|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 6 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 106
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249. |
|
|
`n Skrifgeleerde ondersteun die opvattinge van die priestervroue
106 Hierdie plek was belangrik, omdat die tempel vir baie heidene `n plek was waarheen hulle van tyd tot tyd `n pelgrimstog gemaak het, en omdat dit `n tweede orakel van Delphi was. Hierdie priesters en priesteresse het al baie ryk geword daarvan. Van daar af kon dan ook oor `n groot deel van die Asiatiese Grieke en Romeine `n beter lig uitgestort word, en daarom het Ek ook ietwat langer hier gebly as in die vroeër besoekte plek van die klein en eindige, asook van die groot en oneindige Galilea.
[2] Via dieselfde agterweg gaan ons nou terug na die huis van Jored om te voorkom dat Judas Iskariot iets verdien, soos wat hy gehoop het; want langer as tot die middag wil al die mense nie wag nie en sommiges laat hulleself daar teleurgesteld teen die leerling uit omdat hy hulle so aan die lyntjie gehou het en hulle My tog nie te siene kry nie. Die leerling verberg hom egter in die huis, omdat hy bang was dat hy nou in plaas van sy verwagte geld, stellig `n ander betaling sou kry.
[3] So kom ons in die saal, en die middagete was ook al voorberei en word dadelik opgedien.
[4] Vooraf sê Ek egter vir almal: 'As die leerling kom, laat hom dan toe, en maak asof hy gladnie weg was nie!'
[5] Nouliks het Ek dit gesê of hy kom die saal al binne en groet almal vriendelik en maak ook asof hy ons die oggend gladnie gemis het nie. Ons doen egter dieselfde, en eet en drink baie opgewek.
[6] Tydens die ete word weinig gepraat, - slegs ons twintig nuwe leerlinge praat onder mekaar oor wat die priestervroue gesê het, want hulle het sulke glasharde stoïsynisme nog nooit vroeër meegemaak nie. Dan weer maak die een, dan weer `n ander `n opmerking daaroor.
[7] Die Skrifgeleerde onder hulle, wat tewens in kabbalis* was en wat die later heeltemal verlore gegane boek van die 'Oorloë van JaHWeH' goed geken het - wat die oud-Indiërs egter in die huidige tyd tog nog onder die naam Sen scrit ('Ek is verborge') besit, - sê: 'Tog moet jy respek vir die vyf vroue hê, want hulle het baie meer geleer as die oorgrote deel van die geleerdste Judeërs, en gesien vanuit ons natuurlike lewensomstandighede kan mens hulle buitengewone gedugte opvattinge beslis nie afkeur nie. *(aanhanger van die geheime Joodse leer)
[8] In die oë van `n skerpsinnige denker is die sigbare dood van alle skepsele nou juis iets wat die Skepper baie van Sy groot glorie en majesteit ontneem! As Hy deur Sy almag die aarde met haar berge en seë, maan, son en alle sterre in stand kan hou, waarom dan op Sy minste ook nie die mens soos wat hy is nie, met liggaam en siel tesame?
[9] En al moet die mens dan na verloop van tyd sy liggaam aflê en in `n steeds suiwerder geestelike wese oorgaan, dan sou dit deur die almag van die Skepper immers tog wel kon gebeur deur die liggaam langsaam maar sekerlik geesteliker te maak en uiteindelik sonder enige verstoring van die eie bewussyn in die suiwer geestelike te laat oorgaan, of deur die mens op `n bepaalde ryp leeftyd in elke geval sigbaar te laat kommunikeer met die reeds heeltemal oorgegane mensesiele, om daardeur vir homself en vir sy naaste volledige sekerheid te kry oor die lewe na die dood. Maar van dit alles is op hierdie aarde bykans geen spoor te ontdek nie.
[10] In die eerste plek word die mens al dommer en onbeholpener as `n dier in hierdie wêreld gebore, en moet jare lank deur sy ouers versorg en gevoed word voordat hy genoeg krag en insig het om homself te onderhou, - en in die tweede plek word hy, wanneer hy dan `n mens geword het wat hom vry moet kan beweeg, deur `n groot aantal wette dermate beperk en sodanig fisies en geestelik gebind, dat hy nouliks nog vry kan asemhaal. En ek vra my af, wat staan dan vir hom daarteenoor? Niks anders as die goeie geloof dat dit met hom na die dood beter en selfs buitengewoon goed sal gaan wanneer alle moeilik opvolgbare lewensvoorwaardes, wat deur die wet opgelê is, vervul is. Ja, dit sou alles goed en beter gewees het as die mens `n sekere waarborg daarvoor sou gehad het! Maar daar sit die grootste moeilikheid by alle mense!
[11] Mens lees wel in die boeke dat die mense uit die voortyd met hulle eenvoudige sedes sulke waarborge gehad het. Ja, dit is natuurlik baie mooi en dit is werklik `n gelukwensing werd as hy dit gehad het! Maar ons huidige mense kan mens gladnie gelukwens nie; want aan ons ontbreek sulke waarborge ten ene male, en tog is ons net sulke goeie mense as wat die mense uit die voortyd was. Mens sê ons weliswaar dat dit by ons nie meer moontlik is nie, omdat ons te grof sinlik materialisties sou geword het en aanhangers van die Joodse geheime leer is. Maar ek dink dat juis daar waar die mens op dwaalweë geraak het, hetsy deur sy swakheid gelei of deur die een of ander onsigbare duiwel verlei, dergelike waarborge uit `n moontlike geesteswêreld die meeste na vore sou moet tree om die dwalendes op die korrekte pad te bring. Maar in die algemeen gebeur daar juis nooit iets dergeliks nie.
[12] Dat ons met die paar mense nou juis die groot seëning geniet om U, Heer en God, by ons te hê, wat ons deur woorde en tekens laat sien dat en hoe `n mens tot `n ewige en suiwer geestelik lewe geroep en bestem is, geld egter nog lank nie vir alle mense in die wêreld nie, en selfs vir ons slegs in soverre ons van U moet glo dat dit so is, omdat U suiwer goddelike tekens en dade ons geloof `n vaste steun gee. Maar die werke van Moses was ook indrukwekkend, en het veral die mense van sy tyd gedwing om volkome te glo; naderhand het al die buitengewone tekens egter opgehou, en die mense het swakker en swakker in die geloof geword, en het sodoende nou merendeels gestaan op die punt om `n ewige nie-te-wees as die grootste geluk te sien en dit reeds vooraf werklik te voel. Want vir die totale vergaan van die dinge het hy daagliks tallose bewyse gehad, maar vir die ewige voortbestaan selfs nie één nie!
[13] Dat dit egter so in hierdie wêreld voorkom, sal niemand hopelik kan betwis nie, en mens kan die priesteresse in hierdie tyd werklik nie kwalik neem as hulle oordeel en die mening wat hulle verkondig, ooreenstem met wat hulle in die hele natuur deur intensiewe ondersoek as korrek bevind het nie. Waarom kom die gees van hulle gestorwe leraar dan nie soos wat hy aan hulle, nog tydens sy lewe, met die hand op sy hart verseker het nie? En waarom gehoorsaam Samuel se gees dan die magpreuk van die heks van Endor en voorspel Saul se einde? Ja, dit is dan tog wel vreemde dinge waaruit `n mens langs natuurlik-verstandelike weg wel nooit in die ewigheid wys sal word nie!
[14] Jy kan `n mens deur woorde en onderrig weliswaar baie lig en rus verskaf en dit met wonderbare tekens onderbou; maar van `n oortuiging in die eie, lewende bewussyn is daar nog lank geen sprake van nie! - Heer en God, hierdie opvatting val tog heel goed te verontskuldig, wat vind U daarvan?'
|
|
|
|
|