|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 9 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 169
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216. |
|
|
Die Romein in gesprek met sy gestorwe vader
169 Nouliks het Ek dit gesê, of daar staan al vier gewapende Romeine - nie net vir hom sigbaar nie, maar ook vir alle ander aanwesiges - voor Ons regter, wat geweldig bang vir hulle begin te word, omdat hulle hom aankyk met oë wat gloei van woede. Aanvanklik het hy ook nie die moed om hulle aan te spreek nie; eers toe Ek aan hom sê dat hy diegene wat voor hom verskyn, moes aanspreek, vra hy aan een van hulle, wat sy vader was, of hy na die dood van sy liggaam wel eg voortleef en hoe.
[2] Toe sê die gees met `n krysende stem, wat sy seun maar al te goed ken: “Onnosele stommerik van `n seun, waarom moet jy ons steur in ons rus, ons liefde en ons handeling?!
[3] Dat ons voortlewe en eintlik nog heeltemal nooit gesterf het nie, dit sien jy nou tog wel met jou oë vol drek. Ons het so pas `n groot veldtog voorberei en het gehaas om die vyand voor te wees, en nou het jy my verhinder om so `n glorieryke heldedaad vir my keiser te verrig! Ek het baie sin om jou, onnosel jongeling, met my skerp swaard in duisend stukke te kap!
[4] As die dom Towenaar uit Nasaret, aan wie jou domheid goddelike eer bewys, nie met Sy kuns agter jou gestaan het nie, sou jou onnoselheid jou duur te staan gekom het. Maar uitstel is geen afstel nie! As jy jou vleessak verlaat en na ons toe kom, sal jy wel die loon vir die stommiteit kry!”
[5] Heel kleinmoedig sê Ons Romein: “Hoe kan ek julle in jul rus gesteur het, aangesien julle by die oorlog voer tog geen rus blyk te hê nie, en as die Man hier naas my slegs `n domme towenaar uit Nasaret is, waarom gehoorsaam julle dan aan Sy wil? Is julle as helde dan nie magtiger as Hy nie?”
[6] Die gees sê: “Wat begryp jou dom onnosele kop van ons dinge! Ons doen wat ons wil en laat ons deur niemand iets voorskryf nie!”
[7] Die regter sê: “As julle dan so magtig is, waarom bly julle dan hier en dink julle nie daaraan dat die vyand julle nou `n voordeel ontfutsel (skelm toe-eien) het nie? Glo julle dan nie dat daar maar één almagtige God bestaan, teen wie se wil julle met jul onbetroubare wapens ewiglik niks sal uitrig nie?”
[8] Die gees sê: “Dink jy dalk dat ons, volmaakte mense in ons groot wêreld, wat geen begin en geen einde het nie, nog netso blind is soos julle, molle en blinde wurms van hierdie smerige aarde, wat nie baie groter is as `n haselneut nie? Waar het daar buiten ons ooit `n God bestaan? Ons is die gode, en ons groot keiser is die hoofgod, en ek is nou ook weldra aan die beurt om keiser te word; want by ons is daar nou al `n groot aantal keisers!”
[9] Die regter sê: “Ja, maar kan elkeen dan by julle uiteindelik keiser word?”
[10] Heeltemal opgeblase van hoogmoed sê die gees: “Weet, stommeling, dat `n keiser nooit uit die gewone volk voortkom nie; want die volk is maar net daar om aldeur in die sweet van sy aangesig vir ons te werk en te veg, sodat alle roem en alle luukse ons alleen en onbetwisbaar ten deel val! Ons gee wette ten behoewe van onsself, en die volk moet dit onder dreiging van die strengste bestraffing opvolg. Wie van die gewone volk dit sou waag om ook maar één verkeerde woord teen ons te uiter, word as hoogverraaier met die dood bestraf; want ons het as enigstes die reg om alles neer te maai wat ons ook maar in die minste stoor. Ons kan ook die gewone, aan ons diensbare volk volgens oortuigings vermoor, en geen enkele wyse het die reg om ons te vra of dit wettig of onwettig is nie; want slegs wat ons wil en doen is goed, alles wat daarteen ingaan, is `n strafbare misdaad!”
[11] Dit word vir Ons regter nou tog wel `n bietjie te veel, en opgewonde sê hy: “O julle meer as blinde siele, hoe eindeloos ver is julle verwyder van die innerlike waarheid van die lewe! Hoe wil julle in julle wêreld iemand doodmaak, aangesien daar by julle tog onmoontlik nog `n dood kan bestaan?”
[12] Die gees sê: “Des te beter! As `n in stukke gekapte gewone siel by ons haarself weer bymekaar raap en verder leef, kan sy weer opnuut gegryp en in stukkies gekap word!”
[13] Die regter sê: “Hoe is dit dan gestel met die heerlikheid van julle wêreld?”
[14] Die gees sê: “Stommeling, maak jou smerige oë oop en kyk!”
[15] Toe sien die regter `n baie duister omgewing, waarin allerlei kastele te sien was. Behalwe hierdie kastele was daar `n groot aantal smerige hutte, en daarnaas sien hy `n hele boel mense, wat baie armsalig daaruit sien. Ook sien hy stryders, uitgerus met allerlei soorte wapens, en verder op ontdek hy ook kampemente en daarbuite gevegte.
[16] Toe vra hy My (die Romein): “O Majesteit en Heer, bring my weer in die toestand waarin ek geen siele meer sien wat aan die anderkant voortlewe nie; want as alle siele na die dood van hulle liggaam `n dergelike toestand te wagte staan, sou dit vir die mens duisend maal beter wees as hy nooit geskape en gebore was nie!”
[17] Daarop ontneem Ek die Romein dadelik die vermoëns om die laer, smerige wêreld van die onreine siele te sien, en toe die baie slegte geeste hulle ylings verwyder en onsigbaar geword het, vra Ek hom: “Wel nou, vriend, het jy jou verwante goed herken wat hulle gestalte, spraak en karakter betref? Hoe geval hulle jou?”
[18] Die Romein en ook die arts sê: “O Majesteit en Heer, dit is tog meer as afskuwelik!”
[19] Hierna spreek die Romein alleen verder: “Ek het my vader onmiddellik herken; want hy was dieselfde meer as trotse Romein, wat hy tydens sy liggaamlike lewe was. Wie geen patrisiër was nie, geld by hom minder as `n rondswerwende hond, en ek, wat my liggaam betref, wat sieklik was en dus ongeskik vir die krygsdiens wat by hom bo alles verhewe was, was nie sy liefling nie. Maar tog moes ek iets word waarvoor die hele volk moes bewe, en daarom word ek in die steeds tot opstand geneigde Asië geplaas met die opdrag om as vername, met uiterste strengheid teen die oortreders van die wet op te tree - wat ek as min of meer lydende mens, tog nie gedoen het nie; want ek dag by myself: “Julle is tog ook mense soos ek, ondanks die ongeremde hoogmoed van my verwante, en julle word steeds maar weer opnuut gekwel. Ek wil wel volgens reg en billikheid oordeel; maar met tirannieke strengheid sal julle nie deur my gekwel word nie!” En daarom was ek steeds by die opperstadhouer geliefd.
[20] Toe my vader nog `n burger van hierdie wêreld was en eers na Tirus gekom het, vra hy my met sy krysende, heerssugtige stem hoeveel mense daar deur my streng regspraak al onthoof, en hoeveel daar al gekruisig was. En ek gee hom geheel ooreenkomstig die waarheid ten antwoord: “Tot nou toe nog niemand nie; want gelukkig was daar nog nooit `n gegronde rede daarvoor nie!”
[21] Toe sê hy met net sulke van woede gloeiende oë aan my: “Jy was, is en bly `n onnosele stommerik! As jy by die volk `n steeds toenemende respek vir die wet in stand wil hou, moet jy van tyd tot tyd tog `n voorbeeld stel, ook al het niemand die wet oortree nie. As daar geen misdadigers is nie, moet julle met geweld die eerste en die beste uit die volk neem, hom van `n misdaad beskuldig, dit deur ingehuurde getuies laat bekragtig en vervolgens streng en onverbiddelik jou amp uitoefen. Daardeur boesem jy vir die volk die ware respek vir die wet in, en kan jy groot lof by die keiser daarvoor verwerf.”
[22] Toe sê ek: “Ons het van die keiser tog in die geheim die streng in ag te neme opdrag gekry om, sonder voldoende rede, niemand met te erge strengheid van die wet te kwel nie. `n Soldaat en veldheer kan wel so te werk gaan, maar in die vredeliewende sfeer van die burgers is dit absoluut nie toegelaat nie.”
[23] Daarop sê my vader nogmaals, met `n minagtende glimlag: “Jy was, is en bly `n onnosele stommerik!”, keer my die rug toe en verlaat my met sigbare haas, en daarna het ek hom tot nou toe nooit meer te siene gekry nie. `n Paar jaar later kry ek uit Rome die berig dat hy gesterf het - en ek kon egter nie oor hom rou nie!
[24] Soos hy in sy liggaamlike lewe was, is hy nog, slegs nog baie erger in sy verafgoding van die keiser!
[25] “O Majesteit en Heer van alle bestaan en lewe! Sal dit met so `n siel ewiglik nooit beter gaan nie? Sal hulle nooit meer `n beter insig kry nie - en die volk van siele, wat hulle na hom rig, netso min?”
[26] Met `n vriendelike gesig sê Ek: “Vriend, by God is alle dinge moontlik, ook al kom dit vir die mens op hierdie aarde nog so onmoontlik voor; maar die “hoe” en “wanneer” sal jy eers begryp as My gees van ewige liefde en waarheid in jou siel dit vir jou self sal meedeel.”
[27] Daarmee stel die Romein hom tevrede en begin dieper na te dink oor wat hy gesien en wat Ek gesê het.
|
|
|
|
|