Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 9
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 39

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216.

 

Jakobus vra na die geestelike betekenis van die opwekking van die dooie jong man

39 Na hierdie vir `n jong man baie geesryke woorde, waaroor selfs al My leerlinge hulle erg verwonder, sê My ou leerling Jakobus die ouere: “Majesteit en Heer! U weet hoe selde daar `n woord oor my lippe kom; maar nou voel ek `n drang in my hart om ook net `n paar woorde te sê, as U my dit sal toestaan.”

[2] Ek sê: “My beste broeder! As Ek nie wou gehad het dat ook jy `n keer onder mense spreek nie, sou jou hart netso rustig gewees het soos altyd; maar Ek wil dat ook jy net iets sê, dus maak jou mond maar oop en sê, wat jou innerlike bewussyn jou sal gee!”

[3] Hierop staan Jakobus op en sê: “Al meer as twee jaar was ons met U in baie plekke en lande gewees, en ons was getuie van die tallose wonders wat U met U wil gedoen het; en ook het U ons die mag gegee om in U Naam siekes te genees en besetenes van hulle bose geeste te bevry. Kortom, as iemand alles waar ons getuie van gewees het in boeke sou opskrywe, sou hy daarmee nog in geen honderd jaar klaar kom nie, en die verstand van selfs die mees wyse wêreldse mens sou die betekenis van die geskrifte ook nie kon vat en begryp nie. Maar U daad hier in Nahim het my buitengewoon beweeg, en ek beken hier openlik: In hierdie daad van U skyn `n heel besondere, diep geestelike en profetiese betekenis verborge te lê. 

[4] Uiteindelik lê daar in elkeen van U vele leringe en dade wel `n diep geestelike sin verborge, en baie daarvan het ek al in die verborgene vir myself ontrafel; maar agter hierdie daad van U lyk volgens my gevoel iets besonder groots en vir die toekoms baie belangrik verborge te wees, en ek voel nou `n magtige groot verlange om van U, al is dit maar enkele, aanwysings te kry oor waarna hierdie daad van U in voorspellende sin verwys!”

[5] Ek sê: “Dit is goed geoordeel, My beste broeder Jakobus; al vanaf My aardse geboorte was jy steeds in My nabyheid en is dus ook `n troue getuie gewees van al My aardse gange, woorde en dade, en dit is jy nog en sal jy ook bly. Agter hierdie daad gaan inderdaad iets heel besonders skuil; maar wat daar vir die oë van die mense agter skuilgaan is vir die menslike verstand, netsoos dit nou is, en vir die van julle nie goed te vat nie.

[6] In Myself sien Ek natuurlik die hele, nooit eindigende ewigheid onthul, en dus ook wat agter hierdie daad van My verborge is, as `n reeds voltooide daad; maar julle gees, wat hom as te ware nou nog in sy kindertyd bevind, kan dit nie sien of vat nie.

[7] Maar omdat jy al so `n stille denker is en self ook begryp en voel dat Ek niks doen wat nie vir die hele oneindigheid en ewigheid `n ooreenstemmende betekenis het nie, en aangesien jy nou vir jouself `n paar aanwysing  van My sou wil hê, kan Ek jou daar ook wel `n paar gee; luister dus!

[8] Kyk, waarom Ekself as `n Menseseun in hierdie wêreld gekom het, het Ek vir julle, en ook baie ander mense maar al te gereeld vertel, onder voortdurende verwysing na die profete, en hier het Ek dit al vroeër opnuut aangeroer. Ek het julle egter ook al meer as voldoende getoon hoe My leer, wat werklik `n deur Myself nuwe kerk (gemeente) is, in die komende tye onder die mense sy loop sal neem. Ek het dit ook in Jerusalem aan julle getoon met groot tekens aan die uitspansel; en sien, wat hier nou gebeur het, kom ooreen met die laaste en allerdonkerste tyd, waarin My leer sal ontaard tot `n duisend maal groter afgodediens as wat daar tot nou toe ooit `n suiwer goddelike leer ontaard het, en waarvoor mense gesterf en deur die priesters gewyd gemaak en salig verklaar is en dat hulle selfs vir hulle vergane gebeentes altare en tempels sal bou en hulle daarin goddelike eer sal bewys.

[9] Vir julle, My leerlinge, het Ek al by verskeie geleenthede openlik gesê en getoon dat My ryk nie van hierdie wêreld is nie en dat julle jul ook nie besorg moet maak oor wat julle die volgende dag sal eet en drink nie; maar dat julle moet probeer om die ryk van God en sy geregtigheid onder die mense te versprei en julle julleself deur niemand pligmatig daarvoor moet laat betaal nie, maar alleen aanneem wat die liefde van die mense julle in My Naam sal gee - want julle het alles verniet van My ontvang, en verniet moet julle dit ook weer aan ander gee!

[10] Ook het Ek aan julle en aan die ander sewentig leerlinge, wat Ek in Emmaus uitgestuur het om die mense die evangelie uit die hemele te verkondig, gesê dat niemand twee mantels moet hê nie, geen tas om iets in te sit en ook geen stok om hom teen `n vyand te verweer nie; want My Naam, My woord en My barmhartigheid moet vir elkeen genoeg wees!

[11] So het Ek julle en vele ander mense ook getrou en openlik gesê dat julle niemand moet veroordeel, om nie eenmaal self veroordeel te word nie, en dat julle ook niemand moet vervloek en verdoem en nooit iemand vyandig moet vervolg nie, om nie dieselfde te moet ondergaan nie; want met die maat waarmee julle self sal meet, sal julle ook terugbetaal word!

[12] Ja, julle moet bid vir wie julle haat en vervloek, en goed doen aan diegene wat trag om julle kwaad te doen; dan sal julle die beloning van My kan verwag en op die manier gloeiende kole op die hoofde van julle vyande stapel en hulle des te eerder tot julle vriende maak!

[13] Kyk, Ek het julle beveel om te onderrig, te lewe en te handel onder die vlag van die ware en egte naasteliefde en Ek het julle ook gesê dat mens julle altyd as My ware leerlinge sal herken aan die feit dat julle mekaar as broers sal liefhê, netsoos Ek julle self liefhet, en dat mens My egte volgelinge altyd aan die werk van onbaatsugtige naasteliefde sal herken. 

[14] Maar kyk, so sal dit nie in die baie duister tyd wees nie, maar juis lynreg teenoorgestel aan hierdie leer, wat Ek julle volgens waarheid geopenbaar het!” 


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205