Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 9
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 19

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216.

 

Oor die leiding van die mense

19 Eers toe die drie hulle heel welgemoed in `n sykamer bevind, sê die herbergier aan My: “O Majesteit en Heer, wat dink U nou van die verdraaide, goed gefundeerde woorde van hierdie drie mense? Nee, ek het al baie van ons filosowe gehoor en selfs gelees, maar iets so gedug het ek nog nooit teëgekom nie! Selfs met die beste wil en die beste geloof is werklik niks daarteen in te bring nie, nóg wat afsonderlike dinge betref nóg in die algemeen. Want so is dit presies gestel met die mensdom in die algemeen en dikwels ook in besonderhede, en nou het ek wel `n buitengewoon aangewakkerde nuuskierigheid hoe U dit Self sal verontskuldig en regverdig.”

[2] Ek sê: “Daaroor moet julle jul nie besorg maak nie; want Ek het dit Self so laat gebeur vanweë enkele ortodokse tempeljode, wat hulle daar in die aangrensende kamer bevind. Hulle het vannag hier uit Jerusalem aangekom en het dit vir enkele dae gehuur. Hulle het met hulle oor teen die muur afgeluister wat daar alles hier in die saal oor hulle gesê was, en die spreker het hulle met luide stem presies gekenskets soos wat hulle is. En dit was goed.  

[3] Hierdie Judeërs het hierheen gekom om met jou hulp `n agterstallige tiende te in. Maar nou sal jy waarskynlik goed weet watter hulp jy hulle sal gee! As die drie mense wil kragte meet, laat hulle dan weer hierheen bring, dan sal Ons die saak verder op `n goeie manier afhandel!” 

[4] Die herbergier en ook Kado sê: “Ons het wel gedink dat dit die geval sou wees, maar ons durf dit nie hardop sê nie, ten eerste omdat ons U nie voortydig teenoor die drie wil verraai nie, en ten tweede omdat die woorde van die spreker in alle erns ons aandag geverg het en ons wil sien hoever die mens dit met die skerpsinnigheid van sy verstand kan bring. En egter, vanuit suiwer menslike standpunt gesien, het die spreker gelyk, ook in die beskryf van die verhoudings tussen Skepper en skepsel; want vir ons menslike verstand is dit werklik moeilik te begryp, waarom U die mense gedurende so `n lang tyd op `n nadere openbaring van Uself, U wil en U bedoelings met die mense kon laat wag het en tallose in die diepste lewensnag kon laat versmag het. En hoevele sal daar nog versmag sonder om iets oor U te wete te kom; en ook al sal hulle van die verspreiders van U leer hoor dat U Self in die gestalte van `n mens op hierdie aarde gekom en die mense die weg na die ewige lewe van hulle siele getoon het - sal hulle wel net so vas glo, soos ons nou, dat dit inderdaad was netsoos U boodskappers hulle vertel het.”

[5] Ek sê: “Julle as mense het weliswaar gelyk as julle so praat, vra en oordeel; maar My Liefde, My Wysheid en Orde verlang van My as Skepper dat Ek My skepsels steeds dit gee wat vir hulle op elke oomblik die mees noodsaaklikste is.

[6] Vanaf die eerste mens op hierdie aarde tot op dié oomblik het die mense nog nooit ook maar een jaar lank sonder enige van My uitgaande openbarings gebly nie - maar steeds op so `n manier, dat hulle volledig vrye wil geen geweld aangedoen was nie, omdat die mens sonder die vrye wil geen mens sou wees nie, maar slegs `n masjien van My wil. 

[7] Daarom word die verstand ook aan die mens gegee as `n goeie lig, om God en Sy wil daarmee te soek - wat baie mense in alle tye dan ook gedoen het, en met die regte erns het hulle ook gevind waarna hulle gesoek het. 

[8] Dat God Hom egter nie so vinnig en maklik laat vind soos baie mense graag sou wil nie, het die volgende baie wyse rede: As die mense met weinig moeite sou vind wat hulle soek, dan sou daardie ene wat hulle gevind het, weldra geen waarde meer vir hulle hê nie en sou hulle hulleself weinig moeite getroos het om nog verder te soek en te speur; hulle sou traag word, en dan sou die deur hulle so maklik en vinnig gevinde geestelike skat hulle nog minder van nut wees, as wanneer hulle die skat voortdurend angsvallig moet soek en in hierdie wêreld tog maar selde en met baie moeite heeltemal vind. Daarom vind groot openbarings maar selde plaas, sodat die mense in die angs van hulle sielenag self aan die werk moet spring en met alle ywer die ewige waarheid, en dus vir My, moet soek.

[9] Dat die mense in hierdie wêreld tydens hulle soeke heel dikwels op allerlei sypaaie en ook in allerlei benarde omstandighede beland, is weliswaar `n aardse kwaad; maar dit kom nie voort uit die aktiewe ernstige soek nie, maar uit die ellendige traagheid by die soek, wat `n vrug is van te ver gedrewe wêreld- en eieliefde, waardeur die mense die strewe na die ryk van die gees so aangenaam moontlik vir hulleself wil maak. As ander, nog traer mense dit merk, sê die al gou en maklik aan diegene wat so lou soek: “Hé, wat gee julle jul tog baie moeite om daardie ene te soek wat ons al lankal oorduidelik gevind het! As julle ons wil glo en dien en in plaas van julle vrugtelose selfstandige soek en speur klein offers wil bring, dan sal ons julle getrou alles vertel wat ons maklik en vinnig gevind het!”

[10] Wel nou, vir trae en moeitesku soekers is so `n aanbod welkom, hulle neem dit aan en glo wat die ander hulle met `n ernstige gesig vertel, daarby gehelp deur allerlei valse wonders en tekens, wat die nog traes by die soek na die waarheid uitgevind het en ten voordele van hulle aardse goeie lewe onder allerlei seremonies aan die blindes aanbied. Op die manier ontstaan dan die vele soorte bygeloof, leuens, bedrog en totale liefdeloosheid en daarmee al die onheil onder die mense op aarde.

[11] Julle vra julle nou natuurlik af waarom Ek so-iets toelaat. En Ek sê vir julle: Die rede dat Ek so-iets toelaat is, dat dit vir `n menslike siel, wat te traag is om ernstig te soek, beter is dat hulle tog iets glo en hulle deur daardie geloof in `n orde invoeg, as dat hulle in hulle traagheid en werkskuheid volledig sou afsterf. As die bedrog en die verdrukking eenmaal te ver gegaan het, dan word die liggelowiges in die eerste plek deur die nood gedwing om selfstandig verder na die waarheid te soek. Hulle merk die bedrog, laat hulle traagheid vaar, begin ernstig self te soek en skram nie weg van die stryd nie - en daaruit kom weldra allerlei lig voort. En in die tweede plek is daarna vir `n mens, wat solank bedrieg en daarom `n ywerige soeker is, `n deur My opnuut gegewe openbaring vir hom onuitspreeklik baie meer welkom en ook effektiewer by die verdryf van die ou bygeloof.

[12] So het Ek julle nou heel duidelik toegelig, waarom Ek onder die mense op hierdie aarde soveel volgens hulle eie vrye wil toelaat, wat vir die regterstoel van die mense moontlik nie goed en wys blyk te wees nie, maar in die diepste grond tog baie goed en wys is.

[13] Tot sover vir julle. Maar laat die drietal nou weer binnekom, dan sal Ek met hulle praat!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205