|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 9 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 139
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216. |
|
|
Uitleg van die Heer oor die planeet Mars
139 Daarop kyk Ons nog `n wyle na die omgewing, en Ons bootsman, wat buitengewoon skerp oë het, gewaar op enige afstand `n skip wat in ons rigting vaar en vra My: “O Majesteit en Heer, wie mag daardie skip so laat in die aand nog na hierdie plek bring?”
[2] Ek sê: “Dit bring een van My leerlinge. Maar praat nie baie met hom as hy by Ons is nie; want hy is ook so iemand wat liewer `n pond geel aarde het, wat mens goud noem, as die hele hemel met die skatte van die gees en van die ewige lewe!”
[3] Die leerlinge begryp My, netsoos Ons Kisjona en Philopold; maar die herbergier en die twaalf vissers begryp nie heeltemal wat Ek daarmee wou sê nie. Maar niemand vra My verder iets nie, omdat `n dienaar Ons nou ook kom vertel dat die aandete gereedstaan.
[4] Ons staan dadelik op van Ons sitplekke, wat op die terras geplaas was, en begeef Ons na die huis, waar, in `n baie ruim saal, die tafels met brood, wyn en uitstekend bereide visse op Ons wag. Ons gaan dan ook dadelik aan tafel en neem die maal tot Ons.
[5] Toe Ons Onsself met spys en drank versterk het en met mekaar oor allerlei nuttige dinge gespreek het, waaraan Maria ook heel aktief deelneem, kom Ons Judas Iskariot by Ons in die saal in en begin hom teenoor My te verontskuldig dat hy Ons nie vroeër kon gevolg het nie.
[6] Ek sê: “Wat kan jou wêreldse sake My skeel! Weet jy dan nog altyd nie waarom Ek in hierdie wêreld gekom het nie? Wie dit met die wêreld hou en haar liefhet, kry vroeg of laat, maar altyd seker, die loon wat die wêreld steeds vir haar vriende gereed hou, en daardie loon heet die dood!
[7] My ryk is egter nie van hierdie wêreld nie, en wie dit met My hou sal nie die dood nie, maar die ewige lewe in My ryk as loon ontvang. My ander leerlinge het, op `n paar na, tog ook vroue en kinders tuis - en tog het hulle by My gebly terwille van die ryk van God! Waarom het jy dan na jou familie gegaan, asof jou sorg vir hulle meer is as dié van My? Skryf dit in jou wêreldse hart!”
[8] Hierdie woorde van My staan die wêreldse ingestelde leerling weliswaar nie so erg aan nie, maar tog beheers hy hom en dank My vir die teregwysing; en Ek sê aan die herbergier dat hy hom aan `n ander tafel iets te eet en te drink moes gee. Die herbergier doen dit dadelik, en die leerling gaan sit en neem brood en wyn tot hom; visse kry hy egter nie meer nie, omdat dit nie meer voorradig was nie en hierdie leerling hom in Kis volgeëet het met visse.
[9] Daarna sit Ons heel welgemoed aan Ons tafel, en Ekself onderrig die twaalf vissers in My leer oor die ryk van God in die mens en maak hulle dit uit die Skrif alles duidelik en verstaanbaar.
[10] Toe Ek My so ongeveer twee uur lank met die twaalf vissers besig gehou het en My onderrig vir hierdie dag en aand afsluit, kom daar byna buite asem `n dienaar van die huis na Ons toe in die saal in en sê: “Beste menere, ek was op die terras besig en het in die rigting van die ooste gekyk. Daar ontdek ek `n buitengewoon groot ster, wat baie naby die horison staan. Die lig daarvan is rooi soos bloed, maar tewens so sterk dat jy nie lank daarna kan kyk nie. Ek het nog nooit so `n ster gesien nie. Wat sal die ster beteken? Die Heer Heiland uit Nasaret, wie se wysheid, volgens wat mense sê, die van Salomo oortref, sal seker die beste kan weet wat die ster beteken.”
[11] Ek sê: “My beste vriend, jy is nog nie so lank in die huis as bediende nie, aangesien jy die Heer Heiland uit Nasaret nog nie beter leer ken het nie; maar omdat jy voorheen `n lang tyd bediende was by `n fariseër in Kapernaum, is dit ook verstaanbaar dat jy jou Heer Heiland uit Nasaret nog nie beter ken nie. Maar waar is die ster van jou, wat jou so `n groot angs besorg het?”
[12] Nou sê die dienaar enigsins verleë: “Ja, dan sou die menere netso na buite moet kom; want vanuit hierdie saal kan jy hom nie sien nie, omdat die vensters hulle nie aan die oostekant nie, maar presies aan die anderkant bevind.”
[13] Ek sê: “Dan gaan Ons nog netso na buite om te sien watter ster jou so `n angs besorg het!”
[14] Daarop loop Ons na buite en sien dadelik die rooi, groot ster in die ooste, wat nou reeds hoër bo die horison staan, waardeur die rooi kleur sterk verander het, hoewel die lig uitsonderlik sterk was.
[15] Nou vra Ek alle aanwesiges, wat die ster ook met `n ietwat sku blik bekyk: “Wel nou, wat dink julle van hierdie ster? Ken julle hom, of ken julle hom nie? Vir jou, My leerling Andreas, sou hierdie ster tog nie onbekend moet wees nie, omdat jy immers `n sterrekundige is.”
[16] Andreas sê: “Werklik, Majesteit en Heer, die sterrebeeld waarin hy staan ken ek goed - dit is die “leeu”, soos dié sterrebeeld al van oudsher genoem word - maar dié ster ken ek nie. Die kleur lyk wel soos die van die planeet Mars, soos dit deur die heidene genoem word; maar die grootte kom nie met die genoemde planeet ooreen nie.
[17] Ek sê: “En tog is dit die planeet wat jy so pas genoem het. Dat hy dié jaar baie groter lyk as gewoonlik, het gebeur deurdat hy hom nou so naby as wat maar moontlik is aan die aarde bevind. Die veranderlike posisie van alle planete ten opsigte van die son en ook ten opsigte van mekaar is al vele kere aan julle, as dit so uitkom, getoon en uitgelê, en ook is julle getoon dat die planete, na gelang hulle hulleself in die een of ander posisie bevind, deur hulle baan rondom die son mekaar behoorlik kan nader en hulle ook van mekaar kan verwyder, en nog begryp julle nie sulke heeltemal natuurlike verskynsels nie en word julle gemoed daarby selfs bang, waardeur dit baie maklik ontvanklik word vir allerlei bygeloof van die heidene.
[18] Kyk, hierdie planeet bevind homself, om die redes wat aan julle bekend gemaak is, nou die naaste aan die aarde en ook aan die son, soos al opgemerk, en sien om die rede heelwat groter daaruit as wanneer hy ver van die aarde staan, netsoos elke voorwerp wat naby is, hom ook groter manifesteer en vertoon as van `n groter afstand. - Begryp julle dit nou?”
[19] Andreas sê: “Majesteit en Heer, nou is hierdie saak vir my, en sekerlik ook vir alle ander, weer heeltemal duidelik, en voortaan sal ons onsself nie meer oor sulke voorvalle die hoof van angs breek nie.
[20] Maar omdat hierdie ster ons nou tog al na buite gelok het, sou ek graag, heel in die kort uit U mond, wil hoor hoe die meeste van ons bekende volkere tot die geloof gekom het, dat hierdie ster oorlog ontketen onder die mense, veral as hy homself netsoos, nou vanweë sy nabyheid aan die menslike oog groter voordoen, om welke rede hy ook die naam van die heidense oorlogsgod gekry het en vele heidene hom ook as die oorlogsgod self beskou en hom daarom ook vrees.”
[21] Ek sê: “Weet jy dan nog nie dat al die buitengewoon geslepe priesters van elke volk - wat hulle in hulle blindheid, wat ook `n werk van sulke priesters is, as dienare en vriende van die gode beskou - weet om alle buitengewone verskynsels, en veral die aan die uitspansel, te benut om die mense groot vrees en angs aan te jaag, deels deur hulle woorde en deels deur hulle bedrieglike kunste, om hulle daardeur tot groot offers en ander boetedoenings te dwing? Kyk, ook dit is `n werk van die priesters, en uit hulle het met verloop van die tyd ook die konings van die aarde voortgekom!
[22] Hierdie ster het, as gevolg van sy sterk atmosfeer as planeet, `n ietwat rooier kleuring as `n planeet met `n minder sterk atmosfeer, en het nou eers groter en dan weer kleiner ligsterkte, maar steeds met `n rooiagtige lig, het die priesters baie gou op die idee gebring om hom `n oorlogsster teenoor die volk te noem. As hy groter te sien was, word daar aan die volk komende oorloë verkondig, en hulle begin dan te offer.
[23] En as daar onder die volk so nou en dan iemand was wat die volk vertel dat die priesters hulle per geleentheid maar net wil uitbuit en dat die ster as sodanig `n volkome onskadelike planeet was, en die volk glo die wyse man en bring die priesters weinig of heeltemal geen offers nie, dan verstaan die priesters die kuns baie goed om vyandskap tussen die volkere te stig en hulle in oorlog te laat ontbrand. Dit word dan met die grootste verbittering en wreedheid gevoer. Dan loop die volk massaal na die priesters in hulle tempels en offer aan die gode om hulle mild te stem. As die priesters by sulke geleenthede `n groot wins gemaak het, dan probeer hulle die regeerders weer mild te stem en was die oorlog al gou weer ten einde.
[24] As jy dit nou begryp het, sal jy nou ook goed insien hoe Ons planeet aan die eer gekom het om as god van die oorloë gesien te word. - Maar Ons sal hierdie ster nou laat vir wat hy is, weer huiswaarts keer en Ons daar ter ruste begewe!”
|
|
|
|
|