|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 9 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 55
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216. |
|
|
Die pragvertoon op die tafel by die oggendmaal
55 Toe Ek klaar was met hierdie uitleg, kom die herbergier met sy geneesde seun Ons aankondig dat die oggendmaal weldra uitstekend toebereid op tafel gesit sou word. En tegelykertyd vra hy My in alle eerbied om raad wat hy moes doen, aangesien sy vrou en kinders hom voortdurend lastig val met die vraag wie Ek was en waar Ek vandaan kom, omdat Ek sonder enige hulpmiddel die blinde oog van sy seun weer siende gemaak het. Sowel hy as sy geneesde seun wil My nie verraai nie, omdat Ek hulle dit verbied het.
[2] Ek sê: “Aangesien Ek na die oggendmaal tog baie vinnig verder sal reis, kan jy hulle dan onthul wie Ek is en waar Ek vandaan kom; want as jy hulle dit nou dadelik sou sê, sou My aanwesigheid baie vinnig in die hele stad bekend wees, en dan sou jy dit wel baie moeilik kan kry, vanweë die gedrang van die mense in jou huis. Jy sal na My vertrek nog genoeg te doen kry met die nuuskieriges; hoeveel te meer sou dit nou die geval wees, terwyl Ek nog aanwesig is!”
[3] Daarmee was die herbergier en sy seun heeltemal tevrede, en hy gaan vir die oggendmaal sorg.
[4] Dit word dadelik daarna in silwer bakke op tafel gesit, netsoos die wyn in groot silwer bekers. My bord en wynkelk was gemaak van die suiwerste goud, en Ek vra die herbergier waarom hy dit gedoen het, aangesien Ek nooit welgevalle vind in dergelike aardse prag nie.
[5] Hy buig egter diep voor My en sê (die herbergier): “O Majesteit en Heer, ek weet wel dat U nooit welgevalle vind in dergelike dinge nie, en dat mens U alleen met `n van suiwer liefde vervulde hart welgevallig kan eer en prys. Maar in my het U `n mens gevind wat U in sy hart al bo alles geëer en geprys het en U voortaan nog meer op die manier sal eer en prys. Maar ek dink dat ek `n sonde sou begaan, as ek U, die hoogste Heer van hemel en aarde, nie ook die eer sou bewys wat mens tog aan mense wil bewys wat `n bepaalde aansien geniet!
[6] U het immers die hele aarde geskape met alles wat sy bevat, en dus ook haar goud en silwer, en so getuig ook hierdie metale, wat al sedert baie lank deur die mense as die edelste en dus ook waardevolste erken is, van U liefde, wysheid, mag, grootheid en eer! En daarom dink ek in my eenvoud dat dit beter is, om U as Skepper van ook die goud en silwer op ons menslike manier met hierdie metale te eer, as om daarmee `n skandelike woeker te bedryf of terwille daarvan die bloedigste oorloë te voer en `n duisendvoudige onheil as te ware uit die hel oor die arme mensdom af te roep.”
[7] Ek sê: “Ja, ja, daarin het jy natuurlik wel gelyk; as alle mense netsoos jy sou dink en hulle hart dieselfde gesindheid sou hê, sou goud, silwer, pêrels en alle kosbare edelstene hulle nooit onheil besorg het nie! Maar omdat die mense, wat dit belangrik vind dat God met goud, silwer, pêrels en edelstene geëer word, heel anders begin te dink en dus ook weldra `n ander instelling kry, sou dit heel onverstandig van God wees as Hy Hom laat eer met dit wat in alle tye die meeste en grootste onheil onder die mense gestig het.
[8] Soos jy het ook die aartsvaders van die aarde gedink, en hulle het God voor goue en silwer altare vereer en verrig hulle vererende lofgebede in met goud, silwer en allerlei edelstene ryk versierde tempels, netsoos jy in die tempel in Jerusalem goed kan sien. Maar wat het dit tot gevolg? Kyk, juis daardeur het die genoemde metale, pêrels en edelstene in die verbeelding van die mense so buitengewoon waardevol geword!
[9] Toe die mense ten slotte die waarde van die dinge waarmee hulle God vereer, te hoog gaan skat het, het hulle steeds meer in die aarde gaan dolwe om goud, silwer, pêrels en edelstene te soek; daarby het hulle God ook langsamerhand vergeet en gedink dat hulle God in hoë mate eer en geweldige barmhartigheidsgawes van Hom ontvang, wanneer hulle ter ere van Hom `n groot stuk goud, silwer of `n hoop edelstene op die altaar kon lê.
[10] Maar aangesien nie alle mense so vaardig was in die vind van die genoemde dinge nie, om hulle daarmee welgevallig vir God te kon betoon, lê hulle aan die aartsvaders, wat tegelyk ook priesters was, die vraag voor hoeveel skape, koeie, osse of ook kalwers en bulle hulle in plek van so-en-soveel goud of silwer aan God moes offer, om netso welgevallig vir Hom te word as diegene wat God suiwer goud en silwer ten offer gebring het.
[11] Toe merk die oudstes of priesters maar al te gou dat daar met die godsdiens maklik en ook min of meer onskadelik `n winsgewende handel verbind kon word, en dat dit vir die godsdienstige verheffing en gerusstelling van die mense ook baie nuttig was. En so begin die priesters goud, silwer, pêrels en edelstene te weeg en hulle bepaal die waarde volgens die aantal verskillende diere, en later ook volgens die hoeveelheid graan, vrugte, goeie bouhout, wyn, kledingstowwe en nog baie ander dinge.
[12] Daardeur ontstaan die ruilhandel en die sluikhandel, die slegte woekerwisselary, vervolgens afguns, haat, toorn, vervolging, leuens, bedrog, geilheid en aardse prag, vernaamheid, verhewenheid, trots en veragting onder die mense, aangesien mens hulle waarde nie meer afmeet aan hulle innerlike sieleadel nie, maar alleen aan die gewig van die goud en silwer, pêrels en edelstene, aan die omvang van die kudde, akkers en wingerde en die grotere besit van nog ander dinge.
[13] Dat die armes die rykes beny en deur allerlei liste hulle rykdom begin te verminder, waardeur diefstal, roof en moord ook nie lank op hulle laat wag nie, is `n vanselfsprekende saak. Want wanneer die materialisme steeds meer die oorhand kry, gaan die geestelike ten gronde, en uiteindelik word God vir die mense `n ou, verslete, onbeduidende en waardelose begrip waarmee hulle geen voorstelling meer vir hulleself kon maak nie. Toe word totale goddeloosheid en daarmee alle denkbare kwade op die mees gewetenlose manier algemeen gangbaar onder die mense, die mense gryp na die wapen, en die deel van die mense wat hulle beter ag, probeer die slegter deel met geweld onderwerp; en as dit geslaag het, kom daar wette, waarop by die verontagsaming die strengste straf staan. En so het op aarde dan die maghebbers ontstaan en daarteenoor die slawe.
[14] Kyk, dit het die goud gedoen, die silwer, die pêrels en die edelstene almal as die mense dit op welke manier dan ook vir uiterlike verering gebruik, in die bedoeling dat die dinge die suiwerste en edelste materie is!
[15] Wat die uiterlike verering en verheerliking van God betref, daarvoor het God Self al sedert ewigheid gesorg; want daarom het Hy die hemel en die hele sigbare natuur geskape - hierdie hele aarde, die maan, die son en die tallose sterre, wat merendeels hemelliggame van `n nouliks uit te spreek grootte is en vol is van die pragtigste dinge en klein skepsels op hulle meer as groot en wyd uitgestrekte vlaktes en velde - en dit is voldoende vir die uiterlike verheerliking van die groot God en Heer oor alles sedert ewigheid, en Hy het dus geen goud en silwer, geen pêrels en geen geslypte en gepolyste edelstene van hierdie aarde nodig nie.
[16] Die enigste ware verering en verheerliking wat God welgevallig is, bestaan en dien eintlik maar net te bestaan uit `n suiwer, God bo alles en die naaste soos hulleself liefhê, hart, en dus ook - wat dieselfde is - uit die getroue hou van die gebooie, wat Hy deur Moses aan alle mense gegee het; al die ander is ydel en dwaas, ook as dit deur `n rein en God welgevallige mens gedoen word. Weliswaar word God deur bepaalde mense, netsoos die fariseërs en die afgodspriesters en -priesteresse, en ook deur skynvrome, oëdienare en huigelaars uiterlik geëer, terwyl hulle self gladnie in Hom glo en nooit geglo het nie, en wel vir geld en ander aansienlike offers; maar dit het vir God nie net geen waarde nie, maar is `n gruwel in Sy oë, en so is dit ook met alles wat in die oë van die wêreld groots en skitterend is. Onthou dit, My vriend, aangesien jy dit nou gehoor het uit die mond van die Een wat Hom met geen enkele materie laat eer en prys nie, maar alleen met `n suiwer, volkome aan Hom toegewyde hart en `n aan Hom toegewyde wil!”
[17] Heel verleë sê die herbergier nou: “O Majesteit en Heer sedert ewigheid, as hierdie verering van my, wat ook uiterlik is, netsoos ek nou heel duidelik insien, vir U nie aangenaam is nie, moet alles onmiddellik anders gereël word!”
[18] Ek sê: “Laat alles nou maar netsoos dit is; want die visse is goed voorberei en sal vir Ons hierdie keer ook uit die goue en silwer bakke goed smaak, en die wyn ook! Maar laat dit `n volgende keer weg!”
[19] Daarmee was die herbergier tevrede, en Ons begin met die oggendmaal.
|
|
|
|
|