|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 9 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 151
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216. |
|
|
Markus doen verslag van die suksesvolle genesings in sy bad
151 Daarop sê Ek aan Markus: “Vriend, jou nuwe dienare, wat My nog nie ken nie, het My by My aankoms te kenne gegee dat Ons hier vanweë jou vele badgaste waarskynlik geen onderdak sou vind nie! Wat sê jy daarvan?”
[2] Markus sê: “O Majesteit en Heer! U by My geen onderdak vind nie?! As daar nog honderd keer soveel leerlinge en vriende met U sou saamgekom het as wat nou die geval is, dan sou ek hulle jare lank uitstekend wil en kan herberg. My nuwe dienare het net, en die is daar heelwat, geen sin in werk nie, en daarom is hulle altyd moeilik wanneer daar nuwe gaste kom wat onderdak soek; maar as die gaste hulle, soos vantevore, geld instop, is daar baie gou geen al te groot gebrek aan onderdak meer nie. En dit lyk my ook by U en met julle die geval te gewees het.
[3] Maar ek sal die lui dienare eers goed die les daaroor lees, sodat hulle weet wat hulle in die vervolg te doen staan met die gaste wat hier veelvuldig hulle liggaamlike heil soek en daarnaas aantoonbaar ook baie gereeld hulle sieleheil gevind het in hierdie inrigting, wat U, o Majesteit en Heer, slegs vir die heil van die mense geskape het; want ek en my kinders en ou dienare het altyd daarvoor gesorg dat ons U sodanig as die wonderbaarlike Heer van hierdie inrigting aan alle gaste bekend maak, dat hulle alleen deur die lewende geloof in U in hierdie inrigting die ware heil van hulle liggaam en hulle siel kan vind.
[4] Sowel heidene as Judeërs het ons woorde geglo; maar diegene wat nie geglo het nie, verlaat die inrigting netsoos hulle gekom het. En dit was meestal fariseërs uit Jerusalem en ook uit vele ander plekke en streke. Hulle glo nie wat ons hulle tog geheel na waarheid bekend maak nie, skel op wat ons predik en erger hulle, omdat hulle niks te sê het oor ons nie, omdat ons Romeine is, en verlaat die inrigting weer presies netsoos hulle gekom het.
[5] Maar dit is werklik merkwaardig by die mense! Hulle het honderde mense gesien wat hier die volle geloof in U aangeneem het en daardeur volkome genees is van al hulle kwale en gebreke, en tog sê hulle dat dit suiwer bedrog was en `n meervoudige godslastering, as mens alleen deur in U te glo in hierdie inrigting genees kan word. As die geneeskragtige bronne nie in staat was om te genees deur hulle natuurlike krag nie, wat hulle deur God gegee was, dan was genesing deur die geloof in U suiwer die werk van Satan; en wie op die manier genees was, het volgens hulle sy siel veelvuldig aan die duiwel verkoop.
[6] Ek het vir hierdie mense, veral dié jaar, weinig meer moeite gedoen; wanneer hulle kom, neem ek hulle gladnie meer op nie; en as hulle na die rede vra, sê ek aan hulle dieselfde as wat my nuwe dienare by U aankoms aan U gesê het, en dan moet hulle wel vertrek.
[7] `n Paar maande gelede kom daar vanuit Kapernaum selfs `n ondersoek, hoogs waarskynlik vanweë die feit dat die fariseërs, skrifgeleerdes en rabbi’s aldaar saam met hulle owerste hulle beklag gedoen het by die Romeinse kommandant. Maar daar kom ek - natuurlik alleen met U hulp, baie goed vanaf; want in dieselfde tyd was die inrigting so vol Romeine en Grieke, dat ek werklik nouliks in staat was om nog iemand in die inrigting op te neem.
[8] Die Romeine, wat die ondersoek gelei het, moes agt dae lank hulle nagte deurbring bo-op U welbekende heuwel, en wel op die nuwe, groot terras wat ter ere van U gebou is. Omdat die genoemde Judese priesters op die manier niks teen my kon uitrig nie - volgens die Romeinse regtersuitspraak: ULTRA POSSE NEMO TENETUR (mens mag van niemand meer verwag as wat hy kan nie) besoek hulle hierdie inrigting gladnie meer nie, en daarom is daar geen van die individue aanwesig in hierdie inrigting nie, wat vir U, o Majesteit en Heer, seker nie onaangenaam sal wees nie.
[9] En daarmee het ek U nou alles vertel wat vir my die belangrikste lyk, en wel openlik terwille van U leerlinge en vriende, omdat hulle nie, netsoos U, alwetend is nie. En wil U nou, o Majesteit en Heer, my woonhuis die seënryke barmhartigheid bewys om daarbinne te tree, dan sal daar dadelik vir `n oorvloedige en goeie maal gesorg word; aan wyn en brood is daar in my huis in elk geval geen gebrek nie.”
[10] Ek sê: “Ek het ook na jou toe gekom, omdat Ek `n paar dae in jou huis wil bly. Maar maak My vandag en môre nie bekend by die aanwesige gaste nie; as iemand My buite julle toedoen herken, sal Ek hom wel te woord staan!
[11] En hier sien jy ook die moeder van My liggaam. Jou vrou en kinders sal van haar leer om gesonde spyse voor te berei. En laat Ons nou jou huis, wat jy uitgebrei het, binnegaan en bietjie brood en wyn tot Ons neem!”
[12] Daarop gaan Ons die huis binne, gaan aan die tafels sit en neem bietjie brood en wyn tot Ons. Maria was dadelik in gesprek met die familie van Markus, maar Ek stel hom voor aan almal wat nou by My was en wat Ons Markus nog nie geken het nie; hy vra hulle verskillende dinge en begryp uit hulle antwoord dat hulle van My Gees deurdring was. Dit vervul hom met vreugde en hy vertel hulle baie oor die tekens en gebeurtenisse wat hier voorgeval het, toe Ek vir die eerste keer hier was.
[13] En so gaan daar `n paar uur soos `n paar salige oomblikke verby. In die tyd word die maal berei, na die baie ruim eetsaal gebring en op die tafels gesit. Ons neem dit dadelik tot Ons, begeef Ons daarna na die reeds bekende heuwel en neem plaas op die nuwe terras, wat die herbergier uit Jesaïra nie genoeg kon bewonder en prys nie. Daar was vir almal voldoende ruimte en vir nog tien maal soveel mense as wat Ons was, en nog meer.
[14] Nou vra Kisjona aan Markus of die terras ook dikwels deur die gaste besoek word, en op welke tyd.
[15] Markus sê: “Jy wil seker geen vreemde mense hier ontmoet nie! Maak jou geen sorg daaroor nie! Kyk maar eers na die baie groot, pragtige tuin daar benede, hoe dit daar wemel van die kuuroordgaste! In die rigting van die meer sien jy verskeie groot, pragtige terrasse met uitsig op die meer, waar baie mense hulle oral bevind. Die gaste vermaak hulle steeds in die tuin, en jy sal maar selde iemand buite die tuin sien. En die terras op hierdie werklik nie lae berg word, ondanks die pragtige uitsig, wat mens van hieruit na alle kante het, nog minder deur die gaste besoek; want as hulle siek aankom, het hulle geen sin om op hierdie berg te klim nie, en wanneer hulle genees is, reis hulle liewer dadelik na huis. Daarom word hierdie plek maar selde deur vreemde gaste besoek en dien dus alleen vir die vreugde van my en myne. Ons is hier dus heel veilig en sal nie deur onbekendes lastig geval word nie.”
[16] Dit stel Ons Kisjona en ook alle ander tevrede.
[17] Nou bewonder almal die pragtige uitsig, en Markus beskryf hulle alle plekke, streke en berge en onderhou die geselskap op die manier meer as `n uur.
[18] Ook Ek vertel so nou en dan iets oor wat daar in vroeëre tye in hierdie streek afgespeel het, en so word die hele wyd uitgestrekte omgewing topografies en histories geanaliseer.
[19] Toe die son begin om onder te gaan, sien Ons dat `n goed herkenbare Romeinse skip op Ons dorp afstuur, en elkeen vra aan My wie deur daardie skip gebring word.
[20] Ek sê: “Om dit vas te stel, hoef jy nie alwetend te wees nie. Waar `n bekende geneeskragtige plek is, daar trek ook die siekes heen. Dit is `n paar Grieke en Romeine; laat hulle kom! Want wie sy heil gelowig soek, sal dit ook vind.
[21] Na `n rukkie bereik die skip die oewer en bring tien Romeine en sewe Grieke saam, wat deur die dienare, wat Ons vroeër byna nie wou opneem nie, tog sonder enige beswaar opgeneem word en dadelik na die kuuroord afgebring word.
[22] Ons bly nog `n hele uur na sonsondergang op die berg, en My leerlinge vertel vir Markus baie oor My reis, leringe en dade, en Markus en alle ander beleef baie vreugde aan die verhale. Toe die verhale beëindig was, begeef Ons Onsself weer na die huis, neem `n klein aandete tot Ons en begeef Ons toe ter ruste.
|
|
|
|
|