Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 6
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 7

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249.

Die Heer met Sy mense op `n heuwel by Bethanië

7 Toe ons almal op die heuwel byeen was, wat, soos wat gesê is, agter die huis van Lasarus geleë was en waarop `n mooi vlak terrein hom bevind het, goed voorsien van rusbanke, het ons gaan sit terwyl die nag helder verlig is deur die vol maan; en hoewel ons, alhoewel ons so vyf-en-vyftig was, tog ruimte genoeg gehad het, het sommige Judeërs nogtans daaroor begin twis dat mense die sitplekke nie presies volgens rangorde ingedeel het nie.

[2] LASARUS het `n opmerking daaroor gemaak en gesê: “My vriende! Volgens dit wat ons gehoor, gesien en ervaar het, is net die Een onder ons die hoogste in rang en Hy het vir Homself juis die geringste plek uitgesoek! Hoe kan ons ons rang dan as so belangrik beskou, terwyl ons tog eintlik as suiwer sterflike mense, vergeleke met Hom, heeltemal niks is nie?!”

[3] Hierdie woorde van Lasarus as algemene geagte gasheer het `n goeie uitwerking gehad en `n einde gemaak aan die lastige en volkome onbelangrike getwis. 

[4] Toe alles op hierdie wyse rustig en ordelik geword het, sê EK: “Bo alles gebied Ek julle hier, dat julle dit wat julle nou sal hoor en sien, altyd streng vir julleself sal hou, sodat niemand maar net daardeur deur sy wil en gewete genoodsaak word om aan My en My sending te glo, behalwe alleenlik deur die daarvoor bestemde nuwe leer en die tekens wat deur My wysheid daarvoor gekies word nie. 

[5] Elke innerlike, morele dwang is in sigself al `n oordeel; want wat `n mens nie aanneem en nie volledig uit vrye wil en volledig uit eie besef en oortuiging doen nie, dien hom nie tot lewe nie, maar tot `n oordeel. Om heeltemal goed en vol van die ware, geestelike lewe te word, mag die mens deur geen ander dwangmiddel aangespoor word as alleenlik net deur sy eie vrye en vaste wil nie.

[6] Nòg Wet nòg beloning of straf mag hom op enige wyse daartoe bring nie, maar alleenlik net sy vrye geloof, sy innerlike oortuiging, sy suiwer insig en vervolgens die gehoorsaamheid na buite toe en sy vrye wil, wat moet voortkom uit die suiwere liefde vir God en vir alles wat goed en waar is.

[7] Ek sê dit aan julle as die helderste waarheid: Ek sou net so maklik en eintlik nog makliker in die gestalte van `n mens van ontsaglike grootte, begelei deur tallose engelskare en deur vuur, weerligstrale en donder en `n storm, op die aarde sou kon neergedaal het en met `n donderende stem wat berge verwoes, en aan julle die nuwe barmhartigheidswoord verkondig het. Daar sou seker niemand onder julle gewees het wat in homself ook maar die geringste twyfel sou laat opkom nie. Want die enorme skrik en die grootste angs sou hom oombliklik soveel bevang het, dat hy nie eens tot die geringste gedagte in staat sou gewees het nie. Sou dit egter vir iemand van nut gewees het vir sy innerlike, ware vrywording? O, geensins nie! Dit sou `n oordeel gewees het vir elke mensesiel en alle harte sou so verskrik geword het, dat hulle behoorlik in die hardste klip sou verander het!

[8] Sien, daarom het Ek so eenvoudig en heel onopgemerk in hierdie wêreld gekom soos wat Ek My ook deur die mond van die profete aangekondig het, sodat geen mensehart gevang sou word nie en hulle alleenlik net deur die seënryke mag van die waarheid van My woorde en lesse, My liefhebbend sou erken en dan heel vry hulle lewenswandel daarvolgens sou inrig!

[9] My tekens moet net dien om te bekragtig dat EK werklik IS wat Ek sê dat EK IS. Daarom waarsku Ek julle nogmaals om aan niemand oor dit wat julle in hierdie nag sal hoor en sien, iets te sê nie, sodat geen mensehart innerlik in sy gemoed gevange word nie! Julle moet julle daardeur egter ook self nie in julle hart gevange laat neem nie, maar julle net laat lei deur My woord en die waarheid daarvan.

[10] Want as julle ongedwonge al My tekens sou weerspreek en ongedwonge julle aan die waarheid van My woorde sou onderwerp, dan sou julle nogtans die ewige lewe in julle en die volle vryheid daarvan hê; as julle julle egter net deur die tekens laat beheers en nie op die waarheid van My woorde let nie, dan is julle gevange, dan bevind julle julle in die oordeel, dan is julle net suiwer masjienagtige mense sonder innerlike, waarlike geestelik lewe en daarom dood, soos wat `n klip dood is.

[11] Sodat julle julle nou ook in julle gemoed en harte daarvolgens kan gedra, het Ek, die enigste Heer en God van al wat lewe en bestaan, dit vooraf aan julle almal gesê. Rig julle daarvolgens, dan sal julle lewe!” 

[12] Hierdie woorde van My het almal baie diep aangegryp en baie het begin bang word vir wat nou daaruit sou kom.

[13] Maar EK sê aan hulle: “Ja, my liewe kinders, as julle nou alreeds bang word en oorval word deur allerlei angstige gevoelens, dan sal Ek in julle teenwoordigheid nie juis so baie kan doen nie!”

[14] Toe sê LASARUS: “O Heer, ek is nie bang nie en U studente is dit ook nie! Wie egter nou bang word, wel, laat hom maar bang word, - dit sal hom ook nie skaad nie!”

[15] EK sê: “Nou goed, laat ons dan hoor en sien!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205