Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 9
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 46

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216.

 

Die bekentenis van die rowers

46 Olgon, en ook enkele van sy metgeselle sê: “Ja, ons sal swyg! Want ook ons is onversoenlike vyande van die onversadigbare fariseërs! Vroeër was ons almal eerlike Judeërs en het in diens gestaan van die fariseërs. Omdat ons sterk en moedige mense was, en ook die Skrif begryp het, verklaar hulle ons die wette van die naasteliefde as volg: Daar staan wel geskryf dat mens nie moet steel en roof en ook nie belus moet wees op die besit van sy naaste nie - maar dit het alleen betrekking op die Judeërs onder mekaar. Wie egter slim, moedig en sterk was, kon die skatte van die heidene steel en ook met geweld wegneem, soveel hy maar wil en kon, en dan sou hy in God se oë geen sonde bedryf nie; inteendeel, God sou maar net `n heel groot welbehae hê in so `n moedige en slim Judeër, wat van God se vyande skatte steel en roof en `n deel daarvan aan die tempel offer. Maar mens moes die beroofde heidene nie sonder noodsaak doodmaak nie, sodat hulle hulleself nie met hulle tirannieke wet op die Judeërs sou stort nie, wat tog al buite alle proporsies deur hulle verdruk word, en hulle heeltemal tot sterwens toe sou onderdruk.

[2] En kyk, omdat ons die stem van die fariseërs as die stem van God beskou het, word ons dan ook diewe en rowers, sonder om `n gewetenssaak daarvan te maak; want ons besteel en beroof die heidene - netsoos ons aanvanklik geglo het - immers in opdrag van JaHWeH, netsoos ook die groot koning Dawid in opdrag van God die Filistyne en ander slegte heidense volkere van die bodem der aarde moes uitroei, en God hom dit sekerlik as `n verdienste aangereken het, omdat Hy hom die man na Sy hart noem!

[3] So dink ons dus vir `n lang tyd dat ons manne na JaHWeH se hart was; maar toe ons mettertyd self ontdek hoe die tempeldienare hulleself aan die goedere van die Judeërs begin te vergryp en die vermoëns van arme weduwees en wese na hulle toe trek, egbreuk pleeg, jong seuns en meisies onteer en nog vele ander gruweldade pleeg, laat ons ons hele geloof in `n God en in Moses vaar en gaan ons vir onsself aan die werk - en toe was ook die ryk Judeërs nie veilig voor ons nie! Daarom het ons ook klere van Grieke en Romeine aangetrek, om as sodanig ryk fariseërs en ander ryk Judeërs eerder as Grieke en Romeine van hulle skatte te kon bevry. Van die armes het ons egter nooit iets weggeneem nie, maar hulle wel heelwat geskenk, veral as ons so `n egte ryk buit te pakke gekry het.

[4] Omdat Jy met jou wonderbaarlike alwetendheid presies weet wie ons is, en ook my egte naam vir Jou nie onbekend was nie, sal Jy vas ook weet dat dit inderdaad so met ons gestel was soos ons Jou nou na waarheid en openlik vertel het; en as baie wyse Profeet sal Jy ook die rede begryp waarom ons in hierdie tyd en al verskeie jare ware aartsvyande van die fariseërs en alle ryk ortodokse Judeërs geword het. En as Jy ons nou `n teken van Jou almag oor alles in die hemel en op aarde wil gee om ons geloof in God en in Jou, Sy buitengewone gesant en uitverkorene, weer tot lewe te wek, kan Jy seker wees daarvan dat ons Jou nooit aan die fariseërs sal verraai nie. Gee ons daarom `n paar bewyse van Jou godgelyke almag in die hemel en op aarde!”

[5] Ek sê: “Goed dan, omdat jy nou die waarheid gespreek en eerlik teenoor My vertel hoe dit julle vergaan het, val al julle skuld op die fariseërs terug, en daarom sal daar des te meer verdoemenis oor hulle kom - maar julle vergeef Ek die sondes wat julle tot nou toe begaan het, as julle voortaan julle huidige besigheid volledig opgee en as eerlike Judeërs ook eerlik julle kos sal verdien; en dit kan julle maklik doen, aangesien julle jul tot nou toe al meer as genoeg aardse middele toegeëien het, waarmee julle egter ook die armes - of dit nou Judeërs of heidene is, dit is nou om die ewe - ryklik moet bedank. As julle My ook dit eerlik en opreg belowe, dan sal Ek julle ook onmiddellik die bewys gee van wat Ek aan julle oor Myself gesê het.”

[6] Almal sê, terwyl hulle hulleself op die bors slaan: “Heer, dit wil en sal ons doen, so waar as ons met ons eie hande op die bors slaan en so waar as wat ons, deur U opnuut daartoe aangespoor, in die God van Abraham, Isak en Jakob glo en al Sy gebooie presies wil hou, ook in al ons kinders en kindskinders tot aan die einde van die wêreld, as God ons wil help!”

Die verandering van die woestyn

47 Ek sê: “Wel nou dan! Let op en skrik nie; want daar sal van julle geen haar gekrenk word nie! Kyk, dit is hier `n woeste streek van enkele duisende morge land; niks maar kaal, woeste gesteente nie, slegs hier en daar begroeid met `n half verdroogde doringstruik en `n paar distels. Hierdie woestyn is ook vanweë haar onvrugbaarheid en orige woesteny vir niks anders geskik maar hoogstens as `n miserabele, moeilike en moeisaam begaanbare weg vir vragvervoer.

[2] As Ek in hierdie omgewing `n verandering aanbring en haar dan aan julle en julle nakomelinge as eiendom gee, word niemand daarby in sy landbesit benadeel nie. Julle het julle tog al grotendeels in hierdie woestyn en in die vele ravyne en gate daarvan opgehou, sodat dit julle eintlike woongebied geword het, wat die aan die rand van hierdie woestyn wonende Samaritane en vir `n deel ook Galileërs en Judeërs maar al te goed bekend is, en so sal julle hierdie streek ook in `n bloeiende en vrugbare toestand ongehinderd julle eiendom kan noem.

[3] Maar voordat Ek in julle teenwoordigheid en ten behoewe van julle hierdie woestyn sal seën, moet Ek julle laat sien dat Ek ook Heer is van alle magte en kragte in die hemele, en open daarom nou julle oë, ore en harte! - Openbaar julle, magte en kragte van My hemele wat vir julle vleeslike oë verborge is!” 

[4] Toe Ek dit gesê het, word die innerlike gesig by almal geopen, en hulle sien tallose skares engele en hoor `n verhewe lofsang, waarvan hulle siele die betekenis egter nie kon vat nie; en vele van die mees verligte engele daal na My af en aanbid My Naam.

[5] Toe die voormalige rowers dit sien, word hulle deur groot vrees oorval.

[6] Maar Ek sê aan hulle: “Waarom is julle bang vir hierdie engele van My, wat My in alle saligheid vir ewig onderdanig is en bly? Ek is immers tog die enige Heer oor alles in die hemel en op aarde, en julle was vir `n lang tyd nie vir My bang gewees nie, alhoewel Ek dit vir julle gesê het!”

[7] Hierop klim alle rowers van hulle lasdiere af, werp hulle op hulle knieë en smeek My om barmhartigheid.

[8] Die verskynsel duur ongeveer `n kwartier, en in die tyd beveel Ek die om My heen knielende engele terstond om die magtigste bliksem, wind en reënstorm bo hierdie streek te gebied, sodat Ek hierdie woestyn daarna tot vrugbare land kon seën!

[9] Daarop begin die verskynsel ooreenkomstig My wil te verdwyn; maar in plek daarvan begin die aardse hemel hom met swaar nabye wolke te vul. Dit duur geen halfuur nie, of daar begin vanuit die suide sulke heftige orkaanwinde te woed, dat die rowers en selfs My leerlinge My begin te vra om hulle nie te gronde te laat gaan nie.

[10] Maar Ek sê aan hulle: “Julle het sulke dinge tog al dikwels aan My sy meegemaak, en nooit is `n haar van julle daarby gekrenk nie! Welke mag sou julle kon skaad, as Ek by julle is, kleingelowiges?”

[11] Daarmee stel die leerlinge hulle weer tevrede. `n Paar treë verder op was daar egter `n ruim grot. Toe die storm steeds hewiger word, die een bliksem duisend maal duisendvoudig op die ander volg en die reën in strome uit die wolke begin te stort, gryp die rowers hulle lasdiere en vlug daarmee die grot in, terwyl Ek met My leerlinge op die oop plek bly, sonder om ook maar deur één reëndruppel geraak te word.

[12] Die storm duur maar `n halfuur, en tog het die magtige bliksems die woeste gesteente van die hele woestyn meer as `n manslengte diep tot `n dik laag grys leem vergruis en geknie, en die kriskras spuitende waterstrome het daarmee die vele holtes en klowe opgevul en hulle sodoende geskik gemaak vir landerye en tuine. My wil het onsigbaar die vele ander gate en holtes in die aarde opgevul, en so word die geheel taamlike groot woestyn binne die korte tydsbestek van nouliks `n uur verander in `n weelderige land vir akkers en wingerde. Die storm was verby, die hemel klaar op en die son skyn met haar warm strale nou op `n nuwe stuk aardbodem.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205