|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 9 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 13
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216. |
|
|
Die brutale akrobate en hulle verdiende bestraffing
13 Terwyl die Grieke nog vol lofuitinge is oor die wonder met hulle kraffie, kom daar nog `n geselskap van `n tipe artieste, wat Grieke was. Hulle kuns was dat hulle allerlei akrobatiese bewegings en spronge kon maak. Hulle vra ook aan die herbergier, wat hulle ken, of hulle hulle armsalige kuns vir die gaste mag vertoon.
[2] Die herbergier vra hierdie keer egter ook aan My of hy hulle dit moes toestaan.
[3] Ek sê: “Jy is meester in jou eie huis en kan doen wat jy goeddunk! Daarmee het Ons niks te maak nie en Ons sal Ons ook nie druk maak oor hulle heidense voorstelling nie. Ek moet baie dwaashede van die mense met alle geduld en lankmoedigheid verdra; waarom sou Ek hierdie domheid dan nie ook verdra nie? Maar vra die Grieke of hulle nou so `n niksseggende en vir die mensdom totaal nuttelose voorstelling begeer! As hulle dit graag wil, kan hulle Ons deur hierdie armsalige mense `n paar van hulle kunste laat vertoon; maar as die Grieke dit nie graag wil nie, kan hulle hierdie akrobate ook laat gaan.”
[4] Daarop gaan die herbergier weg en pleeg oorleg met die Grieke.
[5] Maar hierdie sê (die Grieke): “Vriend, ons het hier die hoogste van alle kunste gehoor en gesien en hou ons nou vol met die enig ware God van die Judeërs besig, en dan deug dergelike baie te onnosele, en vir die mense nuttelose kunste, nie meer in ons oë nie. Bowendien ken ons die akrobate en hulle kunste al lankal en wil dit nie nog een keer leer ken nie, en daarom kan hulle, wat ons betref, gaan netsoos hulle gekom het.
[6] Toe die herbergier die heel goeie antwoord van die Grieke kry, sê hy aan die akrobate: “Aangesien niemand iets begeer om te sien van julle volkome nuttelose kuns nie, kan julle weer gaan netsoos julle gekom het!”
[7] Met daardie antwoord was die akrobate nie baie tevrede nie, en die leier van hulle groep sê: “Heer, ons het met ons kuns byna die helfte van die wêreld rondgereis en is oral baie bewonder; dit is ons nog nooit geweier om `n voorstelling te gee nie! Ons is op die minste egte halfgode en is die vernaamste gunstelinge van die groot god Mars, netsoos van Apollo en die nege Musen, en die sal hulle op die huis wreek vir die smaad wat ons hier aangedoen is!”
[8] Heel opgewek sê die herbergier: “Sedert ons almal in die huis die een en enige ware God van die Judeërs leer ken het, het ons vir die dooie gode van die Egiptenare, Grieke en Romeine werklik geen enkele vrees meer nie; julle kan ons dus met julle afgode dreig soveel julle wil; dit sal nie ons rus in die minste versteur nie.
[9] Maar as julle, netsoos julle sê, reeds die helfte van die wêreld rondgereis het en sekerlik ook al groot skatte en rykdomme vergaar het, reis dan as egte halfgode ook nog deur die ander helfte van die wêreld en laat julle hoog eer, netsoos julle wil, maar laat ons met rus! Maar as julle hier rusie wil maak omdat niemand hier iets van julle kuns wil sien nie, dan sou dit julle wel duur te staan kon kom; want hier aan my tafel is `n baie magtige Heer, vir wie niks onmoontlik is nie. Hy sou sekerlik in staat wees om julle vir julle opdringerigheid heel gevoelig te tugtig! Gaan nou dus liewer maar gediend my huis uit!”
[10] Die leier sê, baie verbolge (woedend): “Aangesien jy nou geen vrees meer het vir die verhewe gode, wat jy dood en onbeduidend noem in vergelyking met die fabelagtige God van die Judeërs, wat niks anders is as `n ydele fantasie nie, weet dan, jou veragter van die gode: Ek is self die god Mars en ek sal weet hoe om die land deur oorlog, honger en pes ten gronde te rig! As god het ek geen enkele vrees vir een of ander almagtige Judeër aan jou tafel nie!”
[11] Hierop sê Ek egter aan die leier: “Mars”: “Brutale heiden, maak nou dat jy wegkom - anders sal jy die mag van die enig ware God van die Judeërs te proe kry!”
[12] Na hierdie woorde van My word die leier eers egter grof en begin hom teen My op te stel.
[13] Maar Ek waarsku hom nog `n keer, en omdat hy nog nie wil weggaan nie, sê Ek aan hom: “Omdat jy op My bevel nie wil weggaan nie, sal Ek jou en jou geselskap deur die krag en mag van die God van die Judeërs nou op dieselfde oomblik verwyder na honderd dagreise ver hiervandaan; daar kan jy jou dan as die god Mars deur die More laat aanbid! En nou dus, weg met julle!
[14] Toe Ek dit gesê het, verdwyn die boosaardige akrobate oombliklik en word verplaas na die More in Afrika, wat ons al in Caesarea Philippi leer ken het, waar hulle in die leer wat van My uitgegaan het, onderrig was en so My leerlinge geword het.
[15] Daarna spreek Ons nog oor baie dinge en ook oor die snelle verwydering van die sogenaamde halfgode.
[16] Ondertussen het dit middernag geword, en Ons begeef Ons ter ruste.
[17] Ook die harpspeler en sanger bly by Ons; hy begin te begryp vir wie hy sy Psalms gesing het, en daarom word sy liefde vir My dan ook steeds sterker.
|
|
|
|
|