Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 9
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 99

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216.

 

Die Heer oor Judas Iskariot

99 Heel vriendelik sê Ek aan die herbergier: “Hoe sou jy nou iets verkeerd en derhalwe onregverdig kon gesê het, aangesien Ek jou die woorde in jou mond en jou hart gelê het? Jy het hierdie leerling nou geheel in My Gees en in My Naam onverbloemd en reg in sy gesig die volle waarheid gesê; heil hom, as hy dit vir sy lewe ter harte wil neem!

[2] O, Ek weet baie goed dat hy geleer is in die Skrif, en Ek is ook op hoogte van al sy kennis en ervaring van elders, waarin hy My ander leerlinge verreweg die baas is. Maar wat het hy daaraan, as hy nou al byna twee en `n half jaar met My rondtrek, vernaamlik om My skerp in die oog te hou met alles wat Ek doen, om te sien of hy iets kan vind wat nie met die Skrif ooreenstem nie. Daarin vind sy verborge en derhalwe nog nie afgelegde hoogmoed en derhalwe ook sy selfsug en uiteindelike winsbejag steeds nuwe voeding; daarom bly hy ook nog steeds netsoos hy is en laat hy hom deur niemand volledig en volgens waarheid teregwys om sy lewe te verbeter nie. Want hy dink steeds by homself: “Wat wil julle, arme en ongeleerde vissers, my vertel, terwyl ek `n skrifgeleerde is?”

[3] Maar Ek sê: Op sigself is dit baie goed om `n skrifgeleerde te wees; maar Ek is iemand, wat maar weinig van die Skrif ken en gelowig daarvolgens leef en handel, baie liewer as vir iemand vol skrifgeleerdheid, wat die Skrif maar net bekritiseer, nouliks en ten slotte heeltemal geen geloof daaraan heg nie en daarom ook nie volgens die Skrif nie, maar slegs volgens die raad van sy wêreldse insig leef en handel.

[4] `n Mens wat in homself eenmaal opgeblase is deur die verwaandheid van sy baie kennis, is netso blind in die gees as al die hoogwyse Judeërs en fariseërs en skrifgeleerdes in Jerusalem, en wel so erg, dat hy op `n klaarligte dag deur die bome nie die woud sien nie, dit dus nog altyd soek en, terwyl hy daar midde-in staan, vra: “Ja, waar is daardie woud tog, wat ek soek en wil sien?” 

[5] En is dit in geestelike opsig nie ook so met iemand wat midde in die lewe gaan vra of hy wel leef, en waaruit sy lewe eintlik bestaan nie?

[6] Dwaas! Jou vel en jou vlees en die hele aan jou gelyke uiterlike wêreld sal jou dit natuurlik nie kan vertel nie, omdat dit alles op sigself geen lewe is nie, maar slegs `n gevolg van die lewe is! Gaan binne-in jou innerlike deur geloof, deur liefde, deur deemoed, sagmoedigheid en ware selfverloëning, en word daardeur tot `n selfstandige lewe met die lewe uit God in jou; dan sal jy goed ervaar dat jy werklik leef en wat die lewe is! 

[7] Immers, waarom soek die mense nie na goud in dooie gesteente nie, maar dring hulle daar, waar hulle spore van daardie metaal ontdek het, die inwendige van die berge binne en versamel hulle groot skatte daar? As die mense dit sonder vrees en terughoudendheid doen om aardse skatte te win, wat op sigself dood is en baiekeer ook die dood bring, waarom doen hulle dit dan nie in en met hulleself om die lewensgoud wat in hulle verborge is, te win nie? Hulle het op hulle vel tog reeds die mees duidelike spoor van die innerlike en ware lewensgoud.

[8] Wie eenmaal bestaan en leef, maar as onryp lewensvrug nog nie daarvan bewus is waarom hy bestaan en leef nie, moet in sy werk in die lig uit God gaan staan, hom aansienlik daardeur laat verlig en verwarm in sy hart, dan sal hy daardeur tot innerlike bevryding en ware lewensrypheid kom. Daarin sal hy dan duidelik bewus word hoe en waarom hy bestaan en leef, en wat en wie die lewe in hom is!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205