Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 9
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 38

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216.

 

Die sorg van die jong man

38 Die jong man sê: “O Heer, Majesteit en ewige Heer van die lewe, ek het dit alles goed begryp, en dit skyn my nou werklik toe asof dit in my hart nou reeds heeltemal vry en vol lewenslig geword het; daarom is ek vooraf al ten volste daarvan oortuig dat daar mettertyd nog baie meer lewenslig in my sal kom, as ek self in volle erns volgens U heilige leer aan die werk sal gaan! O Heer, Heer! Laat tog vele, ja alle mense op dié manier in U liefde verlig word; dan sal ons mense ons reeds in hierdie wêreld in die paradys bevind!

[2] Maar nou bespeur ek in myself ook die diep nag in Jerusalem, waarmee ons nog baie stryd sal moet deurmaak om die algemene klaarligte lewensdag te laat aanbreek; want in die lig wat nou in my ontwaak is, sien ek eers die verskriklike teenstelling tussen U suiwer leer en die ten hemel skreiende, bedrieglike en volkome valse leerstellings en armsalige wette van die tempel. Hoe sal mens dit kan tegemoet tree? Want die tempeldienare het nog altyd die aardse mag in die hand en vervolg elkeen wat anders glo, dink en handel met vuur en met swaard. As hulle hierheen kom en ons aantref, terwyl ons lewe en handel volgens U leer, en ons om die rede vra, dan sal ons as in U waarheid staande mense tog alleen die waarheid moet sê, om nie as leuenaars te staan teenoor hulle en ook teenoor U nie, o Heer, Heer!

[3] O ewige Heer van alles wat bestaan en van hemel en aarde, gee ons ook in daardie opsig raad; want hoewel ek nog jonk is, sien ek nou eensklaps maar al te goed in dat ons miskien al baie binnekort te make sal kry met heel bittere en harde vervolgings van die kant van die tempeldienare, en wel des te meer namate ons ernstiger en aktiewer volgens U leer sal lewe en handel. O Heer, Heer, wat moet ons dan doen?” 

[4] Ek sê: “Nou, nou, My beste seun! Is Ek ten eerste nie magtiger as die tempel nie, wat ook nie in My glo nie, maar My maar net voortdurend vervolg en probeer om My gevange te neem en ten gronde te rig? Wie in My glo, op My bou en My vertrou, sal Ek tog ook wel te hulp kon kom teen die blinde mag van die tempel! Glo jy dit?”

[5] Die jong man sê: “O Heer, Heer, vergeef my my nodelose, dwase angs; ek glo, ek glo dit sonder twyfel! U, die ewig enige Heer oor lewe en dood sal weet om dié van U ook teen alle hellemagte te beskerm, hoe seer hulle ook daarop uit is om op die hele aarde God se ryk te vernietig en die ryk van die ewige dood te stig.”

[6] Ek sê: “Baie seker, waaragtig en gewis! Maar ten tweede sê Ek ook nog vir jou: wees in julleself weliswaar sag soos duiwe, maar teenoor die wêreld listig soos slange! Want Ek wil nie dat julle My pêrels openlik aan alle wêreldse varke laat sien en hulle vir hulle toewerp nie. 

[7] As mens julle ter verantwoording sal roep, sal Ek die antwoord wel in julle mond lê - en egter, dan sal nie één in `n duisend in staat wees om julle van repliek te bedien nie. As Ek julle ook nog hierdie versekering gee, kan julle in My Naam elke stryd wat julle te wagte staan, baie moedig onder oë sien. Want in hierdie tyd sal die uitbreiding van My ryk onder die mense geweld nodig hê, en hulle wat die wil het, sal dit ook met geweld na hulle toe moet trek! Die sekere oorwinning sal egter nie moeilik te beveg wees nie, omdat Ekself as die magtigste Held die stryders vir My ryk alle hulp sal gee! - Begryp jy dit ook?”

[8] Die jong man sê: “Ja, Heer, Heer, met U barmhartigheid is alles maklik te begryp; want met U leer gee U diegene wat ernstig volgens die goddelike betekenis daarvan wil lewe, ook die regte begrip en daarmee ook die moed om die stryd vir die goddelike, suiwer en lewensegte waarheid met elke vyand aan te gaan en seëvierend te deurstaan. Want ek was dood, en U goddelik almagtige Woord het my ledemate weer tot lewe gewek en my hart gedwing om weer te gaan klop, en netso het U almagtige wil nou ook ons bakke en kraffies nie leeg laat word nie. Bowendien het U ons almal nog die grootste lewensbesit geskenk deur die gawe van U leer, waardeur ons nou reeds baie bewustelik weet en baie goed insien wat ons moet doen en waarom.

[9] As ons dit nou almal weet en U, o Heer, Heer, ook as die enig ware God herken het, dan moet dit ons immers die volste geloof en die innigste vertroue gee dat U ons ook in die stryd teen die vyande van die waarheid sal beskerm en ons altyd die sekere oorwinning oor hulle sal gee, omdat U, die ewige Waarheid, ons dit getrou belowe het. In ons hart sal ons wel sag wees soos duiwe, maar met U hulp, o Heer, Heer, sal dit ons ook aan listigheid teenoor ons eventuele vyande nie ontbreek nie.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205