Die Nuwe Openbaring van Johannes - Boek 9
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 1

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216.

 

Boek 9

Die Heer onderweg van Essea na Jerigo.

Die Heer ontmoet `n groep arm bedevaartgangers

1 Toe Ons reeds `n uur vanaf Essea verwyder was, kom Ons die eerder genoemde arm bedevaartgangers uit die gebied rondom Jerigo tegemoet en hulle vra Ons vir `n aalmoes.

[2] Ek sê aan die Judese Grieke: “Gee hulle van julle oorvloed; want hulle is net so arm in die wêreld as Ekself, wat nog geen klip as My eiendom besit, wat Ek as sodanig onder My hoof sou kon lê nie! Jakkalse het hulle gate en die voëls hulle neste; maar hierdie armes besit niks behalwe hulleself en hulle skamele kleding nie. Skenk hulle dus iets!”

[3] Na hierdie woorde van My lê alle Judese Grieke en ook die paar leerlinge van Johannes `n aansienlike bedrag aan geld bymekaar en gee dit met vreugde aan die armes; hierdie bedank My en die gewers met opgehefde hande en vra Ons om vergewing vir die feit dat hulle Ons onderweg opgehou het, maar aangesien Ons Judeërs was, vra hulle Ons ook angstig en besorg of hulle Essea wel voor sonsopkoms sou bereik.

[4] Ek sê: “Waarom is julle bang dat julle die Sabbat ontheilig deur op die pad te loop? Moses, nog `n ander profeet het immers nooit `n gebod gegee dat mens nie op `n Sabbat mag reis nie; die nuwe tempelvoorskrifte is geen goddelike gebooie nie en het vir God ook geen waarde nie. Maar dit is nog vroeg, en julle sal die plek binne `n uur bereik. As julle egter daar aankom, moet julle jul intrek neem in die eerste herberg wat buite die poort van die stadjie is! Daar sal julle goed opgeneem en versorg word, want Ek het julle al daar aangekondig. Maar wie Ek is, sal julle in Essea wel hoor; en reis nou maar weer verder!”

[5] Die armes was wel verbaas dat Ek hulle dit alles gesê het; maar hulle durf nie vra hoe Ek dit alles kon weet nie, en trek verder.

[6] Onderweg vra die leerlinge My waarom hierdie armes eintlik na Essea reis, want dit was vir hulle wel te siene dat hulle een of ander siekte gehad het; want siek mense was nooit so goed op die been nie.

[7] Ek sê: “Hierdie mense trek nie net na Essea om daar genees te word nie, maar om as totaal berooides (kaal gestroop) daar werk en geldelike ondersteuning te vind; hulle het naamlik van reisigers gehoor dat die Essene die laaste tyd heel liefdadig geword het teenoor egte arm mense, en dus het hulle op weg gegaan na Essea, omdat hulle tuis geen werk en dus ook geen verdienste vir hulle lewensonderhoud kon vind nie. Dit strek hulle streek nie tot eer nie en daarom word dit deur My ook maar spaarsaam geseën.

[8] Tog was daar onder hierdie armes ook enkele siekes, toe hulle van die huis gegaan het; maar daar het enkele van My uitgestuurde sewentig leerlinge by hulle in hulle armsalige streek gekom en het hulle gesond gemaak, sodoende was daar nou ook geen siekes meer onder hulle nie. Die leerlinge het hulle ook aangeraai om vanweë hulle armoede na Essea te gaan, waar hulle sekerlik werk en versorging vir liggaam en gees sou vind. En daarom het hierdie armes dan ook vinnig op weg gegaan.”

[9] Petrus sê: “Dan moes hulle spoedig na Ons op weg gegaan het, omdat hulle nou al hier is; want hulle kon hulle immers nie netsoos Ons op `n wonderbaarlike manier voortbeweeg nie?”

[10] Ek sê: “Dit gaan julle ook heeltemal niks aan nie! Hulle sal nou weldra die plek van hulle bestemming bereik het en dit is voldoende; die dag of die uur is heeltemal nie belangrik nie, en daarom laat Ons dit nou rus!”

[11] Met dié antwoord van My was almal tevrede. Ons loop flink voort en kom dan ook vinnig vooruit, wat veral in hierdie streek heel goed en prakties was; want dit was daar erg kaal, en vir verskeie ure was daar in die omtrek geen boom, geen struik en ook geen ander gewas te siene nie. Ons kom dan ook geen mens daar teë nie, en daarom kon Ons Onssel met die snelheid van die wind voortbeweeg en het op die manier die lang en baie verlate gedeelte van Ons weg weldra agter Ons gelaat. 

[12] Toe Ons hierdie baie onherbergsame weg agter Ons gelaat het, waarvoor Ons ondanks Ons snelheid van die wind twee uur nodig gehad het, terwyl selfs `n reisiger op `n kameel andersins byna `n volle dag op die verlate weg moes deurbring, kom Ons weer in `n herbergsame streek, waar hom langs die weg dan ook `n herberg en verskeie huise en boerderye bevind, wat merendeel die eiendom van Grieke was. 

[13] By die herberg aangekom sê enkele leerlinge: “Heer, ons het nou `n baie lang weg afgelê en het dors geword! Sou U dit goedvind as ons hier `n klein verfrissing neem en ons water laat gee om ons dors te les?”

[14] Ek sê: “Dit kan Ons wel doen; maar dit is hier `n waterarm streek en die herbergier sal Ons goed vir die water laat betaal, want hy is `n baie op wins beluste heiden, netsoos die meeste Grieke. As julle die water wil betaal, dan kan Ons die herberg binnegaan, `n klein pouse neem en Onsself water en bietjie brood laat gee.”

[15] Omdat hulle geld by hulle gehad het, sê die Judese Grieke en ook die leerlinge van Johannes: “Heer, dit doen ons met groot genoeë! En as die herbergier wyn het wat goed te drink is, dan wil ons dit ook betaal!”

[16] Ek sê: “Dit staan julle hier vry. Doen julle wat julle nodig vind, dan sal Ek Myne doen! Laat Ons dus die herberg binnegaan!”