|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 9 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 52
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216. |
|
|
Die wonder met die edelvisse
52 Ek sê: “Nou goed dan, Ek sal eers kyk of Ek jou iets goeds en waar oor jou groot Man kan vertel - luister dus!
[2] Kyk, vir sover Ek die Man ken, is Hy na My beste wete dieselfde JaHWeH wat reeds met Adam, Noag, met Abraham, Isak en Jakob, met Moses en met nog vele ander profete gespreek het. Die verskil tussen toe en nou is alleen, dat Hy destyds as ewige Heer van alle skepsels alleen as die suiwerste gees vol liefde, lewe, vol van die hoogste wysheid, mag, krag en gesag met die gewekte gees van die mense gespreek en Hom op die manier aan hulle geopenbaar het. In hierdie tyd egter het dit Hom behaag - netsoos Hy al meerdere male deur die mond van die profete belowe het - om uit oorgrote liefde vir die mense van hierdie aarde, wat Hy geskape het om Sy kinders te word en aan wie Hy al ten tye van Adam Self die naam gegee het, Self `n liggaam aan te neem en Hom as `n sigbare Vader vir Homself op te voed, sodat hulle ewig by Hom sal wees, lewe en woon, daar waar Hy Hom ewig Self bevind en skep en die oneindigheid regeer.
[3] Daarom staan daar immers geskryf: In die begin was die suiwer Woord, en God was die Woord in die mond van die aartsvaders der aarde, alle waaragtige wyses en profete. Die ewige Woord, God Self dus, het nou egter vlees, dus `n mens geword, en so kom die Vader tot Sy kinders, maar hulle herken Hom nie. Hy kom dus na Sy eiendom toe, en die mens wil Hom nie as die enig ware en ewige Vader erken nie. Maar tog is daar ook vele wat Hom erken as die Een wat Hy is en hulle met alle liefde na Hom alleen rig. Dit is beide Judeërs en heidene, en die heidene meer as die Judeërs; daarom sal, volgens Sy Woord, die lig ook van die Judeërs afgeneem en aan die heidene gegee word.
[4] As jy dit wat Ek jou nou oor die groot Man vertel het, weet om op waarde te skat, sal jy ook wel daaruit opmaak dat Ek die groot Man sekerlik baie goed ken!”
[5] Die herbergier sê vol vreugde: “O, o, o, dit is geweldig goed en voortreflik! Dit is ook ons geloof! Ek wou dit al lankal graag aan Julle beken; maar omdat julle geen Samaritane was nie, moes ek slim te werk gaan om my nie bloot te stel aan bepaalde onnodige grofhede nie – netsoos dit my al `n paar keer oorgekom het. Want die mees heilige moet myns insiens nie vir die varke gewerp word nie, wat in opgeblase mensgedaante voor ons oë rondloop en ons as baie minder beskou as wat hulle self dink te wees.
[6] Maar omdat Julle dit van die Godmens dink, is Julle ook my gaste en hoef Julle nie te betaal nie, hoe lank Julle ook by my wil bly. Ek is weliswaar geen ryk herbergier nie, maar ek het nog wel soveel in voorraad dat Ons dit in `n jaar nie sal opeet nie. O vreugde, meer as groot vreugde, dat ek in Julle sulke hoogs verligte vriende en troue belyders van die enig ware God van Abraham, Isak en Jakob gevind het! Maar laat daar nou onmiddellik meer en van die beste wyn kom, en laat daar by die paar visse, wat almal van die klein soort was, en omdat ek nog maar `n baie klein voorraad visse het, vier lammers geslag en vinnig goed voorberei word; want sulke ware Godsvriende mag in my huis geen honger en dors ly nie!”
[7] Ek sê aan die herbergier: “Laat die lammers vandag nog maar lewe, maar kyk in plek daarvan eers in jou groot visbewaarplek; want Ek het die indruk dat daar nog `n hele boel groot en edel visse uit die Meer van Genesaret daar is! As daar `n paar daarin sit, laat hulle dan, ongeveer veertig stuks, vir Ons voorberei!”
[8] Skouerophalend sê die herbergier: “Die was `n paar weke gelede nog wel in gewees; maar of daar ook nou nog `n paar is, netsoos wat Jy, met vir my geheel onverklaarbare skerpsinnigheid waarneem, dit durf ek nie te beweer nie! Ek was weliswaar nie aanwesig gewees by die leegmaak van my groot visbewaarplek nie, en dit sou dus baie goed kon wees dat daar `n paar agtergebly het. Maar veertig stuks sal dit wel nie wees nie! Ja, in die groot bewaardam, wat `n paar veldweë hiervandaan lê, het ek nog wel `n behoorlik groot voorraad van allerlei visse, maar daar sal nie baie edelvisse tussenin wees nie; want die edelvis is `n roofvis, en as jy hom tussen die ander visse sit, rig hy groot skade daar aan.
[9] Maar omdat Jy my so bly gemaak het met Jou getuienis, wil ek op Jou Woord tog gaan kyk hoe dit daar met die edelvisse uitsien. As dit daarmee merkwaardigerwyse miskien net so mag wees as met die brode, waarvan dit nog lank nie vir my duidelik is hoe dit vermeerder en veredel geword het nie, dan sou ek byna moet gaan dink: Jy is self ook so `n reeds gevolmagtigde gesant van die groot Man, van my enige Heer en God! En ek dink dat ek nie ver daarnaas sit as ek Julle almal as sodanig begroet nie. Maar nou na die edelvisse!”
[10] Daarop haas die herbergier hom vinnig die kamer uit na sy vrou, wat nog in die kombuis besig was met die huispersoneel, en sê dit aan haar.
[11] Maar die vrou sê: “O wat is jy tog `n liggelowige man, waar sou die veertig edelvisse vandaan moet kom? Jy sal nie meer één daarin vind nie! Ek het hulle vyf dae gelede immers almal verkoop aan die arts, wat `n groot feesmaal gehou het, en die goeie geld in jou kas gelê; en ek dink dat hy vir die aan hom bewese diens ons broodkamer met die koningsbrood laat vul het deur iemand wat hy die swye opgelê het!”
[12] Die herbergier sê: “Luister, jy vrou, wat altyd bietjie moeilik glo! Dit kan so wees, maar dit is waarskynlik nie; maar jou ongeloof sal my nie daarvan afhou om die grootste visbewaarplek in oënskou te neem nie. Of jy - wel of nie saam wil gaan, sal my om `t ewe wees!”
[13] Na hierdie woorde van die herbergier gaan sy vrou tog met hom saam - en wat was hulle albei verbaas, toe hulle die bewaarplek vol met die mees edele visse aantref, sodat hulle dadelik ontset was.
[14] Die herbergier roep nogmaals al sy bediendes byeen en vra hulle ernstig, of hulle dalk geweet het hoe die vele en baie kosbare edelvisse in die visbewaarplek gekom het. Maar almal sweer by die hemel, dat hulle dit nie geweet het nie.
[15] Toe sê die herbergier: “Werklik, hier gebeur geen natuurlike dinge nie! Dit het een van die gaste wat vanaand gekom het, gedoen, wat almal iets raaiselagtigs oor Hulle het.”
[16] En terwyl hy hom tot sy vrou en sy kombuis personeel wend, sê hy: “Kortom, die visse is daar nou eenmaal op wonderbaarlike wyse skielik vele honderde tegelyk - neem dus in plaas van veertig, maar dadelik vyftig! Maak `n groter vuur, en berei hulle op die beste manier; want van hierdie visse sal ek self `n paar eet!”
[17] Daarop gryp die knegte meteens toe en haal onmiddellik die verlangde visse uit die bewaarplek. En voor daar `n uur verby was, staan die mooi edelvisse al heel fyn voorberei voor Ons op die tafel.
|
|
|
|
|