die Vader is en die Vader in My is. (Johannes 6:65; Johannes 6:44) 

[4] Laat niemand van julle dink dat hy naby My is omdat hy saam met My rondtrek nie, My woorde hoor en My tekens bewonder nie, - maar hy alleen is waarlik by My, wat met suiwer, innerlike liefde na My getrek word, en sonder enige twyfel die volledige geloof wat Ek leer, en glo dat Ek nou as tydelike Menseseun uitgegaan het van My Vader en in die Gees Een met Hom is.

[5] Toe het die studente, behalwe die Judese Grieke en die twaalf gesê: “Ja, in hierdie geval is daar geen sin in om saam met Hom rond te trek nie! Die harde en ongelooflike begryp ons nie - en daarom kan ons dit ook nie glo nie. Om Hom so suiwer lief te hê is ook nie so maklik nie, omdat Hy Hom teenoor ons voorwaar so gedra dat dit aan ons weinig neiging vir Hom gee. Daarom doen ons goed om weer na Moshè terug te val, want hy is vir ons duideliker en begrypliker. Om God lief te hê beteken tog in elk geval maar net om Sy gebooie te onderhou. En daarom hoop ons om sonder die geloof in hierdie raaiselagtige lesse, salig te word.”

[6] Daarop het baie ons die rug toegekeer en nie meer met My saamgegaan nie, alhoewel hulle later baie oor My woorde nagedink het. Omdat Ek egter aan niemand van hulle wat weggegaan het, ook maar gevra het om nog te bly en geduld te hê nie, het ook die agterblyers treurig begin lyk en nie geweet waaraan hulle toe was nie, - of hulle ook moes gaan of bly nie.

[7] Toe het EK aan hulle op `n vriendelik-vraende toon gesê: “Wil julle dalk ook weggaan? Wat My betref, is julle net so vry soos elke mens op hierdie aarde.” (Johannes 6:67)

[8] Toe sê Simon Petrus aan My: “Heer, waarheen moet ons dan gaan? Net U het immers lewenswoorde, ook al is ons nie in staat om dit dadelik ten volle te begryp nie. Op die regte oomblik sal U dit wel weer nader vir ons toelig, wanneer ons waardiger vir U hoëre lig sal wees as nou. (Johannes 6:68)

[8b] En bowendien het ons immers dadelik vanaf die begin geglo en erken dat U die Gesalfde en die lewende Seun van God is, en dus kan ons U, o Heer, immers onmoontlik meer verlaat nie! Heer, verstoot ons asseblief nie en beoefen geduld met die swakhede van ons, wat nog steeds groot is!” (Johannes 6:69; Matthéüs 16:16)

[9] EK sê: “So is dit goed en reg, en so bly dit ook! Maar omdat ons nog hier in hierdie openbare skool in Kapernaum is, kan Ek dit nie nalaat om aan julle nog iets te onthul nie. Julle weet dat Ek die vorige jaar in hierdie streek julle twaalf uit talle studente uitverkies het, - en sien, tog is daar onder julle `n duiwel!” (Johannes 6:70) 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205