|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 9 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 16
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216. |
|
|
Die lewensverhaal van die rowers
16 (Die drie rowers:) “Aanvanklik was ons heel verdrietig en gaan huilend terug na ons streek, om daar `n heenkome te vind. Ons vind ook werk, maar dit was so ellendig, erger kon dit werklik nie. Van enige loon was daar glad niks ter sprake nie. Vir etes wat te sleg vir varke was, moes ons byna dag en nag hard werk en was ondanks al ons vlyt altyd maar net uitgeskel en het maar net aanmerkings gekry; en as ons `n ander, miskien tog beter betrekking gesoek het, dan kry ons in plaas van `n beter een, maar net `n nog slegter een.
[2] So het ons vyf jaar lank meer as menige heidense slaaf gely, en omdat die mense ons nêrens `n loon in geld gegee het nie en ons ook insien hoe skandelik ons deur die tempeldienare van al ons goedere beroof was, onder die vermomming “ter ere van JaHWeH”, en ook steeds duideliker begin in te sien dat die tempel in Jerusalem geen godshuis nie, maar werklik `n rowershool en `n moordkuil is, verloor ons ook al ons geloof in `n God, en die hele leer van Moses en die profete beskou ons slegs as mensewerk, waarmee die slimmer en lui mense deur middel van die hande van arm en liggelowige blinde mense `n stewige fort vir hulleself gebou het, om die mense van daaruit te verkneg, vir hulle te laat werk en hulleself daarby in `n lewe vol genot vet te mes.
[3] Of ons onsself in die eerder genoemde vyf ellendige jare ook aan diefstal gewaag het? Nee! Omdat ons geloof in `n alsiende God ons nog daarvan afgehou het. Maar na die tyd begin ons onsself steeds ernstiger af te vra of daar wel `n God bestaan - en steeds luider verneem ons in al ons ervarings die antwoord: Nee, daar bestaan niks nie! Alles is skyn en leuens, deur lui en fantasieryke mense bedink vir hulle aardse welsyn! Slegs ons, wat buite ons skuld arm mense geword het, moet ons aan die wette hou en in `n God glo; die rykes en werkskuwes hoef dit nie, omdat hulle weet dat daar van Moses en al die profete nie die kleinste woordjie waar is nie. Want as dit anders was, sou hulle self tog gelowig moes gewees het en die wette nageleef het, wat op sigself wel baie goed is vir die saamleef van die mense op aarde, maar tog geen morele geestelike waarde in sigself het nie; want as hulle dit sou gehad het, sou tog veral die priesters streng volgens die wette moes lewe, as `n voorbeeld vir die blinde leke.
[4] Kortom, deur sulke diepgaande oorwegings in ons ellende, en as gevolg van die feit dat al ons vele gebede, wat ons onder baie trane na die sterre opgestuur het, steeds totaal onverhoord bly, en nog meer toe ons hoor dat ons moeder opvallend vinnig na haar intrede in daardie tehuis baie ellendig gesterf het en dat ons mooi susters deur die fariseërs byna tot die dood toe onteer was, was dit heeltemal afgeloop met al ons geloof, en ons besluit om ons op die slegte mensdom te wreek en onsself nie meer, om die mensdom `n genoeë te doen, soos liggelowige, blinde dwase te gedra nie.
[5] Ons begin ons aan die rykdomme van die welgesteldes te vergryp, en deur ons sluheid geluk dit steeds om heelhuids daarvan af te kom. Dit gee ons tog nog `n bietjie vertroue in ons pakkette, en vir `n paar jaar lank gaan dit met ons besigheid baie goed. Hierdie keer was ons egter nie versigtig genoeg nie en ons was gegryp, maar dit maak vir ons niks saak nie; want ons is al gewoond aan alle moontlike ellende en ons het al lankal heeltemal genoeg van die lewe gehad, en elkeen van ons verlang na die dood. Maar voordat ons uiteindelik aan die kruis gebind word, moet die mees afskuwelike vloek hardop uitgespreek word oor die hele aarde, oor alle mense en ander skepsels, oor die son, die maan en die sterre en oor die natuurkrag wat ons tot so `n ellendige lewe geroep het; ons sal die mense laat sien hoe dit daar met hulle enig ware God, Sy wette en Sy priesters voor staan en wat hulle werd is.
[6] Tot nou toe het ons weliswaar nog geen moord begaan nie, en wel omdat ons, ellendiges, elkeen sy ellendige lewe gun en niemand uit sy groot ellende wil bevry nie - maar wie hom op straat teen ons verset, word flink deur ons toegetakel; want elke druppel barmhartige bloed uit ons hart is al lankal vervloei. Werklik, as ons alle mense éénsklaps op die hele aarde sou kon vernietig, dan sou dit vir ons `n baie groot verkwikking wees, en dan sou die een of ander harde en dowe God vir Sy tirannieke genoeë uit die poele en moerasse weer ander ellendige menslike skepsels aanmekaar kon sit!
[7] Nou weet U alles, streng Heer en Regter, en U kan na U goeddunke oor ons ellendiges oordeel; maar bedink wel vooraf wie en wat die skuld van ons ellende was! Ons het getrou, volgens waarheid en openlik gepraat, netsoos U gevra het.”
|
|
|
|
|