Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 6
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 90

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230, 231, 232, 233, 234, 235, 236, 237, 238, 239, 240, 241, 242, 243, 244, 245, 246, 247, 248, 249.

Die menslike en die Goddelike in die Heer

90 Ek was egter met `n aantal studente alreeds voor sonsopgang op die been en het soos gewoonlik na buite na die Eufraat gegaan, wat hier alreeds `n aansienlike breedte gehad het. Ons het egter nog nie lank daar gestaan nie, toe daar `n groot houtvlot in die middel van die rivier met die stroom afgedryf gekom het. Op hierdie oomblik het ook die tollenaar met sy seun Jorabe en die arts ons agterna gekom om ons na die ontbyt uit te nooi.

[2] Daar was egter niemand op die vlot om dit te bestuur nie; want dit het deur `n slegte bevestiging aan die oewer vanself weggedryf, en die tollenaar sê: “Dit is baie jammer van die mooi hout daarop, wat deur nalatigheid van sy eienaars onbeheersd ronddryf! Indien dit maar naby die oewer sou gedryf het sodat ons daarby kon kom, dan sou dit selfs kon gebeur dat die regmatige besitter binne `n paar dae dit nog sou agterna kom, en dan sou ons aan hom die vlot vir `n klein vergoeding kon teruggee. Maar so dryf die hele vlot verby en gaan dit natuurlik verlore! Wel, miskien vang die Samosaters dit op!” 

[3] EK sê, toe die vlot hom op ons hoogte bevind het: “Wil jy die hout hê?”

[4] Die tollenaar sê: “Natuurlik wil ek dit hê, - maar hoe kry ek dit daaruit?”

[5] EK sê: “Sien, baie maklik! As mens `n lewensmeester is, moet alle elemente jou ook gehoorsaam, en daarom gebied Ek die water dat dit die hout hier na ons toe op hierdie oewer moet bring. Ek wil dit; laat dit geskied!”

[6] Toe Ek dit sê, het die water vinnig na ons toe gevloei en aan die oewer met `n hoogte van sewe span gestyg, al die hout met die vlot heeltemal aan land gebring en daarna weer terug in die natuurlike rigting en verder gestroom.

[7] Die drie het behoorlik daaroor geskrik, en die arts sê aan My: “Vriend, U is geen mens van die gebruiklike soort soos wat ons is nie, maar U is `n God! U is deur geen man op aarde in `n moederliggaam verwek nie! Ek sou selfs wou beweer, dat U `n ongebore mens en dus duidelik `n God is!”

[8] EK sê: “Laat dit daar; wie vlees dra, kry dit uit `n moederliggaam! Net die eerste mensepaar het `n liggaam uit die hand van God se wil ontvang, - alle ander mense is egter uit `n moederliggaam. En dus is die liggaam van My ook uit `n aardse moeder, ook al is dit dan nie deur `n aardse vader op die gewone manier verwek nie, maar net deur die almagtige wil van die Gees van God, wat by volkome rein en Elohimgewyde mense baie goed moontlik is. Aan die begin van die tye, by die onbedorwe, eenvoudige en aan God baie toegewyde mense, was dit glad nie so seldsaam nie, en in hierdie tye gebeur dit so nou en dan ook nog.

[9] Dat sulke mense, wat langs `n suiwer geestelike weg verwek is, dan ook geesteliker is as mense wat op die normale weg verwek is, is duidelik; want kinders van sterk en volkome gesonde ouers word ook sterk en gesond, - kinders van swak en siek ouers word gewoonlik ook swak en sieklik. Ek as mens, soos wat Ek nou voor julle staan, is geen God nie, maar wel `n Seun van God, wat elke mens eintlik moet wees; want die mense van hierdie aarde is voorbestem om kinders van God te word en te wees, wanneer hulle volgens die erkende wil van God leef.

[10] Een van hulle is egter reeds van ewigheid deur God voorbestem om die Eerste te wees, die Lewe in Hom te hê, en dit aan elkeen te gee wat in Hom glo en volgens Sy leer leef. En hierdie Eerste is Ek!

[l1] Maar Ek het hierdie lewe uit God nie vanuit die moederliggaam in hierdie wêreld gebring nie! Die kiem was wel in My, maar dit moes eers ontwikkel word, wat My byna `n volle dertig jaar tyd en moeite gekos het. Nou staan Ek weliswaar volmaak voor julle en kan aan julle sê dat aan My alle krag en mag gegee is in die hemel en op aarde, en dat die Gees in My volledig een is met die Gees van God, waardeur Ek dan ook sulke tekens kan doen wat `n mens nog nooit voor My gedoen het nie. Maar in die vervolg is dit geen besondere voorreg uitsluitlik net vir My nie, maar ook vir elke mens wat glo dat Ek deur God in die wêreld gestuur is om aan die mense, wat nou almal in die duisternis wandel, die lig van die lewe te gee, en vervolgens dan handel volgens My leer wat aan die mense sonhelder die wil van God se Gees toon, wat werklik volkome in My woon. 

[12] Hierdie Gees is wel God, maar Ek as suiwer Menseseun nie; want soos reeds gesê, Ek het as sodanig ook, net soos elke mens, deur baie moeite en oefening My eers die waardigheid van `n God moes verwerf, en kon My daarna eers verenig met die Gees van God. Nou is Ek wel een met Hom in My Gees, maar nog nie in My liggaam nie; maar ook daarmee sal Ek volkome een word, egter eers na baie lyding en die totale en die volkome vernederende selfverloëning van My siel. -

[13] En so, My vriend en arts, wat van `n beter wil is as jou kollegas, kan jy nou wel weet wie Ek is en wat jy van My moet dink! Glo dit en leef volgens die leer wat jy weldra van My studente sal hoor, dan sal jy lewe en in al jou doen en late in die lig wandel en nie meer in die nag van die sonde van jou vlees en bloed nie! - Verstaan jy dit?” 

[l4] Die arts sê: “Ja, groot Heer, dit verstaan ek, alhoewel U woorde baie anders klink as dié van die priesters in die tempel te Jerusalem, waarvan ek self ook afstam en waar ek my geringe kennis ook gekry het! Aan U lê baie duidelik die Goddelike ten grondslag, en nogtans wil U vir ons nie meer wees as `n Menseseun nie, terwyl die Fariseërs in die tempel hulle gedra asof hulle God gehelp het met die skepping van die wêreld en die ander wesens, en asof die wel en weë van die mense van hierdie aarde net van hulle sou afhang. Ja, U woorde, groot Heer, klink wél soos God se woorde; want daar lê `n baie eienaardige krag en mag daarin wat die hart en gemoed goed doen, haar verhef en heeltemal opnuut lewend maak en verlig, terwyl die sogenaamde goddelike woord van die Fariseërs die mensehart in `n hoë mate kwets, bedroef, verduister en selfs dood! Want wie volgens hul leer leef en handel, word mettertyd so dom en so sinlik, hoogmoedig, selfsugtig en heerssugtig, dat hy uiteindelik heeltemal vergeet dat ook hy maar net `n mens is. Net homself beskou hy as die hoogste menslike outoriteit, - al die ander is ver benede hom. Maar volgens U woorde, groot Heer, blyk dit juis die volslae teendeel te wees en te word van dit wat die Fariseërs leer, en wat hulle eintlik van die mense wil maak! - Het ek gelyk of nie?” 

[15] EK sê: “Ja, ja, daarin sou jy wel eers gelyk kon hê; maar nou niks meer daaroor nie! Die vlot met die hout is gereed en lê daar op die volkome droë oewer, en jy, vriend Jored, kan nou daarmee doen wat jy wil; want die eienaar sal nie meer daarom vra nie, omdat hy te ver hiervandaan woon en die verlies van hierdie hout hom ook nie arm sal maak nie, omdat hy baie ryk is. Gee egter daarom `n offer aan die armes en gebruik die hout na eie goeddunke!”

[16] Die tollenaar Jored sê: “Heer, ek dank U baie daarvoor, en die armes sal nie by my te kort kom nie! Maar nou gaan ons na die ontbyt; want dit sal nou wel heeltemal gereed wees!”

 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205