|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 6 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 186
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249. |
|
|
Die Romeine en die jong vrou eer die Heer
186 Maar nou begin die Romein My ook ietwat noukeuriger te bekyk, en hy sê vir My: 'Vriend, vergeef my dat my hart my dwing om U nou ook met `n belangrike vraag lastig te val! My vroeëre navorsing na die besondere man uit dié land sal u nie ontgaan nie. U het nou hierdie jong vrou so wonderbaarlik genees soos ek nog nooit vroeër meegemaak het nie. U genees haar slegs deur die krag van U wil. Sou dit kon wees dat U uiteindelik die besondere man, die ware Elohimmens is, waaroor mense heeldag in Rome praat?! En mag U dit miskien nie wees nie, dan sal U sekerlik iets van Hom af weet. As dit so is, bring ons dan by Hom, en wat ek aan skatte by my het, sal aan U geskenk word!'
[2] Daarop sê Ek: 'Omdat u daarvoor vanuit Rome die ver reis met u reisgenote hierheen gemaak het, sê Ek u dat u reeds op die korrekte plek is; want Ek is Die Een wat u gesoek het. Wat wil u nou doen? Waarom was dit vir u soveel werd om My te vind?'
[3] Die Romein, wat heeltemal in die wolke was oor My mededeling, sê: 'O vriend, as U Die Een is, dan het ek met al my reisgenote my heil gevind; want ek wil U onderrig self meemaak en U groot Mag en Glansrykheid sien. Maar ons sal U eerder môre verder lastig val; hierdie nag wil ons as ou, goeie vriende deurbring.
[4] Allereers dank ek U nou vir die genesing van hierdie liewe jong meisie. En julle beide as gashere, laat nou nog meer wyn bring; want ons het nou ons hoogste heil gevind, en môre sal alle armes van hierdie stad op ons koste te ete kry! Fiat*!' *(ek het gespreek!)
[5] Lasarus en die herbergier gaan haal nog `n goeie hoeveelheid wyn en die drinkbekers word gevul.
[6] Daarop gryp die Romein die vol beker en sê: 'Heil ons, en eer, liefde en dank aan U, groot Heer! Ook al herken die duistere, dom Judeërs U nie, dan sal die Romeine U nog beter herken!'
[7] Hierop drink hy die beker in één teug leeg en prys daarna die wyn. Vervolgens doen die ander almal dieselfde. Slegs die jong vrou drink nie, omdat sy bang was om weer `n aanval te kry.
[8] Maar die Romein sê vir haar: 'Luister, liewe jong vrou! Ons Romeine het `n ou spreekwoord wat lui: 'As die dokter daarby is, kan jy niks oorkom nie!' En hier het ons `n Opperdokter, en daarom kan jy ook ter ere van Hom wel `n beker leegdrink!'
[9] Toe sê die jong vrou: 'As ek weet dat ek Hom eer kan bewys deur die wyn te drink, sal ek alle sakke in die hele Palestina wil leegdrink en dan vir Hom sterwe; maar ek weet, dat ek deur die drink van wyn Sy eer nie in die minste vergroot nie. Omdat Hy deur alle magte van die hemel en van die natuur van hierdie aarde ten hoogste geëer word, is naas die hoogste eer, my eer soveel as niks, en daarom drink ek nie nou die wyn so nie; maar ek drink die wyn uit liefde vir Hom en ook vir u, goeie manne uit Rome! En laat daarom hierdie beker vol wyn soveel beteken as: My hart is slegs vir Hom, en my agting vir u almal!'
[10] Na hierdie goeie toespraak drink sy die beker leeg, staan van haar sitplek op, kom na My toe en sê: 'O groot Heer, laat `n onwaardige jong vrou die soom van U kleed aanraak en soen om haar hart daardeur ietwat te verlig!'
[11] Daarna kniel sy neer, gryp die soom van My gewaad en soen dit talle kere, maak dit nat met haar trane en kon dit toe gladnie meer loslaat nie.
[12] `n Paar leerlinge protesteer en sê: 'Maar Heer, jaag haar tog weg; sy maak U goeie klere vuil!'
[13] Ek sê: 'Waaroor bekommerd julle julleself! As Ek dit goed vind, waarom vind julle dit dan nie goed nie?! Sy was `n sondares, is nou `n ware boetvaardige vrou en het My juis daarom liewer as baie regverdiges wat geen behoefte het om boete te doen nie.
[14] Kyk, daar was eens `n mens wat honderd skape gehad het! En op `n keer verdwaal daar op die groot weiveld `n skaap in die bossies. Toe hy die aand sy skape tel, merk hy dat daar `n skaap makeer. Hy dink nie lank nie, laat die nege-en-negentig skape staan en gaan gou die verlore skaap soek. En toe hy dit na `n lang en inspannende gesoek gevind het, neem hy hom van blydskap op sy skouers en dra hom na die huis. Toe hy weer by die ander nege-en-negentig kom, verheug hy hom meer daaroor oor hom wat geseënd teruggevind is as oor die nege-en-negentig wat nooit soek was nie.
[15] En kyk, so sal daar ook in die hemel meer vreugde wees oor één sondaar wat waaragtig boete doen, as oor nege-en-negentig regverdiges wat nooit boete hoef te gedoen het nie!
[16] So was daar ook `n vrou wat van haar geld `n stuiwer verloor het. Sy het baie getreur oor die verlore stuiwer, het dadelik `n lamp aangesteek en hom gesoek totdat sy hom teruggevind het. Toe sy die stuiwer teruggevind het, nooi sy haar bure uit, en gee `n maaltyd om hulle ook in haar groot vreugde te laat deel.
[17] Kyk, dit sal ook in die hemel gebeur wanneer `n sondaar hom deur ware boetdoening laat terugvind het! Want die engele van God sien altyd Sy aangesig, let goed op die doen en late van die mense en is uitermatig bly wanneer `n mens uit homself die sonde loslaat en hom in al sy doen en late na God rig.
[18] En daarom verheug Ek Myself ook oor hierdie sondares wat haar nou vir altyd van haar sonde afgewend het; en sy is ook bly dat sy haar egte en ware heil gevind het. Laat sy daarom haar vreugde geniet!'
[19] Daarop sê die leerlinge, wat ietwat jaloers was, niks meer nie, drink hulle bekers uit en laat dit ook dadelik weer aanvul.
|
|
|
|
|