Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 9
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 92

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216.

 

Die wysheid van Moses en Joshua

92 Toe die leerlinge, en natuurlik ook die herbergier, die geneesde kneg, die fariseër en die skrifgeleerde hierdie woorde van My gehoor het, sê die skrifgeleerde: “Uit hierdie woorde van U, Majesteit en Heer, het ek afgelei dat U U leerlinge nie alleen die groot misterie van die ryk van God op aarde onder die mense onthul het nie, maar ook die natuurryk van hierdie aarde, van die maan, die son en van die sterre, en daarmee het U my `n nuwe bewys gegee dat U in U Gees die Skepper van dit alles moet wees, want anders kon U die eindeloos vele en wonderbaarlike dinge nie aan U leerlinge verklaar het en hulle selfs aanskoulik vir hulle kon gemaak het nie.

[2] Aangesien U dit nou voorheen vir U leerlinge gedoen het, wat tog ook maar Judeërs en mense is, sou U die wonderbaarlike dinge nie ook vir ons heel kortliks kan toelig op so `n manier, dat ook ons `n duideliker voorstelling kan kry van wat ons oor die maan, die son en alle sterre, verduisterings, die skrikwekkende komete en ook die vele vallende sterre moet dink en glo nie? Want op daardie gebied is ons nie baie beter daaraan toe as die heidene nie.”

[3] Ek sê: “Waarom het julle die sesde en sewende boek van Moses dan ook verwerp en as oneg verklaar en selfs diegene wat dit sou waag om dit te lees, met swaar straf bedreig? Kyk, in die twee boeke het Moses die hele natuurlike skepping in duidelike bewoordings beskryf!”

[4] Die skrifgeleerde sê: “Majesteit en Heer! Ek het wel maar net daaroor hoor spreek, maar nog nooit `n letter daarvan onder oë gekry nie. Mense sê dat die boeke hulle ook nie meer in die tempel van Jerusalem bevind nie. Daarom vra ek U nou om ons die dinge, waarom ek gevra het, so beknop moontlik te beskryf en te verklaar, sodat ons dan ook weet wat hulle is en hoe hulle ingerig is.”

[5] Op daardie versoek van die skrifgeleerde beskryf Ek vir die viertal die dinge so beknop moontlik en op so `n manier, dat hulle goed kan begryp wat Ek uitgelê het.

[6] Na hierdie uitleg, wat ruim `n uur geduur het, vra die skrifgeleerde My of die aartsvaders ook al daarvan kennis gehad het. 

[7] Ek sê: “Seer seker, en veral die oerbewoners van Egipte! Maar netsoos die mense hulle mettertyd deur allerlei sondes steeds meer van die een, ewig ware God verwyder het en tot die blinde heidendom oorgegaan en duisterder geword het, so het die kennis ook ten gronde gegaan, om plek te maak vir die leë, nabye verhale en fantasieë met allerlei onjuisthede.   

[8] En so het die kennis van die aarde en die sterre verlore gegaan. Slegs by enkele baie min wyses in `n verborge uithoek van die aarde het hulle nog bly bestaan; maar hulle durf by die geheel verduisterde mense nie daarmee vorendag kom nie. En so het die kennis so goed as geheel verlore gegaan. Maar in die toekomstige tye sal die mense dit weer kry, nog helderder as in die oertyd, en hulle sal alles bereken; en dit sal by die bliksem behoort, die oplig van sonsopkoms tot sonsondergang.”

[9] Die skrifgeleerde sê: “Van wie het Moses en Aäron die kennis eintlik gekry?”

[10] Ek sê: “Vanaf die Gees van God! Hoewel Moses as aangenome seun van die Farao in die Egiptiese misterieë ingewy was en ook van die ou sterrekunde en aardrykskunde baie kennis opgedoen het, was dit tog maar nouliks `n druppel troebel water vergeleke by die hele see van sy latere insig, wat hom as uitverkore leier van die volk Israel deur die Gees van God gegee is, waardeur hy eers `n ware geleerde vanuit God geword het.”

[11] Die skrifgeleerde sê weer: “Majesteit en Heer! Joshua, wat ook `n deur God uitverkore leier van die volk Israel na die Beloofde Land was, moes van al daardie, wat Moses beskryf het, tog ook noukeurig op hoogte van gewees het! Hoe kan hy dan voor Jerigo aan die son sê: “Son, staan stil, totdat ek alle vyande verslaan het!”, - en die son skyn aan sy bevel gehoor te gegee het? As hy dit aan die aarde gesê het, dan sou dit volgens wat U ons so pas uitgelê het, egte betekenis gehad het; noudat ons die ware stand van sake van U gehoor het, blyk die bevel van Joshua aan die son iets te wees wat duidelik geen betekenis het nie, en dit lyk daarop dat Joshua die ware stand van sake tog nie geken het nie, as dit sy bedoeling was dat sy bevel op die natuurlike vlak voltrek moes word.” 

[12] Ek sê: “Joshua het dit weliswaar so gesê, egter nie aan die natuurlike son nie, maar aan die geestelike son, wat bestaan uit die leer wat Moses van God gekry het. Dit het begin om in die geloof en vertroue van die volk aansienlik onder te gaan, toe hulle die groot oormag van die vyand sien. Joshua het toe met sy kragtige uitroep niks anders aan die moedelose en in alle toonaarde morrende volk wou sê nie as: “Bly tog glo en vertrou, tot julle weldra die magtig lykende vyand volkome verslaan voor julle sal sien! Dan kan julle saam met my die land, waar melk en heuning vloei, inneem of weer na die woestyn terugkeer!”

[13] Daardeur skep die volk weer moed in volle geloof en vertroue op God, wat die ware son van die siel en haar gees in die hemel en op aarde is, was en sal wees. En kyk, die son wat deur Joshua aangespreek is, bly staan in die geloof en vertroue van die volk, verlig dit en gee die moed, insig en krag, en die vyand word geheel en al vernietig op die hoer Ragab na, wat die afgesante van Joshua barmhartigheid bewys het. - Het jy dit nou begryp?”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205