|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 6 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 175
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249. |
|
|
Lasarus se twyfel aan die goddelike leiding van die mensdom
175 Lasarus sê: 'Ja, ek het dit in elke geval goed verstaan! Eerlik gesê: die hele geskiedenis van die mensdom sien nou nie bepaald goed daaruit nie! In feite is die mense tog merendeels nie self skuldig daaraan dat hulle so sleg is nie, maar veeleer die omstandighede waaronder hulle verwek, gebore en opgevoed is. Dan lyk elke oordeel tog wel asof dit `n baie eiemagtige en tirannieke daad is van die kant van Die Een wat die mag het om die mense te oordeel.
[2] Mense sê weliswaar: God gee elke mens die korrekte kennis van waar en onwaar en van goed en kwaad; maar wanneer gebeur dit? Volgens my ervaring dikwels eers dan, wanneer die mens reeds so vas sit in alles wat verkeerd en boos is, dat geen enkele ware leer hom ooit meer sal kan help nie. Wanneer die mense etlike honderde jare sonder enige voelbare goddelike invloed gebly het, gaan hulle God noodsaaklikerwys steeds meer vergeet en maak dan eie wette en lewensvoorskrifte, waardeur ondanks baie streng navolging, die geluk van die mense nie tot stand gebring kan word nie. Sodra die mensdom dan uiteindelik heeltemal verdierlik is, kom daar, aanvanklik slegs klein, openbaringe deur geroepe mense. En werp dit geen vrugte af nie, dan volg daar eers groter openbarings. En het dit ook geen uitwerking nie, dan volg daar `n strafgerig. Heer, waarom dit nou eintlik so moet wees, verstaan ek self nog lank nie!
[3] Van Adam tot Noag, en veral by die nakomelinge van Kain, was daar van besondere openbaringe bykans geen sprake meer nie. Ten tye van Noag het daar wel allerlei tekens en openbaringe plaasgevind, maar te laat, omdat die volk, veral die uit die dal, al heeltemal duiwels was. Die volk het hulle toe natuurlik niks meer daaraan gesteur nie en verder geleef in sy roes; maar daarna het dan ook dadelik `n verskriklike oordeel gekom.
[4] Daarna het dit tot Abraham geduur, gedurende die lang tyd waar bykans geen openbaring plaasgevind het nie. Met Abraham het die goddelike openbaring weer begin; maar spoedig daarna het dan ook die oordeel oor Sodom en Gomorra en die omliggende tien stede gevolg.
[5] Via Abraham, Isak en Jakob het dit toe weer verder gegaan tot by Moses. In die tyd van hierdie profeet het iets buitengewoon vanuit die hemele vir die mense plaasgevind. Hulle het vir die eerste maal bepaalde wette gekry waarvolgens hulle hulle lewe moes rig; maar die oordeel was dan ook buitengewoon. Die Egiptenare moes met talle honderd duisende in die stof byt, en met die bevryde Israeliete het dit daarna vir die volle veertig jaar in die woestyn nie so baie goed gegaan nie. Hulle almal, Egiptenare en Israeliete, het immers te lank geen enkele spesiale openbaring meer meegemaak nie en het louer en louer geword. Die vroeëre geloof, wat lewendiger was, het `n lui en tradisionele geloof geword, en dit is nie baie beter as heeltemal geen geloof nie. Maar soos wat die geloof is, so gaan dit ook met die hou van die leefreëls wat daarby hoort!
[6] As openbaringe dan nog langer uitbly, dan verloor die mense hulle geloof heeltemal in `n ware God, gaan maak dan na hulle eie goeddunke gode, en verval daardeur tot voltooide afgodery. Kan mens hulle dit egter, suiwer verstandelik gepraat, as eie skuld toereken? Na my mening, wat meestal baie redelik en menslik is, egter nie!
[7] Tydens die rigters en later ook onder enkele konings was daar by ons Judeërs wel steeds profete opgewek, - maar altyd eers nadat die mense hulle al behoorlik aan doodsondes skuldig gemaak het; en dan het daar ook altyd dadelik `n oordeel gekom wat die sondaars vernietig het.
[8] O Heer, nou is U Self daar. Die mense kry nou tog wel die allergrootste openbaring, maar die oordeel sal ook nie lank op hom laat wag nie. Oor slegs `n paar honderd jaar sal die mense, as hulle nie nogmaals `n openbaring gegee word nie, selfs wat U leer betref, geen haar beter wees as die tempeldienaars daar onder nie! Die bekeerde heidene sal weer heidene word, en die Judeërs nog slegter as wat hulle nou is, en so sal dit nooit heeltemal lig en goed op hierdie aarde word nie. Daarom vind ek dat die duidelike openbaring van U goddelikheid van nou af aan nie solank agterweë moet bly nie, omdat die nakomelinge, wat by hierdie huidige openbaring nie aanwesig kan wees nie, sonder hulle eie skuld weer in die ou duisternis sal versink.
[9] Die Filistyne is vanweë hulle goddeloosheid verdelg en vernietig en het, sover ek weet, nooit `n openbaring gekry nie; so ook die ou Fenisiërs, en ook die Trojane, die Babiloniërs, die Nineviete en nog ander volke wat, sover dit aan my bekend is, ook nooit `n spesiale openbaring gekry het nie.
[10] Wat is tog die rede van hierdie ongunstig gesinde spel met die mense van hierdie aarde? Kyk, geen enkele mens kan iets daaraan doen dat hy bestaan nie! Maar as hy eenmaal volgens U almagtige wil bestaan, dan is hy ook al vanaf die wieg tot aan sy graf heeltemal ongelukkig en moet hy hom die een oordeel na die ander laat welgeval. Waarom is dit tog so?'
|
|
|
|
|